Omaanse nasionale krieketspan

(Aangestuur vanaf Omanse nasionale krieketspan)

Die Omaanse nasionale krieketspan (Arabies: منتخب سلطنة عمان للكريكت) is die nasionale krieketspan wat Oman in internasionale krieket verteenwoordig. Hulle word bestuur deur Oman Krieket (OC, van Engels: Oman Cricket) wat in 1979 gestig is. Hulle het in 2000 ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) en in 2014 ’n assosiaatlid geword.[6] Die nasionale span het wedstryde op T20I-vlak gespeel. Op 24 April 2019 het Oman vir die eerste keer tot in 2022 EDI-status ontvang, nadat hulle die gasheer Namibië met vier paaltjies tydens die Wêreldkrieketliga se afdeling twee 2019 kon klop.[7]

Oman
Kenteken van die Omaanse nasionale krieketspan
KonferensieOman Krieket (OC)
Personeel
KapteinZeeshan Maqsood
AfrigterVlag van Sri Lanka Duleep Mendis
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid met EDI-status (2014)
IKR-streekAKR (Asië)
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
EDI18de13de (1 Mei 2020)
T20I18de14de (20 Oktober 2019)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Namibië Namibië op Wanderers-krieketgrond, Windhoek; 27 April 2019
Laaste EDIt Vlag van Wes-Indië Wes-Indië op Harare Sportklub, Harare; 5 Julie 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]4623/21 (50,00%)
(1 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[3]92/7
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings0/13
Wêreldbeker-
kwalifiserings
4 (eerste in 2005)
Beste uitslag6de plek (in 2023)
Kampioenetrofee-verskynings0/8
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Afghanistan Afghanistan op Castle Avenue, Dublin; 25 Julie 2015
Laaste T20It Vlag van Nepal Nepal op Tribhuvan Universiteit Internasionale Krieketveld, Kirtipur; 5 November 2023
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]6531/32 (47,69%)
(1 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[5]118/2
(1 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings2/8 (eerste in 2016)
Beste uitslagEerste rondte (in 2016 en 2021)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
5 (eerste in 2012)
Beste uitslagKampioen (in 2023)
EDI- en T20I-klere

Oman het tydens die AKR-trofee 2002 sy eerste internasionale wedstryde gespeel, en die span het aan baie AKR-toernooie deelgeneem, tydens die AKR-trofee 2004 as naaswenner geëindig en twee keer die AKR T20I-beker gewen. Oman het aan krieketwêreldbekerkwalifiseringstoernooie deelgeneem sonder om vir die uiteindelike toernooi te kwalifiseer, die negende plek tydens die IKR-trofee 2005 behaal en elfde tydens die 2009-wêreldbekerkwalifisering geëindig. In Julie 2015 het Oman met sy oorwinning teen Namibië tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2005 T20I-status behaal en vir die T20I-wêreldbeker 2016 in Indië gekwalifiseer, hul eerste deelname aan ’n vername internasionale toernooi.[8]

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Oman ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[9] Oman is tans (November 2023) 18de op die eendagranglys en 18de op die Twintig20-wêreldranglys.[10][11]

Beheerliggaamwysig

Oman Krieket (Engels: Oman Cricket, OC) is in 1979 gestig en verantwoordelik vir die reëling van krieket in Oman. In 2000 het dit ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword en in 2014 ’n assosiaatlid.[12] Daarbenewens het OC in 2000 ’n lid van die Asiatiese Krieketraad (Asian Cricket Council, ACC) geword.[13]

Oman Krieket bestuur al die Oman-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is OC verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Omaanse span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Oman oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.[14]

Geskiedeniswysig

Die nasionale span se eerste jarewysig

Krieket is na Oman gebring, toe dit ’n Britse protektoraat was. Gedurende die 1970’s is die eerste krieketklubs gestig.[15] In 1979 is die beheerliggaam Oman Krieket gestig.[16][17] Teen dié tydperk was daar in Oman net een krieketveld waarop gereëlde wedstryde aangebied is, dit is deur die staatsmaatskappy Petroleum Development Oman bestuur en na dié maatstaappy PDO Ground genoem. Binne enkele jare het verskeie krieketvelde bygekom, só by die Sultan-Qabus-universiteit en een wat deur die lugredery Oman Air beheer is.[18] Aan die begin van die 1980’s is op twee sokkerstadions af en toe uitstallingswedstryde aangebied, waaraan soms internasionale spelers deelgeneem het. In 1990/91 het die Omaanse nasionale span Indië besoek.[17]

In 2000 het Oman ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad geword en in dieselfde jaar by die Asiatiese Krieketraad aangesluit, wat hulle vir wedstryde teen ander nasionale spanne toegelaat het.[16][17][19] Weens sy nielidmaatskap in die wêreldbeheerliggaam kon die nasionale span nie aan die kwalifiserings vir die krieketwêreldbekertoernooie in 1979, 1983, 1987, 1992, 1996, 1999 en 2003 deelneem nie. Dieselfde was vir die Asiatiese Bekertoernooie in 1986, 1988, 1990, 1995, 1997 en 2000 van toepassing. Oman het sy internasionale debuut tydens die AKR-trofee 2002 in Singapoer gemaak,[16][17] waar hulle ná ’n oorwinning teen Katar en nederlae teen die Verenigde Arabiese Emirate, Nepal en Koeweit hul groep in die voorlaaste plek afgesluit het. In 2003 het hulle aan die eerste Golfbeker in Koeweit deelgeneem.[17] Tydens die AKR-trofee 2004 in Maleisië het Oman goed presteer, nadat hulle ná oorwinnings in die groepfase teen Afghanistan, Bahrein en Hongkong, asook Bhoetan in die kwarteindstryd en Katar in die halfeindstryd eers in die eindstryd deur die Emirate met 94 lopies verslaan is.[17][20] As naaswenner het hulle vir die IKR-trofee 2005 gekwalifiseer, die laaste kwalifiseringsfase vir die Krieketwêreldbeker 2007. Daardeur het hulle ook vir die Asiatiese Beker 2006 gekwalifiseer. Later in 2004 het Oman die Midde-Oosterse Beker ná ’n gelykopwedstryd teen Bahrein ingepalm; vanweë hul oorwinning teen dieselfde opponent in die groepfase was dit genoeg om dié toernooi te wen.[15]

