Ollie Viljoen

Rudolph Petrus (Ollie) Viljoen was 'n Afrikaanse musikant, orkesleier, storieverteller, TV-regisseur en radio-omroeper. Hy was self 'n fenomenale storieverteller en het onder andere die gewilde programme Spies en Plessis met permissie en Maak ’n las geskep. Hy was ook die aanbieder van Die Boereorkes Kompetisie en omroeper van RSG se boeremusiekprogram, Vastrap.

Ollie Viljoen
GeboortenaamRudolph Petrus Viljoen
Ook bekend asOllie
Gebore17 Maart 1938
Vereeniging
Sterf31 Augustus 2014 (op 76)
Kaapstad
GenresBoeremusiek, jazz en rock
Beroep(e)Musikant, storieverteller, aanbieder, TV regisseur, skrywer, omroeper
InstrumenteTrekklavier, klavier en orrel
Webwerfollieviljoen.co.za

Hy was getroud met Estelle Viljoen, lektrise in Afrikaanse Letterkunde by onder andere TUKS en RAU (Deesdae UJ). Hulle het twee kinders, Willem en Enel. Estelle sterf tragies in 'n motorongeluk in 2000 saam met Ollie se boesemvriende Tolla van der Merwe en Koos Meyer.

In 2007 verhuis Ollie van Johannesburg na Sandbaai in die Weskaap. In plaas van aftree begin hy al hoe meer optree vertel hy destyds met sy skerp sin vir humor. Hy bly ook besig met CD-opnames, toere, produksies en solovertonings dwarsoor die land en selfs oorsee in Londen, Argentinie en Amerika.

In 2008 is hy saam met Valiant Swart met 'n SAMA-prys vir hulle album Vuur En Vlam in die kategorie Beste Afrikaanse Tradisionele Album bekroon. In 2010 het hulle 'n tweede album, Wild En Wakker die lig laat sien.

In Maart 2014 is sy eerste en enigste boek, Kitare en Snare deur Hemel en See Uitgewers gepubliseer.

Viljoen is Sondagoggend, 31 Augustus 2014 in die ouderdom van 76 oorlede. Hy is einde Julie met hartversaking in 'n hospitaal in Hermanus opgeneem en het sodoende sy huldigingskonsert by die Oppikoppi-musiekfees misgeloop. Hy het daarna aangesterk en is intussen ontslaan, maar is sowat 'n week voor sy dood in 'n hospitaal in Kaapstad opgeneem, waar hy in sy slaap gesterf het.[1][2]

Diskografiewysig

  • My Land My Lied, 2011 RHYTHM
  • Die Liedjies van Jan Spies
  • Ollie en Sias (met Sias Reynecke)
  • Wild En Wakker, 2010 RHYTHM/SELECT (met Valiant Swart)
  • Vuur En Vlam, 2007 RHYTHM (met Valiant Swart; SAMA-prys in 2008)
  • Ollie Speel Jim Muller, DECIBEL/ALFA ATELJEE (SAMA-prys in 1996)
  • Ollie Speel Die Musiek Van Worsie Visser, 1999
  • Ollie Viljoen Speel TV-Treffers, 1994 DECIBEL (SAMA-prys in 1995)
  • Ollie Viljoen en Sias Reinecke
  • Die Musiek van Maak 'n Las
  • Legende van Boeremusiek (vol 1)
  • Legende van Boeremusiek (vol 2)
  • Saranti en Ollie speel Ons Liedjieskrywers
  • Anton en Vrinne (met Anton Goosen)
  • Net 'n Stille Uurtjie (met Rina Hugo)
  • Ons mooiste Tangos
  • Media (Met Karen Zoid)
  • Blues en Susters (Tempo toekenning)

TV Programmewysig

As Regisseurwysig

  • Platepraatjies
  • Teletreffers
  • Kom kuier Saam
  • George Shearing in South Africa
  • Heino in South Africa
  • SATV Boere-Orkes kompetisie
  • Spies en Plessie
  • Saterdagjolyt Rugbykonserte in medewerking met Leon Schuster
  • Liedjieboer
  • New years Eve Special
  • In Camera
  • So Sta’die Manne
  • Maak ‘n Las
  • Kyk-innie-pot
  • Sakkie Langarm

Verskyn ook in die volgende TV programmewysig

  • 7de Laan
  • Villa Rosa
  • Kwela
  • Bravo
  • Pasella
  • Legendes van Afrikaans

Teaterwysig

  • Stoepstories konsep by alle Afrikaanse feeste insluitend KKNK, Aardklop, Innibos, Grahamstown en Ukkasie in Londen
  • Van Boereseun tot Brel
  • Klets klawers kitare
  • 'n Inkspoor deur die lewe

Toekenningswysig

  • 1970 Wenner Nasionale Orrelkompetisie
  • 1986 en 1987 Artes toekenning vir die beste verskeidenheidsprogram op TV : Boeremusiek Kompetisie
  • 1988 Artes toekenning vir beste TV Program: Spies en Plessie
  • SAFTA toekenning vir beste Afrikaanse TV program: Maak 'n Las
  • 1995 en 1996 SAMA toekennings vir Beste tradisionele albums, Ollie speel TV Treffers en Ollie speel Jim Muller
  • 1999 Toekenning vir bydrae tot Afrikaanse Kultuur
  • 2008 SAMA toekenning vir beste Afrikaanse Album Vuur en Vlam
  • 2011 Innibos toekenning vir lewenslange bydrae tot Afrikaanse Musiek.
  • 2012 Tempo toekenning vir mees kopskuiwende album, Blues en Susters
  • 2014 Oppikoppie Legendes toekenning

Verwysingswysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media