Gewone nagreier

(Aangestuur vanaf Nycticorax nycticorax)

Die gewone nagreier is 'n algemene standvoël en besoeker. Die wetenskaplike naam beteken "nagraaf", wat verwys na die spesie se nagtelike gewoontes en die skor kraaiagtige geluid wat dit uiter.

Gewone nagreier
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Nycticorax
Spesie:
N. nycticorax
Binomiale naam
Nycticorax nycticorax
Linnaeus, 1758

Identifikasiewysig

Dit is 'n bonkige reier met 'n kort nek. Die volwassene het 'n kenmerkende swart mus en rug wat by sy wit en grys vlerke en onderkant afsteek. Die agterkoppluime ontbreek soms. Alhoewel volwasse nagreiers na grootrietreiers lyk, verskil die jong voëls deurdat hulle kleiner is, oranje oë en wit kolle aan die punte van die rugvere het. Volwasse voëls het gewoonlik 'n lengte van 56 cm.

Habitatwysig

Hulle kom een-een, in pare of in groepies langs stil rivierlope, damme en strandmere voor. Bedags rus hul en skuil in bome of tussen oewerplantegroei en kom dan teen laat namiddag te voorskyn. Soms is tot 18 voëls bymekaar te sien. Die voël jag veral snags deur stil te staan aan die waterkant. Hulle vang klein vissies, garnale, paddas, klein waterdiertjies en klein soogdiertjies.

Die broeigebiede is vars- en soutwatervleilande oor groot gedeeltes van Noord-Amerika, Europa, Asië, en Afrika. Hulle maak nes in kolonies op platforms van stokke in boomplate of op die grond in beskermde plekke soos eilande of rietbeddings, en lê 3 tot 8 eiers.

Verspreidingwysig

Buite die nesmaaktyd is hulle nomadies. Die Noord-Amerikaanse groep, N. n. hoactli, oorwinter in Meksiko, die suidwestelike Verenigde State, Sentraal-Amerika en die Wes-Indiese Eilande. Die ander groep, N. n. nycticorax, oorwinter in tropiese Afrika, en die suidelike Asië. In die Amerikas kan N. n. nycticorax tot sover as Patagonië gevind word.

Geluidwysig

'n Skor, kraaiagtige gekras.

Fotogalerywysig

Sien ookwysig

Bronnelyswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media