IKR-trofee 2005 en nadraaiwysig

Jitendra Redkar was van 2002 tot 2006 Omaanse Lys-A-kaptein tydens verskeie AKR- en IKR-toernooie, asook van 2007 tot 2009 hoofafrigter van die nasionale span

In 2005 was Oman die eerste geaffilieerde lid wat aan die IKR-trofee deelgeneem het. Hulle is egter in al hul vyf groepwedstryde deur Skotland, Nederland, Kanada, Papoea-Nieu-Guinee en Namibië verslaan, waardeur hulle hul groep in die laaste plek afgesluit en die Krieketwêreldbeker 2007 misgeloop het, maar hulle het daarin geslaag om hul uitspeelwedstryde teen Uganda en die Verenigde State te wen; laasgenoemde nadat hulle ’n teiken van 345 lopies suksesvol gejaag het, waaronder ’n vennootskap van 127 lopies om die agtste paaltjie. Hierdeur het Oman in die negende plek onder twaalf deelnemende spanne geëindig.[15][21] Daarmee het hulle vir die Wêreldkrieketliga 2007 se afdeling twee gekwalifiseer.[22]

In 2006 het die Omanis se prestasies verswak, aangesien hulle tydens die AKR-beker se eerste rondte ná nederlae teen Singapoer en Bahrein uitgeskakel is; hul enigste oorwinning was teen die Maledive.[15] Daarmee is hulle na die tweede afdeling afgegradeer en het vir die AKR Trofee-uitdaging 2009 gekwalifiseer. Oman sou oorspronklik aan die Asiatiese Beker 2006 deelneem en tydens dié toernooi sy eerste EDI-wedstryde teen Indië en Pakistan speel.[23] Die Asiatiese Beker is van 2006 na 2008 uitgestel en die Asiatiese Krieketraad het besluit om dié toernooi in ’n kwalifisering om te skep. Daaraan het egter Hongkong deelgeneem.[24]

In Oktober en November 2007 het Oman aan die eerste AKR T20I-beker in Koeweit deelgeneem, waar hulle in Groep A teen Afghanistan, Maleisië, Nepal en Katar gespeel het. Die Omanis het in hul groep tweede geëindig en die halfeindstryd gehaal. Daar het hulle die gasheer verslaan en daarna die beker met Afghanistan gedeel, nadat die eindstryd onbeslis geëindig het.[15][16][17][25] Aan die einde van November 2007 het die Omanis Namibië besoek vir afdeling twee van die Wêreldkrieketliga.[17] Hulle het Denemarke, die gasheer en die Verenigde Arabiese Emirate, bykomend tot die twee kwalifiseerders van afdeling drie – Uganda en Argentinië – ontmoet. Nadat die Omanis al hul groepwedstryde gewen het, is hulle in die eindstryd deur die Emirate met 67 lopies verslaan.[26]

In Januarie 2009 het Oman deelgeneem aan die AKR-beker in Chiang Mai. Die nasionale span het dié toernooi ná oorwinnings teen die Maledive en Bhoetan onderskeidelik in die halfeindstryd en eindstryd maklik gewen. Die gunsteling en gasheer Thailand het net die vierde plek gehaal. In April 2009 het die Omanis vir die Wêreldbekerkwalifisering 2009, die laaste kwalifiseringstoernooi vir die Krieketwêreldbeker 2011, na Suid-Afrika getoer.[17][27] Tydens dié toernooi se eerste rondte het Oman Uganda verslaan; aangesien hulle voorheen teen Kanada, Ierland, Skotland en Namibië verloor het, is hulle uitgeskakel en het sodoende die Krieketwêreldbeker 2011 misgeloop. In die uitspeelwedstryd het hulle Denemarke met vyf paaltjies verslaan en sodoende in die elfde en dus voorlaaste plek geëindig.[28] In dieselfde jaar het Oman tydens die AKR T20I-beker in die Verenigde Arabiese Emirate al sy vyf groepwedstryde teen Bahrein, Katar, Nepal, Maleisië en Koeweit gewen en sodoende die halfeindstryd gehaal. In die halfeindstryd is Oman deur die gasheer met ses paaltjies verslaan, waardeur hulle die kans misgeloop het om agtereenvolgende titels in te palm. In die uitspeelwedstryd om die derde plek het hulle Koeweit verslaan. Die Omanis het die AKR Trofee-uitdaging in Thailand beklink, nadat hulle al hul groepwedstryde teen Bhoetan, Mianmar en Broenei gewen, in die halfeindstryd die Maledive en in die eindstryd Bhoetan verslaan het.[15][17] Daarmee is hulle regstreeks na die AKR Elitetrofee opgegradeer.[29][30] Tydens dié toernooi het Oman in die groepfase Singapoer en Koeweit verslaan, maar hulle het teen Nepal en Hongkong verloor. In die uitspeelwedstryd om die vyfde plek het hulle die Verenigde Arabiese Emirate met 34 lopies verslaan, waarmee hulle in die afdeling aangebly het.[31]

In Julie 2008 het Oman Krieket aangekondig om in Al Amarat naby die hoofstad Maskat ’n krieketveld op internasionale vlak op te rig. Die boukoste is oorspronklik op sowat 2 miljioen Omaanse rial beraam en die grond sou deur die departement van sport beskikbaar gestel word, die ander deel van die finansiering sou deur korporatiewe borgskappe ingesamel word.[32] Op 17 Oktober 2012 is die Omaanse Krieketakademieveld in die hoofstad Maskat as eerste (en tot dusver enigste) internasionale krieketveld met gras ingewy.[16] Andersins word krieket in Oman “meestal gespeel op graslose, heeltemal bruin buitevelde, op betonblaaie bedek met kunsmatige gras” (has mostly been played on grassless, utterly brown outfields, on concrete strips covered with artificial turf).[33] Tydens die AKR Elitetrofee 2012 het die Omanis die groepwedstryde teen Bhoetan en die Maledive gewen, maar teen Afghanistan en Maleisië verloor. In die uitspeelwedstryd om die vyfde plek is hulle deur Hongkong verslaan, waarmee Oman vir die AKR Premierliga 2014 gekwalifiseer het. Tydens dié toernooi het die nasionale span teen Maleisië, Hongkong en Nepal gewen, terwyl hulle deur Afghanistan en die Verenigde Arabiese Emirate verslaan is. Hiermee het hulle in die derde plek geëindig en vir die AKR Kampioenskap 2014 gekwalifiseer.[34] Aangesien Afghanistan en die Verenigde Arabiese Emirate besig was met voorbereidings vir die Krieketwêreldbeker is die AKR Kampioenskap 2014 gekanselleer.[35]

