Outeniekwa Spoorwegpas

Outeniekwa Spoorwegpas is 'n bergpas vir treine wat George met Oudtshoorn oor die Outeniekwaberge verbind. Hierdie gedeelte van die Outeniekwaberg is uniek omrede die spoorwegpas, die Outeniekwapas, die Montagupas en die Cradockpas sigbaar is van een punt. Al vier die passe het 'n rol gespeel of speel steeds 'n rol om George met die binneland te verbind.

'n Klas GEA Garratt-stoomlokomotief trek 'n passasierstrein, Outeniekwa Spoorwegpas, 15 Augustus 1973

Geskiedeniswysig

Daar is reeds gedurende 1908 begin met die bouwerk van die pas aan die Georgekant. Tien ton plofstof is gebruik om die harde Tafelbergkwartsiet op te breek. Sewe tonnels is gemaak en 'n werksmag van 2 500 man is gebruik om rots en puin in koekepanne die berg af te neem. Die spoorweg het 'n helling van 1:40 op sommige plekke. Die pas is 34 km lank en was gedurende 1913 voltooi. Dit het die roete tussen Port Elizabeth en Kaapstad met 267 km verkort.[1]

Die roetewysig

Die pas se roete volg hoofsaaklik dié van die Montagupas en gaan verby beide Cradockpiek (1 579 m) en Georgepiek (1 327 m), die hoogste pieke in die Outeniekwaberge. Hoog teen die berg kruis die spoorlyn wel die Montagupas met 'n brug.[2]

Lokomotiewe op die paswysig

Die Garratt-tipe[3] lokomotiewe het veral bekend geraak met die diens wat hulle hier verrig het. Die volgende klasse het hier diens gedoen:

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. Passes & Poorts. Getaway. Marion Whirehead. ISBN 978-1-77009-805-3
  2. Op Pad in Suid-Afrika. 1995. B.P.J. Erasmus. ISBN 1-86842-026-4
  3. Locomotives of the South African Railways. Struik. Leith Paxton & David Bourne. ISBN 0 86977 211 2
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media