Olimpiese Somerspele 2016

Spele van die XXXIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2016

Gehou inRio de Janeiro, Brasilië
Deelnemende lande205 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete11 238 (6 179 mans, 5 059 vroue)[1]
Items306 in 28 sporte[2]
Openingseremonie5 Augustus 2016
Sluitingseremonie21 Augustus 2016
Amptelik geopen deurAdjunkpresident Michel Temer[3]
Atlete-eedRobert Scheidt (seilvaart)
Beampte-eedMartinho Nobre (atletiek)
Olimpiese vlamVanderlei de Lima (atletiek)
Vorige Spele2012: Londen (VK)
Volgende Spele2020: Tokio (Japan)

Die Olimpiese Somerspele 2016 (Portugees: Jogos Olímpicos de Verão de 2016 [ˈʒɔɡuz oˈlĩpikus dʒi veˈɾɐ̃w dʒi ˈdojz ˈmiw i dʒizeˈsejs]), amptelik bekend as die Spele van die XXXIste Olimpiade, is tussen 5 en 21 Augustus 2016 in Rio de Janeiro, Brasilië, aangebied. Tydens die geleentheid het 11 238 atlete uit 205 nasies aan 306 items in 28 verskillende sportsoorte deelgeneem. Die spanne van Kosovo en Suid-Soedan het vir die eerste keer aan Olimpiese Spele deelgeneem.[4]

Maracanã-stadion in Rio de Janeiro

Dit was die 31ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896. Dit was ook die eerste keer dat Rio de Janeiro, Brasilië en 'n Portugeestalige land die spele organiseer het, die eerste Somerspele in Suid-Amerika, die tweede keer in 'n Latyns-Amerikaanse stad ná Meksikostad in 1968 en die eerste keer sedert 2000 (en derde algeheel) in die Suidelike Halfrond.[5] Naas Rio de Janeiro was Madrid, Tokio en Chicago kandidate vir die organisasie van die 2016-Somerspele.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Maracanã-stadion plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Brasilië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Portugees is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Wayde van Niekerk, die naelloper wat in die 200 meter en 400 meter meeding, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[6]

Die Paralimpiese Somerspele 2016 is tussen 7 en 18 September in Rio de Janeiro gehou.

Toewysingwysig

Carlos Arthur Nuzman, hoof van Rio se bod-komitee
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2016:

   Verkose stad

   Kandidaatstede

   Aansoekende stede

Die stede wat die Somerspele wou aanbied het tot 13 September 2007 tyd gehad om hulleself as kandidate te nomineer. In Junie 2008 is sewe kandidate amptelik deur die uitvoerende komitee van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) aanvaar.[7] Op 4 Junie 2008 word die lys verkort na vier kandidaatstede tydens 'n IOK-byeenkoms in Athene. Die vier stede was: Chicago, Madrid, Rio de Janeiro en Tokio.[8] Bakoe (Azerbeidjan), Doha (Katar) en Praag (Tsjeggië) is uitgeskakel.[8] Op 2 Oktober 2009 is Rio de Janeiro tydens 'n IOK-kongres in Kopenhagen as die verkose stad aangewys.[9][10] Tokio sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Somerspele 2020 word.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2016[11]
StadLandRondte 1Rondte 2Rondte 3
Rio de Janeiro  Brasilië264666
Madrid  Spanje282932
Tokio  Japan2220
Chicago  Verenigde State18

Sportewysig

Die IOK het tydens 'n kongres in Oktober 2009 besluit om sewesrugby en gholf weer vanaf 2016 op die Olimpiese program te plaas. Hierdie sporte dien as plaasvervangers vir bofbal en sagtebal wat vir die laaste keer in 2008 aangebied is.[12] Met 306 stelle van medaljes beskik die speletjies oor 28 Olimpiese sportsoorte. Hierdie sportbyeenkomste is op 33 plekke in die gasheerstad en op 5 plekke in die stede São Paulo (Brasilië se grootste stad), Belo Horizonte, Salvador da Bahia, Brasília (Brasilië se hoofstad) en Manaus beslis.

28 Olimpiese sportsoorte in 306 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 307 goue medaljes oorhandig.

Sokkerwysig

Sokkerwedstryde is in vyf stadions in die stede Sao Paulo, Belo Horizonte, Salvador da Bahia, Brasília en Manaus beslis. Al vyf was gasheerstadions vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014.

