Olga van Kiëf

Olga (Russies: Ольга; Oudnoors: Helga), ook genoem Olga die Heilige (Pskof, 881? – Kiëf, 11 Julie 969), uit die Rjoerik-dinastie was van 945 tot en met 963 regent van Kiëf-Roes. Volgens die Russiese Primêre Kronieke is sy in 879 gebore, maar dit sou beteken dat sy op 65-jarige leeftyd die lewe aan haar seun Swjatoslaf geskenk het.

Olga
Grootprinses van Kiëf
Olga van Kiëf
Olga van Kiëf
BynaamOlga die Heilige
Periode945963
VoorgangerIgor
OpvolgerSwjatoslaf
HuisRjoerik
EggenootIgor
KindersO.a. Swjatoslaf

Olga trou volgens oorlewering in 903 met die toekomstige grootprins Igor van Kiëf. In 945 word Igor deur die Drewljanen-stam vermoor. Sy dood word gewreek met verskeie veldtogte. So word daar glo by Igor se grafheuwel 5 000 Drewljane vermoor en by ander geleenthede word verskeie lede van die stam lewend verbrand. Ook is hul hoofstad, die huidige Korosten, glo afgebrand.

Ná Igor se dood word Olga regentes vir haar seun Swjatoslaf.

Bekeringwysig

Olga is die eerste heerser van Kiëf-Roes wat haar tot die Christendom bekeer. Omstreeks 955 word sy in Konstantinopel gedoop en kry die naam Helena, na keiserin Helena Lecapena. Die seremonies rondom haar doop word in besonderhede beskryf deur keiser Konstantyn VII in sy boek De cerimoniis aulae byzantinae. In 959 vra sy keiser Otto I om ’n biskop te benoem om die kerstening van Kiëf-Roes te bespoedig, maar omdat net die pous ’n biskop kan benoem, word nie aan haar versoek voldoen nie.

In 1547 word sy deur die Russies-Ortodokse Kerk tot heilige verklaar vanweë haar pogings om die Christendom in haar ryk te versprei. Dit was egter haar kleinseun Wladimir wat eindelik die Christendom die amptelike godsdiens van die staat gemaak het.

Toekenningswysig

Twee toekennings is ingestel wat na Olga genoem is. Albei is vir vroue wat ’n besonderse prestasie behaal het:

  • Rusland: Die Orde van die Heilige Apostoliese Prinses Olga (Russies: Орден Святой Равноапостольной Княгини Ольги)
Die orde is in 1914 as militêre orde vir vroue ingestel deur tsaar Nikolaas II, maar het weens die Russiese Rewolusie in onbruik geraak. Dit is uitgereik aan vroue wat ’n besonderse diens gelewer het aan hul medemens in die staatsdiens. In 1988 is die orde opnuut ingestel as kerklike toekenning.
Die orde is op 15 Augustus 1997 ingestel deur die president van die Oekraïne, Leonid Koetsjma, en word toegeken vir besonderse verdienste op die gebied van bestuur, kultuur, wetenskap, nywerheid, die samelewing, liefdadigheid en ander openbare aktiwiteite.

Verwysingswysig

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Olga van Kiev
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media