Yousuf Rahim Baksh is een van min inheemse Omanis wat vir die Omaanse nasionale krieketspan gekeur is[36]

Teen 2010 is krieket in Oman oorwegend deur emigrante uit die toetslande Bangladesj, Indië, Pakistan en Sri Lanka (en hul nasate) gespeel, maar minder deur inheemse Omanis. In dié jaar was net 100 van die 780 spelers in die nasionale liga Arabiere (oftewel 13 persent).[37] Die aantal het tot in 2016 op sowat 400 gestyg met die algehele getal wat ook toegeneem het.[38] Vir spanne wat in die Omaanse Liga meeding is ’n kwota ingestel en hulle moet ’n sekere aantal Omaanse spelers vir hul wedstryde benoem.[39] Op nasionale vlak is net min Omanis vir die nasionale span gekeur. Tydens die T20I-wêreldbeker 2016 was net een van die spelers, Sufyan Mehmood, ’n inheemse[40] (hoewel met Yousuf Rahim Baksh nog een as plaasvervanger benoem is).[36] Voorheen was Ameet Sampat die enigste in Oman gebore speler wat vir die nasionale krieketspan verskyn het (in Lys-A-krieket).[41]

Die Omanis het deelgeneem aan die afdeling drie 2011 wat hulle in die derde plek afgesluit en sodoende in dié afdeling aangebly het.[42] Aan die kwalifiseringstoernooie vir die drie eerste T20I-wêreldbekertoernooie (in 2007, 2009 en 2010) het die Omanis nie deelgeneem nie. Tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2012 het hulle al hul sewe wedstryde in die eerste rondte teen Italië, Uganda, Kenia, Skotland, die Verenigde State, Namibië en Ierland verloor, maar hulle kon die uitspeelwedstryd om die vyftiende plek teen Denemarke wen, waarmee hulle die T20I-wêreldbeker 2012 misgeloop het.[43] Tydens die AKR T20I-beker 2013 is Oman deur Afghanistan, die Verenigde Arabiese Emirate en Koeweit verslaan, hulle kon net die wedstryd teen Bahrein wen, waardeur die span dié toernooi in die voorlaaste plek afgesluit het. In dieselfde jaar is in Bermuda die daaropvolgende toernooi van afdeling drie aangebied.[44] Die Omanis het ná twee oorwinnings in die eerste rondte teen Italië en Uganda die vyfde plek gehaal en sodoende die Krieketwêreldbeker 2015 se 2014-krieketwêreldbekerkwalifisering misgeloop.[45] Pleks daarvan het hulle deelgeneem aan die Wêreldkrieketliga se afdeling vier 2014 en weer in die vyfde plek geëindig. In dieselfde jaar is die Omaanse Krieketraad tydens die jaarlikse IKR-vergadering in Melbourne tot ’n geassosieerde lid verhef.[16][6]

Eerste T20I-wêreldbekerdeelnamewysig

Die Omaanse nasionale krieketspan in 2015
T20I-wedstryd tussen Oman en Skotland tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2015

Terwyl Oman in EDI-krieket gesukkel het, het die span daarin geslaag om in T20I-krieket die AKR T20I-beker 2015 te wen en sodoende vir die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2015 in Ierland en Skotland te kwalifiseer. In die eerste rondte het hulle Kanada, Nederland en Afghanistan verslaan,[46] maar hulle het teen Kenia en Skotland verloor, terwyl die wedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate weens reën afgelas moes word, waarmee Oman die kwalifiseringsuitspeelwedstryde gehaal het.[47] Daar kon die Omanis in die beslissende wedstryd teen Namibië ’n verrassende oorwinning aangeteken en vir die eerste keer vir ’n wêreldbeker kwalifiseer, daarbenewens het hulle tot in 2019 T20I-status ontvang.[8] Dit was Oman se eerste deelname aan ’n wêreldbeker nog.[16] Die uitspeelwedstryd om die vyfde plek tydens dié toernooi teen Afghanistan was Oman se eerste T20I-wedstryd, hulle is egter met vyf paaltjies verslaan.[48] Vervolgens het die Omanis tydens die 2015/16-seisoen T20I-reekse teen die Verenigde Arabiese Emirate, Afghanistan en Hongkong gespeel. In Februarie 2016 het Oman tydens die Asiatiese Bekerkwalifisering 2016 Hongkong verslaan, terwyl hulle teen Afghanistan en die Verenigde Arabiese Emirate verloor het, waarmee hulle die Asiatiese Beker 2016 misgeloop het.[49] In dieselfde jaar het die Omanis tydens die T20I-wêreldbeker 2016 in Indië ’n verrassende oorwinning in die eerste wedstryd teen Ierland (met twee paaltjies) aangeteken. Dit was hul eerste T20I-oorwinning nog.[50] Nadat die tweede wedstryd teen Nederland weens reën afgelas is, het die span die kans gehad om met ’n oorwinning teen Bangladesj vir die Super Tien te kwalifiseer.[51] Hulle kon egter in die weens reën ingekorte wedstryd nie teen dié toetsland presteer nie en is met 54 lopies verslaan (DLS-metode).[52]

