Olimpiese Somerspele 1896

Spele van die Ie Olimpiade
Olimpiesespele van 1896

Gehou inAthene, Griekeland
Deelnemende lande14 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete241 (241 mans, 0 vroue)[1]
Items43 in 9 sporte[2]
Openingseremonie6 April 1896
Sluitingseremonie15 April 1896
Amptelik geopen deurKoning George I[3]
Atlete-eed(sedert 1920)
Beampte-eed(sedert 1972)
Olimpiese vlam(sedert 1936)
Vorige Spele:
Volgende Spele1900: Parys (Frankryk)

Die Olimpiese Somerspele 1896 (Grieks: Θερινοί Ολυμπιακοί Αγώνες 1896, Therinoí Olympiakoí Agó̱nes 1896), amptelik bekend as die Spele van die Iste Olimpiade, was die eerste moderne Olimpiese Spele. Die Spele is op inisiatief van Baron Pierre de Coubertin gehou en het vanaf 6 tot en met 15 April 1896 in Athene, Griekeland, plaasgevind.[4] Athene is ter herdenking van die antieke Olimpiese Spele gekies.

Die openingseremonie in die Atheense Panathinaiko-stadion

Die Spele is aan Athene toegewys op 'n kongres wat deur De Coubertin in 1894 georganiseer is. Die Internasionale Olimpiese Komitee is ook tydens hierdie kongres gestig.

Die Spele was die eerste sedert die Romeinse keiser Theodosius I die antieke Spele in 393 verbied het, vanweë die heidense oorsprong daarvan.

Daar het 'n totaal van 241 mansatlete uit 14 lande aan hierdie eerste moderne Olimpiese Spele deelgeneem. Deelname was nog nie vir vroue oop nie, maar in teenstelling met die antieke Olimpiese Spele is hulle as toeskouers toegelaat.

Sportewysig

9 Olimpiese sportsoorte in 43 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 122 goue medaljes oorhandig.

Stadionswysig

Demetrius Vikelas, die Internasionale Olimpiese Komitee se eerste voorsitter

Sewe sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1896 gebruik:

StadionSporteKapasiteit
Panathinaiko-stadionAtletiek, Gewigoptel, Gimnastiek en Stoei80 000
Baai van ZeaSwemNie gelys nie
Athens Lawn Tennis ClubTennisNie gelys nie
KallitheaSkyfskietNie gelys nie
MaratonAtletiek, Maraton, FietsryNie gelys nie
Neo Phaliron VelodromeFietsryNie gelys nie
ZappeionSkermsportNie gelys nie

Kalenderwysig

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

   ●   Openingseremonie   ●   Wedstryde   ●   Wedstryde met medaljes   ●   Sluitingseremonie
April6789101112131415
Seremonies
Atletiek● ● ● ● ●● ● ● ● ●● ● ● ● ●
Fietsry● ● ●
Gewigoptel● ●
Gimnastiek● ● ● ● ● ●● ●
Skermsport● ●
Skyfskiet● ● ●
Stoei
Swem● ● ● ●
Tennis● ●
April6789101112131415

Deelnemende nasieswysig

Kaart van deelnemende nasies in 1896:

   Neem vir die eerste keer deel

     Gasheerstad Athene

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het.[5] Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljeswysig

'n Silwermedalje is aan die wenner van elke wedstryd toegeken

Hier is die top elf lande wat medaljes tydens die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Verenigde State (USA)14117220
2  Griekeland (GRE)16910171946
3  Duitse Keiserryk (GER)1965213
4  Frankryk (FRA)1354211
5  Verenigde Koninkryk (GBR)112327
6  Hongarye (HUN)72136
7  Oostenryk (AUT)32125
8  Australië (AUS)12002
9  Denemarke (DEN)31236
10  Switserland (SUI)31203
11  Gemengde span (ZZX)81113
Totaal (11 NOKs)241434336122

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 6 Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  2. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 2 Maart 2018.
  3. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  4. "Past Olympic host city election results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  5. Olympic Games Museum (2011). "Participating Countries – Olympic Games Athens 1896" (in Engels). olympic-museum.de. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2015. Besoek op 22 Mei 2011.

Verdere leesstofwysig

Eksterne skakelswysig


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media