Otto Lilienthal

Duitse lugvaartpionier

Karl Wilhelm Otto Lilienthal (Aklam, 23 Mei 1848Berlyn, 10 Augustus 1896) was 'n Duitse uitvinder en ontwerper van baie sweeftuie. Hy word beskou as een van die pioniers van die vliegtuig.

Otto Lilienthal
Lilienthal, ongeveer 1895
Gebore
Karl Wilhelm Otto Lilienthal

23 Mei 1848
Alkam, Pruise
Sterf10 Augustus 1896 (op 48)
NasionaliteitDuitse Ryk
BeroepIngenieur en lugvaartpionier
Bekend virSuksesvolle sweefeksperimente
Handtekening

Lewensloopwysig

Fliegeberg met die Lilienthal-monument

Na sy opleiding aan 'n tegniese skool in Potsdam het hy in 1867 met sy eksperimente begin.

In 1891 het hy sy eerste sweefvlug van meer as 25 meter gemaak. In 1893 het hy reeds sweefvlugte van 250 meter gemaak en in 1896 het hy sy eerste vlug met 'n tweedekker gemaak. In Lichterfelde (Berlyn), sy destydse woning, het hy 'n 15 meter hoë kunsmatige heuwel (Fliegeberg) laat bou waar hy 'n sweeftuigloods gebou het. Van hier af het hy talle proef- en toetsvlugte gemaak, wat hierdie heuwel in Berlyn vinnig 'n landmerk gemaak het. Vandag het hierdie gebied die Otto Lilienthal-park geword en op die top van daardie heuwel is die gedenkmonument vir Lilienthal.

Nadat hy 2000 sweeftugvlugte gemaak het, is hy ernstig beseer in 'n mislukte sweefvlug in 1896 en is die volgende dag dood. Op sy sterfbed sou Lilienthal die onvergeetlike woorde sê: " Opfer müssen gebracht werden!“(Opofferings moet gemaak word!”). Dit blyk egter dat hy hierdie woorde vroeër in sy lewe gebruik het om na iets anders te verwys.

Die Wright-broers het sy kennis van vlieg benut en ook verskeie vlugte in sy sweeftuie gemaak. Die broers het ook self sweeftuie gebou en toe dit bevredigend was, het hulle besluit om 'n enjin in 'n effens groter tipe te plaas. Met hierdie vliegtuig, die Wright Flyer, het hulle geskiedenis gemaak deur die eerste suksesvolle gemotoriseerdevlug op 17 Desember 1903 uit te voer.

Teorieëwysig

Model van Lilienthal en sy vlerke in die Lugvaartmuseum Aviodrome
Sweefvlug deur Otto Lilienthal.

As gevolg van verskeie sketse en studies oor voëlvlug het hy die boek Der Vogelflug als Grundlage der Fliegerkunst (Die voëlvlug as basis vir die kuns van vlieg) geskryf.

Alhoewel hierdie boek as sy mees gevestigde werk beskou word, het Lilienthal voor, tydens en na (van 1876 tot 1896) sy beroemde eksperimente talle essays en lesings geskryf en dit hoofsaaklik in tydskrifte gepubliseer. 'n Keur van sy publikasies:

  • Theorie des Vogelflugs (1873), Lilienthal se vroegste gedokumenteerde lesing met insigte in menslike pogings om voëlvlug tot op daardie staduim na te boots.
  • Der Flug der Vögel und des Menschen durch die Sonnenwärme (1890), Oor termiese en sirkulerende lugstrome.
  • Über meine diesjährigen Flugversuche (1891)

Bibliografiewysig

  • Anderson, John D. A History of Aerodynamics and Its Impact on Flying Machines. Cambridge, UK: Cambridge University Press, 2001, First edition 1999. ISBN 978-0-521-66955-9.
  • Crouch, Tom D. The Bishop's Boys: A Life of Wilbur and Orville Wright. New York: W. W. Norton & Company, 1989. ISBN 0-393-30695-X.
  • Jarret, Philip. "Soaring Inspiration: Otto Lilienthal's Influence in Britain". Air Enthusiast, No. 65, September–October 1996, pp. 2–7. 0143-5450.
  • Lilienthal, Otto. Birdflight as the Basis of Aviation. First edition, 1911 reprinted 2001: ISBN 0-938716-58-1. (Translation from German edition, Berlin 1889: Der Vogelflug als Grundlage der Fliegekunst reprinted 2003: ISBN 3-9809023-8-2.)
  • Nitsch, Stephan. Vom Sprung zum Flug (From the jump to the flight). Berlin, Brandenburgisches Verlagshaus, 1991. ISBN 3-327-01090-0. Modified second edition: Die Flugzeuge von Otto Lilienthal. Technik - Dokumentation - Rekonstruktion. (The airplanes of Otto Lilienthal. Technique - Documentation - Reconstruction). Otto-Lilienthal-Museum Anklam, 2016. ISBN 978-3-941681-88-0.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media