In EDI-krieket het Oman tydens die Wêreldkrieketliga 2017–19 se afdeling vyf 2016 in die tweede plek geëindig en is sodoende na die vierde afdeling opgegradeer.[53] In dié afdeling kon die Omanis weer goed presteer en het na die Verenigde State in die tweede plek geëindig.[54] Dié wenreeks is tydens die afdeling drie in Uganda voortgesit, toe die Omanis die toernooi met net een nederlaag teen Kanada gewen het.[55] Daarmee het hulle die kans gehad om tydens die Wêreldkrieketliga se afdeling twee 2018 vir die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2018 te kwalifiseer, maar nadat hulle net die vyfde plek gehaal het en na afdeling drie 2018 afgegradeer is, het hulle die Krieketwêreldbeker 2019 misgeloop.[56] Daar is die gasheer regstreeks opgegradeer na afdeling twee 2019, waar die Omanis die eindstryd gehaal het, maar dié keer deur die gasheer Namibië met 145 lopies verslaan is. Daarmee het hulle die Wêreldkrieketliga 2 2019–2023 gehaal wat as kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 2023 dien; daarbenewens het Oman tot in 2023 EDI-status ontvang.[7]

In vergelyking met ander geassosieerde lede van die IKR word die Omaanse span beskou as konstant en dié met die vinnigste prestasieverbetering. In 2016 het Oman in afdeling vyf teen “kleiner” spanne soos Tanzanië en Nigerië gespeel. Eers in 2014 is hulle as ’n geassosieerde lid benoem, maar binne net vier jaar het die Omanis daarin geslaag om hulleself in EDI-krieket te vestig en hulle word intussen as een van die sterkste geassosieerde lede beskou. Ook in T20I-krieket het hulle gevestig, nadat hulle in dié formaat verskeie afdelings gewen en aan twee T20I-wêreldbekertoernooie deelgeneem het. In 2022 het die IKR se voorsitter, Greg Barclay, hierdie ontwikkeling, wat net in ’n paar jaar bereik is, as ’n model vir ander geassosieerde lede beskryf.[57]

Nog ’n wêreldbekerkwalifiseringwysig

In Augustus en September 2018 het Oman in die Asiatiese Bekerkwalifisering teen Nepal, Maleisië en Singapoer gewen en teen die Verenigde Arabiese Emirate verloor, terwyl die wedstryd teen Hongkong weens reën afgelas moes word. Vervolgens het die span in die tabel gelyk op punte met Hongkong geëindig, maar as gevolg van sy swakker lopietempo (Hongkong met +1.530 en Oman met +0.583) het hulle die Asiatiese Beker 2018 misgeloop.[58] In voorbereiding op die daaropvolgende T20I-wêreldbekerkwalifisering het die beheerliggaam Ierland, Skotland en Nederland uitgenooi vir ’n vierhoekige toernooi, waartydens die die eerste T20I-wedstryde op eie bodem aangebied is.[59] Ierland het sodoende die eerste volle lid geword wat Oman besoek het.[60] Die gasheer kon egter nie ’n oorwinning aanteken nie.[61] Op 27 April 2019 het die Omanis hul eerste EDI-wedstryd teen Namibië gespeel, maar hulle is op net 81 lopies uitgeboul en het met 145 lopies verloor.[62] Oman was regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2019 gekwalifiseer en het tydens dié toernooi se eerste rondte die Verenigde Arabiese Emirate, Hongkong, Nigerië en Kanada verslaan, maar teen Ierland en Jersey verloor, waarvolgens hulle met hul tweede plek die uitspeelwedstryde gehaal het. Ná hul nederlaag teen Namibië het die Omanis danksy die kolwer Jatinder Singh en die bouler Bilal Khan Hongkong met twaalf lopies verslaan en daarmee vir die tweede keer vir ’n hooftoernooi gekwalifiseer.[63] In November 2019 sou die eerste rondte tydens die Uitdagingliga B in Hongkong beslis word,[64] vanweë massaproteste is al die wedstryde egter in Oman aangebied.[65][66]

In Oktober 2019 het die beheerliggaam weer internasionale spanne uitgenooi, dié keer vir ’n vyfhoekige toernooi. Die nasionale spann het dié toernooi ná oorwinnings teen Hongkong, Ierland, Nederland en Nepal onoorwonne beklink.[67] Hulle het ook aan die Wêreldkrieketliga 2 2019–2023 deelgeneem. Die eerste rondte in Skotland het hulle na die gasheer en voor Papoea-Nieu-Guinee in die tweede plek afgesluit.[68] In Januarie 2020 het Oman die vierde rondte aangebied, wat hulle na die Verenigde Arabiese Emirate en voor Namibië in die tweede plek afgesluit het, nadat die laaste twee wedstryde ná die dood van sultan Qaboos bin Said al Said afgelas moes word.[69] Die vyfde rondte het Oman teen die gasheer Nepal en die Verenigde State beklink.[70] In Februarie 2020 het Oman die AKR Oostelike T20I-streek aangebied, wat deel was van die Asiatiese Bekerkwalifisering 2022. Daar het die nasionale span sy groepwedstryde teen Bahrein en die Maledive gewen, maar teen Katar verloor. Daarmee het hulle gelyk op punte met Bahrein en Katar geëindig, maar weens sy swakker lopietempo (Bahrein met +1.461, Katar met +1.391 en Oman met +1.040) die volgende rondte misgeloop.[71] In September en Oktober 2021 het Oman die driehoekige reeks aangebied, wat uit die sesde en sewende rondte bestaan het. Die sesde rondte het die Omanis teen Nepal en die Verenigde Staate beklink,[72] die sewende rondte het hulle na Skotland en voor Papoea-Nieu-Guinee in die tweede plek afgesluit.[73]

Vanweë die aanhoudende wêreldwye Covid-19-pandemie is die T20I-wêreldbeker 2021 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate aangebied, waarmee albei lande vir die eerste keer wedstryde tydens ’n internasionale toernooi gehuisves het; Indië het egter as amptelike gasheer aangebly.[74] Tydens dié toernooi is die Omanis ná een oorwinning teen Papoea-Nieu-Guinee (met tien paaltjies),[75] asook nederlae teen Bangladesj (met 26 lopies)[76] en Skotland (met agt paaltjies) weer in die eerste rondte uitgeskakel.[77] Op die T20I-wêreldbeker sou in November en Desember die agtste rondte in Namibië volg, maar ná die ontdekking van die Covid-19 se Omikron-variant in Suid-Afrika is dié toernooi ná twee wedstryde afgelas.[78]

