Omnivoor

(Aangestuur vanaf Omnivore)

'n Omnivoor (uit Latyn: omne wat die hele ding of alles – in die meervoudsvorm – beteken; en vorare wat om te sluk, of te verorber beteken) of allesvreter, is 'n dier wat sowel plantmateriaal as vleis vreet. Omnivore vertoon nie die gespesialiseerde gedrag van die karnivore of die herbivore nie; hulle soek wyd en syd na voedsel en is dus minder kwesbaar vir veranderinge in hul ekologiese stelsel. Die spysverteringstelsel van hierdie diere toon dieselfde veelsydigheid: nes herbivore, is hulle in staat om plantkomponente te verteer, maar is terselfdertyd geredelik daartoe in staat om proteïen en die ander voedselkomponente van vleis te verwerk en te absorbeer.[1]

Bere is omnivore.
Varke is ook omnivore.

Harsinggrootte korreleer met die kwaliteit (voedingswaarde en hoeveelheid kalorieë) van die kos wat ingeneem word. Omnivore het volgens dié definisie 'n hoë kwaliteit dieet. Oor die algemeen is die groep omnivore intelligent. Voorbeelde hiervan is die merkwaardige intelligensie wat in die voedselvergaringsgedrag van die beer en die kraai vertoon word. Die geskiedenis van menslike ontwikkeling toon dat die aanvulling van die dieet met vleis die ontwikkeling van aansienlik groter breine verwesentlik het. 'n Groter brein vereis die verbruik van groot hoeveelhede energie en voedingstowwe.[2]

Daarteenoor bestaan egter 'n ander wetenskaplike argument wat, veral in die werk van die antropoloog Richard Wrangham en kollegas van die Harvard-universiteit, teoretiseer dat dit die inname en kook van wortelagtige groente was wat die ontwikkeling van groter breine tot gevolg gehad het, benewens die ontwikkeling van kleiner tande, die hedendaagse proporsies van die ledemate en selfs die band tussen man en vrou.[3]

Sien ookwysig

Bronnewysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media