Skootrekenaar

Opvoubare draagbare persoonlike rekenaar vir mobiele gebruik

(Aangestuur vanaf Notaboekrekenaar)

'n Skootrekenaar is 'n rekenaar wat maklik is om rond te dra. 'n Tipiese skootrekenaar kan met behulp van skarniere opgevou (toegeklap) word. Om dit te gebruik kan dit sommer op die skoot oopgeslaan en aangeskakel word. In die praktyk word skootrekenaars egter dikwels op 'n lessenaar of tafel geplaas voordat dit aangeskakel word.

'n Skootrekenaar

'n Skootrekenaar het basies dieselfde komponente as 'n persoonlike rekenaar, maar is afgeskaal om dit kleiner te maak. Dit sluit in: 'n skerm, 'n sleutelbord, luidsprekers en 'n wystoestel (in plaas van 'n muis). Die skootrekenaar het batterye sodat dit mobiel (sonder direkte kragtoevoer) gebruik kan word. Die batterye hou gewoonlik nie lank nie en moet gereeld herlaai word. Anders as by persoonlike rekenaars, is die komponente van die skootrekenaar in 'n enkele (eenstuk) toestel verpak.

Die skootrekenaar kan ook deur middel van 'n koppelstasie aan eksterne komponente soos 'n muis, sleutelbord, skerm, 'n netwerk of 'n drukker gekoppel word. Indien die kragtoevoer aan die koppelstasie gekoppel is, laai die skootrekenaar se battery ook outomaties.

'n Netboek is 'n ligter (en dikwels goedkoper) tipe skootrekenaar.

Geskiedeniswysig

Alan Kay hou sy konsep-weergawe van sy "Dynabook" in 2008 in Kalifornië
Die Epson HX-20, die eerste skootrekenaar, is in 1980 uitgevind en in 1981 bekendgestel

Soos die persoonlike rekenaar in 1971 beskikbaar geword het, het die idee van 'n persoonlike rekenaar wat maklik is om rond te dra binnekort gevolg. Die IBM 5100, die eerste kommersiële beskikbare draagbare rekenaar het in September 1975 verskyn.[1]

Verwysingswysig

  1. IBM 5100 computer. oldcomputers.net. URL besoek op 6 Julie 2009.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media