In Februarie 2022 het Oman die Verenigde Arabiese Emirate gehuisves vir drie EDIs, wat voorheen tydens ander reekse afgelas moes word. Van dié wedstryde het hulle twee verloor, terwyl die derde gelykop geëindig het.[79] Daarna het albei spanne deelgeneem aan die vierhoekige reeks 2021/22, saam met Ierland en Nepal. Die gasheer Oman het dié toernooi ná net een oorwinning teen die Emirate in die derde plek afgesluit.[80] Daarop het die T20I-wêreldbekerkwalifisering se groep A gevolg, waartydens die gasheer Oman ná een nederlaag teen Nepal en oorwinnings teen Kanada en die Filippyne die halfeindstryd gehaal het, wat hulle teen Ierland met 56 lopies verloor en sodoende die T20I-wêreldbeker 2022 misgeloop het.[81] In Maart het die Omanis die negende rondte teen Namibië en die Emirate beklink. Deel van dié reeks was ’n bykomende EDI teen Namibië wat in Januarie 2020 ná die dood van die sultan afgelas en nou opgemaak is.[82] Die elfte rondte in April 2022 het Oman na Skotland en voor Papoea-Nieu-Guinee in die tweede plek afgesluit.[83] Die dertiende rondte het die Omanis ná een oorwinning elk teen Nepal en die Verenigde State na die gasheer in die tweede plek afgesluit.[84] Ná afsluiting van al die drienasiesreekse het Oman tydens die Krieketwêreldbekerliga 2 2019–2023 die tweede plek behaal, waarmee hulle die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 gehaal en gelyktydig hul plek in die Krieketwêreldbekerliga 2 2023–2027 vir die Krieketwêreldbeker 2027 bespreek het.[85] Tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 in Zimbabwe het die Omanis die sesde plek behaal, waarmee hulle die hooftoernooi in Indië misgeloop het. In die proses het hulle onder andere hul eerste EDI-oorwinning teen Ierland nog aangeteken, hul eerste oorwinning teen ’n toetsland.[86] Tydens die Asiatiese T20I-wêreldbekerkwalifisering 2023 het Oman die eindstryd teen Nepal gehaal en sodoende vir die T20I-wêreldbeker 2024 gekwalifiseer.[87]

Kleure en kentekenwysig

In EDI- en T20I-krieket dra Oman rooi truie met groen kleuraksente, rooi moue, ’n wit V-halslyn en rooi broeke. Veldwerkers dra ’n rooi bofbalpet of ’n rooi sonhoed. Die kolwers se helms is op ’n soortgelyke manier geverf. Gedurende IKR-toernooie verskyn die borg se embleem op die regtermou en die belettering OMAN verskyn in die middel van die trui.

Oman Krieket se kenteken toon ’n na regs vlieënde rooi krieketbal met vlamme in groen en rooi met die belettering Oman Cricket in Engels onder en Arabies bo.

Tuisstadionwysig

Omaanse Krieketakademieveld
Ligging van Omaanse krieketstadions

Oman se enigste internasionale stadion is die Omaanse Krieketakademieveld wat deur die nasionale span vir al hul tuiswedstryde gebruik word. Dit beskik sedert 2021 oor toetskrieketstatus, waarmee Oman saam met die Emirate die enigste land is, wat oor stadions in dié kategorie beskik, maar self geen toetswedstryde speel nie. Die stadion het die status voor die geskeduleerde toer van die Zimbabwiese nasionale span teen Afghanistan ontvang, wat hier in Februarie 2021 aangebied sou word.[88][89][90] Dié toer is egter na Aboe Dhabi verskuif.[91] Sedertdien is geen toetswedstryde op die Omaanse Krieketakademieveld aangebied nie.

No.StadionPlekEerste wedstryd
1Omaanse KrieketakademieveldMaskat20 Januarie 2019

T20I-wêreldbekerstadionswysig

Oman het saam met die Verenigde Arabiese Emirate die T20I-wêreldbeker 2021 aangebied; Indië het egter steeds as amptelike gasheer aangebly. Dit was die eerste internasionale kriekettoernooi wat in beide Oman en die Verenigde Arabiese Emirate aangebied is, asook die eerste vername kriekettoernooi wat geheel en al deur IKR-assosiaatlede gehuisves is.[92]

Spelerswysig

Spelerstatistiekewysig

Altesaam het vir Oman 25 spelers EDI- en 35 spelers T20I-krieket gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Omaanse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopieswysig

EDIT20I
SpelerTydperkEDIsLopiesSpelerTydperkT20IsLopies
Jatinder Singh2019–hede461 220Zeeshan Maqsood2015–hede531 100
Zeeshan Maqsood2019–hede421 127Jatinder Singh2015–hede501 078
Aqib Ilyas2019–hede251 004Aqib Ilyas2015–hede350812
Ayaan Khan2021–hede341 001Khawar Ali2015–hede410626
Kashyap Prajapati2021–hede310949Kashyap Prajapati2021–hede290576
Korrek teen: 6 November 2023[93]Korrek teen: 6 November 2023[94]

Paaltjieswysig

EDIT20I
SpelerTydperkEDIsPaaltjiesSpelerTydperkT20IsPaaltjies
Bilal Khan2019–hede4595Bilal Khan2015–hede6492
Zeeshan Maqsood2019–hede4255Khawar Ali2015–20224146
Khawar Ali2019–20223442Zeeshan Maqsood2015–hede5337
Kaleemullah2019–hede3935Fayyaz Butt2019–hede3333
Fayyaz Butt2019–hede2328Aamir Kaleem2015–20223332
Korrek teen: 6 November 2023[95]Korrek teen: 6 November 2023[96]

Spankapteinswysig

Tot op hede was drie spelers reeds die kaptein vir Oman tydens ’n EDI-wedstryd en ses tydens ’n T20I.[97]

