Oleg van Kiëf

Oleg
Grootprins van Kiëf

Grootprins Oleg die Wyse (Russies: Олег; Oudnoors: Helgi) was die heerser van die Rjoerik-dinastie wat die hoofstad van Roes geskuif het van Nowgorod na Kiëf, en daarmee die magtige Kiëf-Roes gestig het. Hy het vermoedelik van 879 tot 912 regeer.

VorstehuisRjoerik
Regeer879912
BynaamOleg die Wyse
VoorgangersRjoerik (Nowgorod),
Askold en Dir (Kiëf)
OpvolgerIgor
Oleg se soldate rou by sy graf, Wiktor Wasnetsof (1899)

Oleg was ’n familielid van Rjoerik (waarskynlik sy swaer) en Rjoerik het dus die ryk wat hy gestig het, in 879 aan Oleg toevertrou sodat hy as regent vir sy seun Igor kon optree. Oleg het sy mag in die rigting van die Dnjepr-rivier vergroot. Hy het eindelik Kiëf verower en die stad se heersers, Askold en Dir (ook Warangiërs), vermoor. Hy het daarna Kiëf sy nuwe hoofstad gemaak.

Vanuit Kiëf kon hy Konstantinopel in 911 aanval, wat gelei het tot ’n handelsverdrag waaruit albei partye voordeel getrek het. ’n Deel van die teks het behoue gebly in die Primêre Kronieke.

Oleg is waarskynlik in 912 dood. In sowel Staraja Ladoga as Kiëf is daar ’n grafheuwel waar hy na bewering begrawe is.

Verwysingswysig

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Oleg van Kiev
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media