Stadionswysig

Kaart van die sportplekke
Deodoro-stadion
Arena da Amazônia in Manaus
Arena Corinthians in São Paulo
Arena Fonte Nova in Salvador da Bahia
Estádio Nacional in Brasília
Mineirão in Belo Horizonte

18 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 2016 gebruik:

Legende
ABestaande (geen permanente werk vereis)
BBestaande (permanente werk benodig)
CBykomende tydelike (speletjies afhanklik)
DNuwe permanente
Nuwe wedstrydplekke
SportplekkeSportsoorteKapasiteit
Carioca Arena 1D Basketbal16 000
Carioca Arena 2D Judo en Stoei10 000
Carioca Arena 3D Skermsport en Taekwondo10 000
Olimpiese Akwatiese StadionD Swem en Waterpolo (uitspeelwedstryse)15 000
Olimpiese BMX-sentrumD Fietsry (BMX)6 000
Olimpiese GholfbaanD Gholf20 000
Olimpiese HokkiesentrumD Veldhokkie15 000 (10 000 veld 1, 5 000 veld 2)
Olimpiese Tennissentrum (hoofbaan)D Tennis19 750
Deodoro Olimpiese Whitewater-stadionD Kano/Kajak (slalom)8 000
Rio Olimpiese VelodromeD Fietsry (baan)5 000
Jeug Arena (Deodoro)D Basketbal (vroue se groepuitdunne), Moderne vyfkamp (skermsport)5 000
Bestaande wedstrydplekke
SportplekkeSportsoorteKapasiteit
Deodoro Akwatiese SentrumA Moderne vyfkamp (swem)2 000
Maracanã-stadionACeremonies and Sokker (halfeindrondte 2, eindstryde)74 738
Olimpiese Stadion (Engenhão)B Sokker (8 x groepuitdunne), Atletiek (baan en veld)60 000
Rodrigo de Freitas LagoonB Roei, Kano/Kayak (sprint)14 000
Maracanãzinho ArenaA Vlugbal12 000
Maria Lenk Akwatiese SentrumB Sierduik, Gesinchroniseerde swem, Waterpolo (groepwedstryde)6 500
Marina da GlóriaB Seilvaart10 000
Olimpiese RuitersentrumB Ruitersport14 000
Olimpiese SkietbaanB SkyfskietNie gelys nie
Rio Olimpiese Arena (HSBC Arena)A Gimnastiek12 000
Riocentro – Pavilion 6A Boks9 000
Riocentro – Pavilion 3A Tafeltennis7 000
Riocentro – Pavilion 4A Pluimbal6 500
SambódromoB Boogskiet, Atletiek (maraton)36 000
Tydelike wedstrydplekke
SportplekkeSportsoorteKapasiteit
CopacabanastadionC Strandvlugbal12 000
DeodorostadionC Moderne vyfkamp (perdry, gekombineerde hardloop en skiet) Rugbysewens15 000
Fort CopacabanaC Maratonswem, Fietsry (padwedlope), Driekamp5 000
Future ArenaC Handbal12 000
BergfietssentrumC Fietsry (bergfiets)5 000
PontalC Atletiek (renloop), Fietsry (tydproewe)5 000
Riocentro – Pavilion 2C Gewigoptel6 500
Sportplekke buite Rio de Janeiro
SportplekkeSportsoorteLiggingKapasiteit
Mané Garrincha Nasionale StadionA Sokker (8 x groepwedstryde, kwarteindrondte)Brasília, Distrito Federal69 394
MineirãoA Sokker (6 x groepwedstryde, kwarteindrondte, W halfeindrondte, M 3rde plek)Belo Horizonte, Minas Gerais58 170
Arena Fonte NovaA Sokker (8 x groepwedstryde, kwarteindrondte)Salvador, Bahia51 700
Arena CorinthiansA Sokker (6 x groepwedstryde, kwarteindrondte, M halfeindrondte, W 3de plek)São Paulo, São Paulo48 234
Arena da AmazôniaA Sokker (6 x groepwedstryde)Manaus, Amazonas40 549

