Nico Malan

Dr. Johannes Nicholas Malan (1903–1981), beter bekend as Nico Malan, was 'n Suid-Afrikaanse prokureur, politikus en die administrateur van Kaapland.[1]

Johannes Nicholas Malan

Administrateur van Kaapland
Ampstermyn
28 April 1960 – 1 Junie 1970
Voorafgegaan deurDr. Josias Hendrik Otto du Plessis
Opgevolg deurAndries Hendrik Vosloo

Persoonlike besonderhede
Gebore8 Augustus 1903
Fort Beaufort
Sterf2 April 1981 (op 77)
Politieke partyNasionale Party

Malan is op 8 Augustus 1903 in Fort Beaufort gebore en is op 2 April 1981 in sy geboortedorp oorlede.[2]

Hy word op 28 April 1960 die waarnemende administrateur van die Kaapprovinsie, maar is op 28 April 1960 permanent in die pos aangestel. Na sy aanstelling het hy, ter wille van neutraliteit, sy persoonlike lidmaatskap as 'n dienende lid van die Nasionale Party opgesê. Hy was die administrateur tot 1 Junie 1970, waarna Andries Hendrik Vosloo die leisels by hom oorgeneem het.

Die gedenkplaat in die voorportaal van die Hoërskool Groote Schuur, wat administrateur Malan op 17 Junie 1964 ingewy het.

Op 17 Junie 1964 het hy die nuwe gebou van die Hoërskool Groote Schuur ingewy. Sy vrou het die skoolgebou oopgesluit en hy het die hoeksteen in die voorportaal onthul.

In 1968 is ereburgerskap van Kimberley aan hom toegeken.[1]

Dit was een van Malan se ideale om die eerste skouburg (teaterkompleks) in Suid-Afrika te bou. Sy droom is bewaarheid en die Nico Malan-teater is in 1971 geopen. In Maart 2001 is dit hernoem na die Kunstekaap-teatersentrum, toe Kruik met die Kunstekaap-geselskap vervang is.[3]

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 Hart, R. 2010. Dr J.N. Malan. Now and Then: Newsletter of the Historical Society of Kimberley and the Northern Cape 18(2):7
  2. Ter verdediging van Nico Malan Geargiveer 17 Junie 2015 op Wayback Machine, Die Burger, 6 November 1998
  3. Behou die naam Nico Malan, Die Burger, 11 November 1998
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media