Orange Grove (kiesafdeling)

Orange Grove was van 1938 tot in die jare tagtig 'n kiesafdeling vir die Suid-Afrikaanse Volksraad in die noordooste van Johannesburg. Dit was een van die min kiesafdelings wat die Nasionale Party nooit kon verower nie en een van die vyf wat die Progressiewe Party in 1974 gewen het toe vyf ander Progressiewes hulle in die Volksraad by Helen Suzman aangesluit het, wat toe reeds sedert 1961 die enigste P.P.-lid in die Raad was.

In die eerste verkiesing in Orange Grove in 1938 staan C. Bain-Marais as kandidaat vir die Verenigde Party en kry 2 766 stemme meer as P.A. Moore van die Dominiumparty. J. Liebman van die Arbeidersparty was derde met slegs 311 stemme. In 1943 word Frank Waring onbestrede verkies. Hy was later een van die eerste twee Engelssprekende ministers in dr. H.F. Verwoerd se kabinet nadat hy na die Nasionale Party oorgeloop het. Waring word in 1948 en 1953 weereens onbestrede verkies, maar in 1958 kom die V.P. se E.G. Malan te staan teen J.S. Dey van die Liberale Party en J. Klipin van die S.A. Bond. Malan wen met 'n meerderheid van 8 007 nadat Dey net 688 stemme kry en Klipin 221.

In die volkstemming van 1960 oor republiekwording is Orange Grove en Musgrave in Natal die enigste kiesafdelings in die land waarin minder as duisend kiesers vir die republiek stem, naamlik 889. 'n Volle 11 086 was daar teen. In die algemene verkiesing van 1961 vaar die Progressiewe Party dan ook goed in Orange Grove toe A. Einstein met net 517 stemme teen Malan verloor. In 1966 staan Malan teen die P.P. se W.A. Sands en wen met 'n meerderheid van 5 339 stemme. IN 1970 herhaal hy die prestasie toe hy die P.P. se R. Hacking met 5 166 stemme klop.

Die deurbraak vir die P.P. kom uiteindelik in 1974 toe Rupert Lorimer Orange Grover by Malan afneem met 'n meerderheid van 742 stemme. Daarna was Orange Grove 'n veilige Progressiewe setel.

Partye en kandidate gewenwysig

Bronnewysig

  • Amptelike Jaarboek van die Republiek van Suid-Afrika 1983. 1983. Johannesburg: Chris van Rensburgpublikasies.
  • Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media