New Hampshire

New Hampshire [nuːˈhæmpʃər] is 'n deelstaat in die Nieu-Engeland-streek van die Verenigde State van Amerika en vernoem na die Suid-Engelse graafskap Hampshire.

Deelstaat New Hampshire
altalt
Vlag van New HampshireSeël
Bynaam(e): The Granite State
alt
Kaart van die Verenigde State met New Hampshire uitgelig
Amptelike taal(e)Engels
Gesproke taal(e)Engels, Frans (3,41%) en Spaans (1,6%)
HoofstadConcord
Grootste stadManchester
Area 46ste in die V.S.
 - Totaal24 217 km2
 - Wydte110 km
 - Lengte305 km
 - Water989 km2
 - % water4,1 %
 - Breedtegraad42°42'N tot 45°18'N
 - Lengtegraad70°36'W tot 72°33'W
Bevolking 42ste in die V.S.
 - Totaal1 316 470
 - Digtheid54,4/km2
20ste in die V.S.
Hoogte 
 - Hoogste puntMount Washington
1 917 m
 - Gemiddeld305 m
 - Laagste puntAtlantiese Oseaan
seevlak
Toetrede tot die Unie 21 Junie 1788 (9de)
GoewerneurChris Sununu (R)
Luitenant-GoewerneurDonna Soucy (D) (Senaatspresident)
WetgewerNew Hampshire Algemene Raad
 - HoërhuisSenaat
 - LaerhuisHuis van Verteenwoordigers
V.S. SenatoreJeanne Shaheen (D)
Maggie Hassan (D)
TydsoneUTC -5 / Somertyd -4
AfkortingsNH US-NH
Webbladwww.nh.gov

New Hampshire was die eerste soewereine staat op die Amerikaanse vasteland toe dit in Januarie 1776 sy onafhanklikheid van Groot-Brittanje verklaar het, asook een van die oorspronklike Dertien Kolonies wat met die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring ses maande later die Verenigde State van Amerika gestig het. New Hampshire was die negende deelstaat wat die Amerikaanse Grondwet bekragtig het en ook die eerste wat sy eie grondwet afgekondig het.

New Hampshire is tans die enigste Amerikaanse deelstaat wat nóg 'n algemene verkoopbelasting (general sales tax, GST) nóg 'n persoonlike inkomstebelsting hef. In politieke opsig staan New Hampshire bekend vir sy voorverkiesing, die eerste in 'n reeks wat in die aanloop tot die vierjaarlikse Amerikaanse presidentsverkiesing in November gehou word.

Die staat se amptelike leuse, Live Free or Die, verskyn ook op die nommerplate van New Hampshire, terwyl sy bynaam The Granite State sowel na sy steengroewe asook sy tradisie van selfgenoegsaamheid verwys.

Die staat grens aan Maine en die Atlantiese Oseaan in die ooste, Vermont in die weste en Massachusetts in die suide. In die noorde is Kanada.

Demografiewysig

New Hampshire is, nes sy buurstate Vermont en Maine, byna heeltemal wit.[1] Die aandeel van die bevolking van New Hampshire wat wit is, staan op 94%. Dit veroorsaak probleme vir migrante, wat alleen en geïsoleer kan voel.[1] Die homogeneïteit van die bevolking van New Hampshire skep ook uitdagings vir die arbeidekonomie, daar dit 'n struikelblok verteenwoordig vir werkgewers wat werknemers van verskillende etnisiteite en kulturele agtergronde wil aanstel.[1] Daar is tans planne om mense van ander rasse- en etniese groepe asook jonger mense na die deelstaat te lok.[1]

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Katharine Q. Seelye (27 Julie 2018). "New Hampshire, 94 Percent White, Asks: How Do You Diversify a Whole State?". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Januarie 2020. Besoek op 17 Julie 2019.

Eksterne skakelswysig

Toerisme

Geskiedenis


Verenigde State van Amerika
StateAlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MeksikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale distrikDistrik Columbia (Washington, D.C.)
EilandgebiedeAmerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
Klein afgeleë eilandeBakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake
Geassosieerde landeGefedereerde State van MikronesiëMarshalleilandePalau
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media