Neurie

Neurie is 'n klank wat gemaak word sonder woorde, deur die mond te sluit en om die klank te dwing om uit die neus te kom. Om te neurie is om 'n klank voort te bring, dikwels met 'n melodie. Dit is ook geassosieer met 'n deurdagte absorpsie, 'hmm'. 'n Neurie het 'n besondere toonkleur (of klank kwaliteit), gewoonlik 'n eentonig met 'n effense verskuiwing in tone.

Meganikawysig

'n[dooie skakel] Kolibrie by 'n blom.

Die neurie klank word geskep deur die resonansie van die lug in die verskillende dele van die kop en keel van die asemhalingskanale. Die neurie klank wat voortebring word die kolibrie (Engels: hummingbird), is met die op en af beweeg van die voël se vlerke wanneer hy in een posisie bly.

Neurie in menslike evolusiewysig

Joseph Jordania het voorgestel dat neurie 'n belangrike rol kon speel in die vroeë menslike ontwikkeling, deurdat hulle na mekaar kon roep op hierdie manier.[1] Baie sosiale diere maak ook onduidelike geluide (die kloek van 'n hoender) terwyl hulle hul daaglikse aktiwiteite onderneem. Hierdie klanke het twee funksies: om die groep die laat weet hulle is veilig en dat daar geen gevaar is nie en om die groep te laat weet dat daar gevaar op pad is. Die dier wat eerste die gevaar raaksien, hou op met beweeg en maak die geluid, die ander diere volg dan die voorbeeld en binnekort is die hele groep stil en bekyk die omgewing vir gevaar. Charles Darwin was die eerste persoon om hierdie verskynsel waar te neem tussen wilde perde en beeste.[2] Joseph Jordania het voorgestel dat vir baie diere stilte 'n teken van gevaar kan wees, en dit is hoekom 'n sagte neurie klank of musiek 'n ontspannende uitwerking het.[3]

Musiekwysig

Neurie word dikwels gebruik in musiek van klassieke musiek tot jazz en R&B.

Verwysingswysig

  1. Jordania, J. (2009). Times to Fight and Times to Relax: Singing and Humming at the Beginnings of Human Evolutionary History. Kadmos, 1, 272–277
  2. Darwin, Charles. (1871). Descent of Men. 2004:123
  3. Jordania, Joseph (2010). Music and Emotions: humming in Human Prehistory (proceedings of the International Symposium on Traditional Polyphony, held in Tbilisi, Georgia in 2008
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media