Oktaan

Chemiese verbinding

Oktaan is 'n koolwaterstof en 'n alkaan met die chemiese formule C8H18, en die struktuurformule CH3(CH2)6CH3. Oktaan het 18 strukturele isomere wat verskil deur die hoeveelheid en ligging van vertakking in die koolstofketting. Een van hierdie isomere, 2,2,4-trimetielpentaan (algemeen iso-oktaan genoem), word gebruik as een van die standaardwaardes in die oktaangetal.

Eienskappe

Algemeen

NaamOktaan 
IUSTC-naamOktaan[1]
Struktuurformule van Oktaan
Struktuurformule van Oktaan
Chemiese formuleC8H18
Molêre massa114,232 g•mol-1
CAS-nommer111-65-9  
VoorkomsKleurlose vloeistof  
Reukpetrolagtig[2]
Fasegedrag
Smeltpunt-57,1 tot -56,6 °C
Kookpunt125,1 tot 126,1 °C
Digtheid0,703 g•cm-3
Oplosbaarheid0,007 mg•dm-3 (teen 20 °C) 
Viskositeit0,542 mPa•s (teen 20 °C)[3] 
Termodinamies 
ΔfHɵ−252,1 kJ•mol-1 
ΔcHɵ−4530 kJ•mol-1 
Henry se konstante29 nmol•Pa-1•kg-1 
Warmtekapasiteit225,68 J•K-1•mol-1

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt13 °C 
Selfontbrandingspunt220 °C 
LD50428 mg•kg-1 (oraal, muis)

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie
Hierdie bladsy handel oor die chemiese verbinding. Vir die petrolgraderingstelsel, sien Oktaangetal en Petrol.

Oktaan is 'n komponent van petrol. Soos met alle koolwaterstowwe met lae molekulêre gewig, is oktaan vlugtig en baie vlambaar.

Voorkoms in die natuur en sintesewysig

Oktaan is 'n natuurlike bestanddeel van die grootste paraffienfraksie van ruolie en word ook in natuurlike gas aangetref.[4] Oktaan kan bv. deur middel van 'n multi-stap reaksie vanaf furfuraal gesintetiseer word.[5]

Multi-stap reaksie van furfanaal tot oktaan

Gebruik van die term in petrolwysig

"Oktaan" word in die algemeen gebruik as 'n kort vorm van "oktaangetal", veral in die uitdrukking "hoë oktaan". Die "oktaangradering" is 'n indeks van die vermoë van 'n brandstof om die motorklap teen hoë kompressie te weerstaan, wat kenmerkend is van oktaan se vertakte ketting-isomere, veral iso-oktaan.

Die oktaangetal is oorspronklik bepaal deur brandstof uit slegs heptaan en 2,2,4-trimetielpentaan ('n hoogsvertakte oktaan) te meng en antiklopwaardes van nul aan suiwer heptaan en 100 aan suiwer 2,2,4-trimetielpentaan toe te ken. Die antiklopgradering van hierdie mengsel sal dieselfde wees as die persentasie 2,2,4-trimetielpentaan in die mengsel. Verskillende isomere van oktaan kan bydra tot 'n laer of hoër oktaangradering. Byvoorbeeld, n-oktaan (die reguit ketting van agt koolstofatome sonder vertakking) het 'n -20 (negatiewe) navorsingsoktaangradering, terwyl suiwer 2,2,4-trimetielpentaan 'n navorsingsoktaangradering van 100 het. Sommige brandstowwe het 'n oktaan hoër as 100, veral dié wat metanol, etanol of tetra-etiellood bevat.[6]

Isomerewysig

Oktaan het 18 strukturele isomere (24 insluitend stereoisomere):

Geen sykettingEen sykettingTwee sykettingsDrie sykettingsVier sykettings
  • Oktaan (n-oktaan)
  • 2-metielheptaan
  • 3-metielheptaan
  • 4-metielheptaan
  • 3-etielheksaan
  • 2,2-dimetielheksaan
  • 2,3-dimetielheksaan
  • 2,4-dimetielheksaan
  • 2,5-dimetielheksaan
  • 3,3-dimetielheksaan
  • 3,4-dimetielheksaan
  • 3-etiel-2-metielpentaan
  • 3-etiel-3-metielpentaan
  • 2,2,3-trimetielpentaan
  • 2,2,4-trimetielpentaan*
  • 2,3,3-trimetielpentaan
  • 2,3,4-trimetielpentaan
  • 2,2,3,3-tetrametielbutaan

*(iso-oktaan)

Voorbeelde van isomere van Oktaan
Oktaan
Oktaan 
2-metielheptaan
2-metielheptaan  
2,3-dimetielheksaan
2,3-dimetielheksaan 
2,2,4-trimetielpentaan
2,2,4-trimetielpentaan 
2,2,3,3-tetrametielbutaan
2,2,3,3-tetrametielbutaan  

Verwysingswysig

  1. "octane - Compound Summary". PubChem Compound (in Engels). USA: National Center for Biotechnology Information. 16 September 2004. Identification and Related Records. Besoek op 17 Junie 2021.
  2. "NIOSH Pocket Guide to Chemical Hazards - Octane". CDC (in Engels). 30 Oktober 2019. Besoek op 17 Junie 2021.
  3. Dymond, J. H.; Oye, H. A. (1994). "Viscosity of Selected Liquid n‐Alkanes". Journal of Physical and Chemical Reference Data (in Engels). 23 (1): 41–53. doi:10.1063/1.555943. ISSN 0047-2689.
  4. Clough, S.R. (2014). "Octane". In Wexler, Philip (red.). Encyclopedia of toxicology (in Engels). London, England: Elsevier, Academic Press. pp. 652–654. doi:10.1016/b978-0-12-386454-3.00416-4. ISBN 978-0-12-386455-0. OCLC 878141491.
  5. Malinowski, Artur; Wardzińska, Dorota (2012). "Catalytic conversion of furfural towards fuel biocomponents". Chemik (in Engels) (66): 982–990.
  6. "Octane Number". Petroleum Equipment Institute (in Engels). Besoek op 17 Junie 2021.

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media