Noordelike Provinsie (Zambië)

Die Noordelike Provinsie is een van Zambië se nege provinsies en, soos die naam aandui, in die noorde van die land geleë. Dit grens in die weste aan Luapula, in die noorde aan Tanzanië en die Demokratiese Republiek van die Kongo en in die suide aan die Sentrale Provinsie en aan die Oostelike Provinsie.

Die Noordelike Provinsie in Zambië

Die provinsie beslaan 147 106 km² en die geskatte bevolking was in 2000 1 604 388.[1] Die hoofstad is Kasama. Die ander vername dorpe is Mpika, Isoka en Mpulungu.

Toerismewysig

Die Noordelike Provinsie se infrastruktuur vir toeriste is nog redelik swak ontwikkel, maar dit het nietemin talle nasionale parke en wildernisgebiede asook pragtige landskappe. Die gebied kry hoë reënval en het groot riviere en talle mooi watervalle wat uitloop in mere wat Europese ontdekkingsreisigers eeue lank geboei het.[2] David Livingstone, wat onder meer in die provinsie na die oorsprong van die Nyl gesoek het, het juis hier op 1 Mei 1873 aan disenterie en malaria beswyk.[3]

Verwysingswysig

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2012. Besoek op 19 September 2012.
  2. Dooley, Brendan & Plewman, Nicholas, African Advernturer's Guide To Zambia, Struik Publishers (Pty) Ltd, Cape Town, 2000
  3. Gray William, Globetrotter Travel Guide Zambia and Victoria Falls, New Holland Publishers (UK) Ltd, London, 2007
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media