Oblast

Oblast (Russies en Oekraïens: область, Wit-Russies: вобласць of вобласьць; Tsjeggies: oblast; Slowaaks: oblasť, Bulgaars: област; Kazachs: облысы of oblısı) is ’n soort deelgebied of administratiewe eenheid in 'n aantal Slawiese lande (Russiese Federasie, Oekraïne, Belarus en Bulgarye) asook Kirgistan en Kasakstan, twee voormalige republieke van die Sowjetunie.

Die woord "oblast" is ’n leenwoord in Afrikaans, maar word ook dikwels vertaal as "gebied", "sone", "provinsie" of "streek". Laasgenoemde vertaling kan misleidend wees, want ’n subdivisie van ’n "oblast" word ’n "rajon" genoem, wat as "streek" of "distrik" vertaal kan word, afhangend van die konteks.

Oblaste van Ruslandwysig

Volgens Rusland se grondwet is oblaste "federale liggame (soebjekti)" van die federasie. Dit is ’n hoër status as die administratiewe eenhede van die Russiese republiek in die tyd van die Sowjetunie. Die federale status gee die oblaste ’n sekere mate van outonomie asook verteenwoordiging in die Federasieraad van Rusland.

Rusland word opgedeel in 85 deelgebiede, waarvan 47 oblaste is:

1. Amoer
2. Archangelsk
3. Astrachan
4. Belgorod
5. Brjansk
6. Tsjeljabinsk
7. Tsjita
8. Irkoetsk
9. Iwanowo
10. Kaliningrad
11. Kaloega
12. Kemerowo
13. Kirof
14. Kostroma
15. Koergan
16. Koersk

17. Leningrad-streek
18. Lipetsk
19. Magadan
20. Moskou-streek
21. Moermansk
22. Nizjni Nowgorod
23. Nowgorod
24. Nowosibirsk
25. Omsk
26. Orenburg
27. Orjol
28. Penza
29. Pskof
30. Rostof
31. Rjazan
32. Sachalin

33. Samara
34. Saratof
35. Smolensk
36. Swerdlofsk
37. Tambof
38. Tomsk
39. Twer
40. Toela
41. Tjoemen
42. Oeljanofsk
43. Wladimir
44. Wolgograd
45. Wologda
46. Woronezj
47. Jaroslawl

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media