EDI[98]T20I[99]
No.NaamTydperkNaamTydperk
1Zeeshan Maqsood2019–hedeSultan Ahmed2015–2017
2Khawar Ali2022Ajay Lalcheta2019
3Aqib Ilyas2023Zeeshan Maqsood2019–hede
4Khawar Ali2020–2022
5Aqib Ilyas2023
6Ayaan Khan2023

Rekordswysig

EDI-rekord teen ander landewysig

TeenstanderWedstrydeGewenVerloorGelykopOnbeslis% GewenEerste oorwinning
t. Toetslande
Ierland11000100,0019 Junie 2023
Sri Lanka101000,00
Wes-Indië101000,00
Zimbabwe101000,00
t. Assosiaatlede
Namibië7250028,5727 November 2021
Nederland101000,00
Nepal7430057,145 Februarie 2020
Papoea-Nieu-Guinee66000100,0014 Augustus 2019
Skotland7150114,2815 Augustus 2019
Verenigde Arabiese Emirate8431050,005 Januarie 2020
Verenigde State6510083,336 Februarie 2020
Algeheel4623211150,0014 Augustus 2019
Rekords volledig tot en met EDI #4695 op 6 November 2023. Laaste keer hersien op 6 November 2023. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.[100]

Krieketwêreldbekerrekordwysig

JaarUitslag
1975Nie toegelaat nie
1979Nie toegelaat nie
1983Nie toegelaat nie
1987Nie toegelaat nie
1992Nie toegelaat nie
1996Nie toegelaat nie
1999Nie toegelaat nie
2003Nie toegelaat nie
2007Nie gekwalifiseer nie
2011Nie gekwalifiseer nie
2015Nie gekwalifiseer nie
2019Nie gekwalifiseer nie
2023Nie gekwalifiseer nie
2027N.v.t.
2031N.v.t.

Kampioenetrofeerekordwysig

JaarUitslag
1998Nie gekwalifiseer nie
2000Nie gekwalifiseer nie
2002Nie gekwalifiseer nie
2004Nie gekwalifiseer nie
2006Nie gekwalifiseer nie
2009Nie gekwalifiseer nie
2013Nie gekwalifiseer nie
2017Nie gekwalifiseer nie
2025Nie gekwalifiseer nie
2029N.v.t.

T20I-rekord teen ander landewysig

TeenstanderWedstrydeGewenVerloorGelykopOnbeslis% GewenEerste T20I-oorwinning
t. Toetslande
Afghanistan505000,00
Bangladesj202000,00
Ierland6240033,339 Maart 2016
t. Assosiaatlede
 Bahrein5320060,0023 Februarie 2020
 Filippyne11000100,0021 Februarie 2022
Hongkong8710087,5021 November 2015
 Jersey101000,00
Kanada5230040,0025 Oktober 2019
 Katar2110050,0017 September 2023
 Koeweit11000100,0022 September 2023
 Maledive11000100,0025 Februarie 2020
 Maleisië11000100,0030 Oktober 2023
Namibië101000,00
Nederland4120125,009 Oktober 2019
Nepal6230033,3310 Oktober 2019
 Nigerië11000100,0023 Oktober 2019
Papoea-Nieu-Guinee11000100,0017 Oktober 2021
 Saoedi-Arabië33000100,0014 November 2022
 Singapoer11000100,0031 Oktober 2023
Skotland404000,00
Verenigde Arabiese Emirate6330050,0018 Oktober 2019
Algeheel6531321147,6921 November 2015
Rekords volledig tot en met T20I #2348 op 5 November 2023. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).[101]

T20I-wêreldbekerrekordwysig

JaarUitslag
2007Nie gekwalifiseer nie
2009Nie gekwalifiseer nie
2010Nie gekwalifiseer nie
2012Nie gekwalifiseer nie
2014Nie gekwalifiseer nie
201613de plek uit 16 spanne
202113de plek uit 16 spanne
2022Nie gekwalifiseer nie
2024gekwalifiseer
2026N.v.t.
2028N.v.t.
2030N.v.t.

Asiatiese Bekerwysig

JaarUitslag
1984Nie toegelaat nie
1986Nie toegelaat nie
1988Nie toegelaat nie
1990Nie toegelaat nie
1993Toernooi afgelas
1995Nie toegelaat nie
1997Nie toegelaat nie
2000Nie toegelaat nie
2004Nie gekwalifiseer nie
2008Nie gekwalifiseer nie
2010Nie gekwalifiseer nie
2012Nie gekwalifiseer nie
2014Nie gekwalifiseer nie
2016Nie gekwalifiseer nie
2018Nie gekwalifiseer nie
2022Nie gekwalifiseer nie
2023Nie gekwalifiseer nie

