Nieu-Seeland Krieket

Nieu-Seeland Krieket (Engels: New Zealand Cricket, afgekort “NZC”), voorheen bekend as die Nieu-Seelandse Krieketraad (New Zealand Cricket Council, “NZCC”), is die bestuursliggaam wat krieket in Nieu-Seeland beheer en is in Christchurch gesetel. Dit is in 1894 gestig. Sedert 1926 verteenwoordig dit Nieu-Seeland by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n volle lid en ook by IKR Oos-Asië-Pasifiek (ICC East Asia-Pacific).

Nieu-Seeland Krieket
Kenteken van Nieu-Seeland Krieket
Kenteken van Nieu-Seeland Krieket
Engelse naamNew Zealand Cricket
AfkortingNZC
LandVlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
SportsoortKrieket
Stigting27 Desember 1894
Gestig inChristchurch, Nieu-Seeland
Lid vanInternasionale Krieketraad
Aangesluit op31 Mei 1926
Vastelandse beheerliggaamIKR Oos-Asië-Pasifiek
PresidentDebbie Hockley
VoorsitterMartin Snedden
Hoof- uitvoerende beampteDavid White
SetelChristchurch, Nieu-Seeland
Amptelike taalEngels
Amptelike webwerfnzc.nz

Geskiedeniswysig

Die Nieu-Seelandse Krieketraad is op 27 Desember 1894 gestig.[1] Op 31 Mei 1926 het die Nieu-Seelandse beheerliggaam saam met sy Indiese en Wes-Indiese eweknieë volle lede geword van die Imperiale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) wat voorheen slegs uit die Marylebone-krieketklub (MKK) en verteenwoordigers uit Australië en Suid-Afrika bestaan het. Hulle mag dus toetskrieket speel, wat na die belangrikste en vernaamste internasionale krieketwedstryde verwys.[2][3]

Taakwysig

Nieu-Seeland Krieket organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Nieu-Seeland se nasionale seniorkrieketspan vir mans (die Black Caps), vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Nieu-Seeland Krieket verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Nieu-Seelandse span.

Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugkrieket in Nieu-Seeland. Net soos ander krieketlande beskik Nieu-Seeland oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.[4] Nieu-Seeland A is die tweede nasionale span van Nieu-Seeland en van hul wedstryde geniet eersterangse of A-lys-status.

Die beheerliggaam reël ook die plaaslike kompetisies. Die belangrikste krieketligas in Nieu-Seeland is die Plunket Shield in eersterangse krieket (ses spanne), die Ford-trofee in A-lys-krieket (ses spanne) en die Super Smash in T20-krieket (ses spanne).

Nieu-Seeland Krieket organiseer ook gereeld internasionale toernooie. Hulle het al opgetree as gasheer van die krieketwêreldbekertoernooie in 1992 en 2015 (albei saam met Australië). Saam met Australië sal Nieu-Seeland ook die T20I-wêreldbeker 2028 aanbied.[5]

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. (en) "Cricket Conference: Formation of a New Zealand Council". Press. 28 Desember 1894. p. 3. Besoek op 13 Februarie 2024.
  2. (en) "1909–1963 – Imperial Cricket Conference". Internasionale Krieketraad. Besoek op 13 Februarie 2024.
  3. (en) "New Zealand Cricket". Internasionale Krieketraad. Besoek op 13 Februarie 2024.
  4. (en) Martin Williamson (11 Januarie 2006). "The Under-19 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 13 Februarie 2024.
  5. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 13 Februarie 2024.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media