Kalenderwysig

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes UG Uitstallingsgala SS Sluitingseremonie
Augustus3
Wo
4
Do
5
Vr
6
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
Items
SeremoniesOSSS
Atletiek354554677147
Basketbal112
Boks1111113413
Boogskiet11114
Driekamp112
Fietsry Baan12211318
Bergfietsry11
BMX2
Pad111
Gesinchroniseerde swem112
Gewigoptel122222111115
Gimnastiek Artistiek1111433UG18
Ritmies11
Trampolien11
Gholf112
Handbal112
Judo222222214
Kanovaart Slalom11216
Snel444
Moderne vyfkamp112
Pluimbal11215
Roei244414
Ruitersport211116
Seilvaart2222210
Sewesrugby112
Sierduik111111118
Skermsport11112111110
Skyfskiet22212122115
Sokker112
Stoei2223322218
Swem444444441134
Taekwondo22228
Tafeltennis11114
Tennis1135
Veldhokkie112
Vlugbal Strandvlugbal114
Binnenshuise vlugbal11
Waterpolo112
Totaal00012141415201924212217251623223012306
Kumulatief000122640557594118139161178203219242264294306
Augustus3
Wo
4
Do
5
Vr
6
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
Items

Deelnemende nasieswysig

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelnamewysig

Wayde van Niekerk as Suid-Afrika se vlagdraer tydens die openingseremonie in die Maracanã-stadion

Suid-Afrika het in totaal 2 goue, 6 silwer- en 2 bronsmedalje gewen:

  • Wayde van Niekerk het 'n goue medalje in die 400 m-naellope vir mans met 'n nuwe wêreldrekord van 43,03 sekondes gewen.
  • Caster Semenya het 'n goue medalje in die 800 m-naellope vir vroue gewen.
  • Cameron van der Burgh het silwer in die 100 m-borsslag vir mans gewen.
  • Chad le Clos het silwer in die 200 m-vryslag en 100 m-vlinderslag vir mans gewen.
  • Lawrence Brittain en Shaun Keeling het silwer in die tweeroeier sonder stuurman vir mans gewen.
  • Luvo Manyonga het silwer in verspring vir mans gewen.
  • Sunette Viljoen het silwer in spiesgooi vir vroue gewen.
  • Suid-Afrika se sewesrugbyspan wen brons in die toernooi vir mans nadat hulle Japan in die klein finale geklop het.
  • Henri Schoeman wen brons in die driekamp vir mans.

Getal medaljeswysig

Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Blou vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Rooi vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Somerspele 2016 deelgeneem het nie.

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Verenigde State (USA)554463738121
2  Verenigde Koninkryk (GBR)36627231767
3  Volksrepubliek China (CHN)41326182670
4  Rusland (RUS)28219181956
5  Duitsland (GER)42517101542
6  Japan (JPN)3381282141
7  Frankryk (FRA)39510181442
8  Suid-Korea (KOR)20593921
9  Italië (ITA)309812828
10  Australië (AUS)4218111029
13  Brasilië (BRA)46576619
30  Suid-Afrika (RSA)13726210

Verwysingswysig

  1. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  2. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 7 Maart 2018.
  3. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  4. "About Rio 2016 Summer Olympics". Rio 2016 Olympics Wiki (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2020. Besoek op 7 Maart 2018.
  5. "Why Winter Olympics Bypass the Southern Hemisphere - Winter Olympics 2014" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020.
  6. (en) http://www.sascoc.co.za/2016/07/22/wayde-zanele-named-as-sa-flagbearers-at-rio-send-off/ Geargiveer 29 Junie 2018 op Wayback Machine
  7. (nl) Zeven kandidaten voor OS 2016, nu.nl Geargiveer 1 Desember 2022 op Wayback Machine – 14 September 2007
  8. 8,0 8,1 (en) Four cities to compete to host the 2016 Olympic Games
  9. (nl) IOC vraagt kandidaten voor OS 2016, nu.nl Geargiveer 21 Junie 2007 op Wayback Machine – 16 Mei 2007
  10. (en) GamesBids.com Geargiveer 12 Mei 2008 op Wayback Machine – Kandidaatstede vir 2016
  11. "Past Olympic host city election results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  12. (nl) G(h)olf en rugby in 2016 op Spelen, De Volkskrant, 9 Oktober 2009

Eksterne skakelswysig


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media