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. 6,0 6,1 (en) "Oman becomes International Cricket Council associate member". Times of Oman. 26 Junie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2015. Besoek op 18 November 2015.
  7. 7,0 7,1 (en) "Oman and USA secure ICC Men's Cricket World Cup League 2 places and ODI status". Internasionale Krieketraad. 24 April 2019. Besoek op 15 Februarie 2024.
  8. 8,0 8,1 (en) Peter Della Penna (23 Julie 2015). "Oman secure World T20 spot with memorable win". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  9. (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Besoek op 15 Februarie 2024.
  10. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 27 Oktober 2023. Besoek op 15 Februarie 2024.
  11. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 3 November 2023. Besoek op 15 Februarie 2024.
  12. (en) "Oman Cricket". Internasionale Krieketraad. Besoek op 15 Februarie 2024.
  13. (en) "Inaugural Meeting of The Asian Cricket Conference on 19th and 20th September 1983, New Delhi, India". Asiatiese Krieketraad. Besoek op 15 Februarie 2024.
  14. (en) Martin Williamson (11 Januarie 2006). "The Under-19 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  15. 15,0 15,1 15,2 15,3 15,4 15,5 (en) "A Timeline of Oman Cricket". Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2011. Besoek op 11 Februarie 2011.
  16. 16,0 16,1 16,2 16,3 16,4 16,5 16,6 (en) "Our History". Oman Krieket. Besoek op 15 Februarie 2024.
  17. 17,00 17,01 17,02 17,03 17,04 17,05 17,06 17,07 17,08 17,09 (en) "History of Oman Cricket". Oman Krieket. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2016. Besoek op 20 Maart 2016.
  18. (en) "'Oman Cricket need to progress further'". Times of Oman. 12 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Januarie 2017. Besoek op 6 Januarie 2017.
  19. (en) "The ACC Member Contacts". Asiatiese Krieketraad. Besoek op 15 Februarie 2024.
  20. (en) "UAE win third ACC Trophy in a row". ESPNcricinfo. 20 Junie 2004. Besoek op 15 Februarie 2024.
  21. (en) "ICC Trophy 2005". BBC. 13 Julie 2005. Besoek op 15 Februarie 2024.
  22. (en) Martin Williamson (15 November 2007). "ICC World Cricket League". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  23. (en) K.R. Nayar (11 September 2005). "UAE to meet Bangladesh in Asia Cup opener". Gulf News. Besoek op 15 Februarie 2024.
  24. (en) Andrew Nixon (23 Junie 2008). "Asia Cup preview". Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2022. Besoek op 7 Desember 2022.
  25. (en) "Afghanistan and Oman tie Twenty20 final". ESPNcricinfo. 2 November 2007. Besoek op 15 Februarie 2024.
  26. (en) "UAE finish top of the pile". ESPNcricinfo. 2 Desember 2007. Besoek op 15 Februarie 2024.
  27. (en) "ICC release 2011 World Cup qualifier schedule". Cricbuzz. 10 Februarie 2009. Besoek op 15 Februarie 2024.
  28. (en) "Ireland ease closer to 2011 World Cup". ESPNcricinfo. 13 April 2009. Besoek op 15 Februarie 2024.
  29. (en) "Oman crush Bhutan to secure title". ESPNcricinfo. 21 Januarie 2009. Besoek op 15 Februarie 2024.
  30. (en) "Oman Beat Back Bhutan's Challenge". Asiatiese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2009. Besoek op 26 Januarie 2009.
  31. (en) Nitin Sundar (25 Februarie 2013). "More pain for UAE". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  32. (en) "Oman's big plans". Asiatiese Krieketraad. 16 Julie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2022. Besoek op 8 Februarie 2022.
  33. (en) Sharda Ugra (16 Maart 2016). "Oman look to move up the food chain". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  34. (en) "All-round Afghanistan cruise to title win". ESPNcricinfo. 7 Mei 2014. Besoek op 15 Februarie 2024.
  35. (en) "ACC Championship called off". Ekantipur. 9 Oktober 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2015. Besoek op 1 Januarie 2015.
  36. 36,0 36,1 (en) Ashok Purohit (4 Augustus 2015). "'Promote cricket among locals'". Muscat Daily. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Augustus 2017. Besoek op 2 Augustus 2017.
  37. (en) "More men in Oman". Asiatiese Krieketraad. 27 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2022. Besoek op 18 April 2022.
  38. (en) Karthik Lakshmanan (10 Maart 2016). "The Exuberance, Resilience And Brotherhood Of Oman Cricket". Internasionale Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2016. Besoek op 13 Maart 2016.
  39. (en) Paul Radley (13 Maart 2012). "UAE could take leaf out of Oman cricket". The National. Besoek op 16 Maart 2016.
  40. (en) "Sufyan Mehmood". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  41. (en) "Ameet Sampat". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  42. (en) "Hong Kong through to finals". ESPNcricinfo. 28 Januarie 2011. Besoek op 15 Februarie 2024.
  43. (en) "Afghanistan secure World Twenty20 berth". ESPNcricinfo. 22 Maart 2012. Besoek op 15 Februarie 2024.
  44. (en) "Teams eye place in World Cup qualifier". ESPNcricinfo. 25 April 2013. Besoek op 15 Februarie 2024.
  45. (en) "Airee, Vesawkar carry Nepal to Div 3 title". ESPNcricinfo. 6 Mei 2013. Besoek op 15 Februarie 2024.
  46. (en) "Oman complete second consecutive upset". ESPNcricinfo. 15 Julie 2015. Besoek op 15 Februarie 2024.
  47. (en) "Scotland book World T20 spot with 23-run win". ESPNcricinfo. 18 Julie 2015. Besoek op 15 Februarie 2024.
  48. (en) "All-round Afghanistan finish fifth with easy win". ESPNcricinfo. 25 Julie 2015. Besoek op 15 Februarie 2024.
  49. (en) "UAE storm to main draw with convincing win". ESPNcricinfo. 22 Februarie 2016. Besoek op 15 Februarie 2024.
  50. (en) Vishal Dikshit (9 Maart 2016). "Joy for underdogs Oman, Ireland stunned". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  51. (en) Deivarayan Muthu (11 Maart 2016). "Netherlands ousted after Dharamsala washout". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  52. (en) Justin Goulding (13 Maart 2016). "World Twenty20 2016: Tamim Iqbal century sends Bangladesh into Super 10s". BBC. Besoek op 15 Februarie 2024.
  53. (en) Peter Della Penna (28 Mei 2016). "Oman, Jersey win to clinch promotion to WCL Division Four". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  54. (en) Peter Della Penna (5 November 2016). "Oman, USA secure promotion to Division Three". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  55. (en) Peter Della Penna (29 Mei 2017). "Oman, Canada secure promotion; USA avoid relegation". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  56. (en) Peter Della Penna (12 Februarie 2018). "Naveed, Haider end Oman's World Cup dreams". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  57. (en) "Oman Cricket a role model for Associate nations, says ICC chairman". Oman Krieket. Besoek op 15 Februarie 2024.
  58. (en) "Aizaz Khan's five-for helps Hong Kong seal Asia Cup qualification". ESPNcricinfo. 6 September 2018. Besoek op 15 Februarie 2024.
  59. (en) Peter Della Penna (22 November 2018). "Oman to host Ireland, Scotland, Netherlands for T20I quadrangular series". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  60. (en) "Ireland to play quadrangular warm-up series in Oman". BBC. 14 Desember 2018. Besoek op 15 Februarie 2024.
  61. (en) Peter Della Penna (17 Februarie 2019). "Scotland bowlers smother Oman, storm to T20I Quad Series title". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  62. (en) Peter Della Penna (27 April 2019). "Namibia claim Division 2 title with maiden ODI victory". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  63. (en) Peter Della Penna (30 Oktober 2019). "Jatinder Singh and Bilal Khan seal Oman's return to T20 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  64. (en) "ICC launches the road to India 2023". Internasionale Krieketraad. 12 Augustus 2019. Besoek op 15 Februarie 2024.
  65. (en) "Politically unstable Hong Kong loses men's CWC Challenge League B hosting rights". ESPNcricinfo. 24 Oktober 2019. Besoek op 15 Februarie 2024.
  66. (en) "Oman to replace Hong Kong as hosts of Men's CWC Challenge League B". Internasionale Krieketraad. 24 Oktober 2019. Besoek op 15 Februarie 2024.
  67. (en) "Oman Pentangular T20 Series – Final Table". Emerging Cricket. 10 Oktober 2019. Besoek op 15 Februarie 2024.
  68. (en) Daniel Hay (21 Augustus 2019). "All-round Oman performance hands PNG their fourth defeat". Emerging Cricket. Besoek op 15 Februarie 2024.
  69. (en) Paul Radley (11 Januarie 2020). "UAE cricket match against Oman called off following death of Sultan Qaboos". The National. Besoek op 15 Februarie 2024.
  70. (en) Tim Cutler (10 Februarie 2020). "Aqib Ilyas hauls Oman to top of League 2 table, as Nepal uncover a gem". Emerging Cricket. Besoek op 15 Februarie 2024.
  71. (en) Shahzad Raza (25 Februarie 2022). "Day 3: Bahrain face Kuwait in semis after incredible win, UAE take on Qatar in second semifinal". Asiatiese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2022. Besoek op 25 Februarie 2022.
  72. (en) "Global Game: Zimbabwe win the ICC Women's T20 World Cup Qualifier". Internasionale Krieketraad. 21 September 2021. Besoek op 15 Februarie 2024.
  73. (en) Bertus de Jong (2 Oktober 2021). "Oman and Scotland share points as Cyclone Shaheen hits final ODI". CricBuzz. Besoek op 15 Februarie 2024.
  74. (en) "BCCI confirms 2021 T20 World Cup switch to UAE". ESPNcricinfo. 28 Junie 2021. Besoek op 15 Februarie 2024.
  75. (en) Saurabh Somani (17 Oktober 2021). "Maqsood, Jatinder help Oman lead 10-wicket rout of PNG". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  76. (en) Mohammad Isam (19 Oktober 2021). "Naim, Shakib, Mustafizur help Bangladesh stay alive with first points". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  77. (en) Shashank Kishore (21 Oktober 2021). "Bowling might helps Scotland qualify for Super 12s; Oman knocked out". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  78. (en) "Tri-series in Namibia called off, Oman cricket team flying back". Times of Oman. 28 November 2021. Besoek op 15 Februarie 2024.
  79. (en) Paul Radley (8 Februarie 2022). "UAE fall just short of series clean-sweep in Oman despite Kashif Daud heroics". The National. Besoek op 15 Februarie 2024.
  80. (en) "Nepal lose to Ireland in last match of Oman series". The Kathmandu Post. 15 Februarie 2022. Besoek op 15 Februarie 2024.
  81. (en) "T20 World Cup Qualifier: Ireland beat Oman by 56 runs in semi-final to reach World Cup". BBC. 22 Februarie 2022. Besoek op 15 Februarie 2024.
  82. (en) "ICC Men's Cricket World Cup League 2, supported by Dream 11, resumes this week in UAE". Internasionale Krieketraad. 4 Maart 2022. Besoek op 15 Februarie 2024.
  83. (en) Tom Grunshaw (18 April 2022). "CWC League 2 Round 11 Wrap – Elation for Scotland, familiar feeling for PNG". Emerging Cricket. Besoek op 15 Februarie 2024.
  84. (en) "Oman inch closer to Qualification". Oman Krieket. Besoek op 15 Februarie 2024.
  85. (en) "USA book spot at Cricket World Cup qualifier". SuperSport. 4 April 2023. Besoek op 15 Februarie 2024.
  86. (en) Ashish Pant (19 Junie 2023). "Prajapati leads Oman's batting charge to stun Ireland". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  87. (en) "Nepal and Oman qualify for 2024 men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. 3 November 2023. Besoek op 15 Februarie 2024.
  88. (en) "Global Game: Oman Cricket Academy Ground approved for Test cricket". Internasionale Krieketraad. 11 Januarie 2021. Besoek op 15 Februarie 2024.
  89. (en) Shahzad Raza. "OCA Ground 1 gets ICC accreditation to host Test matches, ODIs and T20Is". Oman Krieket. Besoek op 15 Februarie 2024.
  90. (en) Tom Grunshaw (6 Januarie 2021). "Oman Cricket Academy Ground approved for Test Cricket". Emerging Cricket. Besoek op 15 Februarie 2024.
  91. (en) "Afghanistan to play two Tests against Zimbabwe in Abu Dhabi". CricBuzz. 12 Februarie 2021. Besoek op 15 Februarie 2024.
  92. (en) Paul Radley (29 Junie 2021). "T20 World Cup will move to UAE and Oman, confirms ICC". The National. Besoek op 15 Februarie 2024.
  93. (en) "Records / Oman / One-Day Internationals / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  94. (en) "Records / Oman / Twenty20 Internationals / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  95. (en) "Records / Oman / One-Day Internationals / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  96. (en) "Records / Oman / Twenty20 Internationals / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  97. Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.
  98. (en) "Records / Oman / One-Day Internationals / List of Captains". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  99. (en) "Records / Oman / Twenty20 Internationals / List of Captains". ESPNcricinfo. Besoek op 15 Februarie 2024.
  100. (en) "Records / Oman / ODI matches / Result summary". ESPNcricinfo. 6 November 2023. Besoek op 15 Februarie 2024.
  101. (en) "Records / Oman / Twenty20 Internationals / Result summary". ESPNcricinfo. 5 November 2023. Besoek op 15 Februarie 2024.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media