Neptunus se natuurlike satelliete

Neptunus se mane tel altesaam 14. Verreweg die grootste hiervan is Triton, wat op 10 Oktober 1846 deur William Lassell ontdek is, net 17 dae ná die ontdekking van Neptunus self. Meer as ’n eeu het verloop voordat die planeet se tweede natuurlike satelliet, Nereïde, ontdek is. Neptunus se mane is genoem na goddelike waterwesens in die Griekse mitologie.

Neptunus en sy maan Triton.

Eienskappewysig

Triton is uniek onder mane met planetêre massa: Dit is onreëlmatig omdat dit in die teenoorgestelde rigting as Neptunus draai. Die tweede grootste onreëlmatige satelliet in die sonnestelsel, Saturnus se maan Foibe, is net 0,03% van Triton se massa. Triton is groot genoeg om ’n hidrostatiese ewewig te bereik het. Hy het ’n dun atmosfeer wat wolke en mis kan vorm. Beide die atmosfeer en die oppervlak van die maan bestaan hoofsaaklik uit stikstof met klein hoeveelhede metaan en koolstofmonoksied. Dit lyk of Triton se oppervlak redelik jonk is; dit is waarskynlik die afgelope paar miljoen jaar verander deur inwendige prosesse. Die temperatuur op die oppervlak is sowat 38 K (−235,2 °C).

Binne Triton se radius lê sewe reëlmatige satelliete wat in dieselfde rigting as Neptunus draai en op vlakke lê wat na aan die planeet se ewenaarvlak is. Van hulle lê in die wentelbane van Neptunus se ringe. Die grootste hiervan is Proteus.

Neptunus het ook sewe buitenste, onreëlmatige satelliete, insluitende Nereïde. Die twee heel buitenstes, Psamathe en Neso, het die grootste wentelbane sover bekend van enige natuurlike satelliete in die sonnestelsel.

Namewysig

Triton het nie ’n amptelike naam gehad tot in die 20ste eeu nie. Die naam is voorgestel deur Camille Flammarion in sy 1880-boek Astronomie Populaire,[1] maar dit is nie algemeen gebruik nie tot in die 1930's.[2] Ander mane van Neptunus is ook na goddelike waterwesens genoem, óf na die kinders van Neptunus, die Romeinse god van die see, óf die kinders van Poseidon, sy Griekse eweknie[3] (Triton, Proteus, Despina, Thalassa); of andersins na Griekse waternimfe (Naiade, Nereïde); of na spesifieke Nereïdes (Halimede, Galatea, Neso, Sao, Laomedeia, Psamathe).[3] Die mees onlangs ontdekte maan, Hippokampus, het eers in Februarie 2019 ’n naam gekry – dit is genoem na ’n mitologiese wese wat halfperd en halfvis is.[4]

Neptunus se manewysig

Sleutel

Onreëlmatig, draai saam met Neptunus

Onreëlmatig, draai teen Neptunus se rigting

Die mane word op onderstaande tabel gelys volgens wentelperiodes, van kort tot lank. Onreëlmatige mane word op ’n kleuragtergrond aangedui.

VolgordeRomeinse
nommer
NaamFotoDeursnee (km)Massa
(x1016 kg)
Half-as (km)Wentelperiode
(dae)
Inklinasie
(°)
AfwykingOntdek inOntdekker(s)
1IIINaiade
66
(96 × 60 × 52)
1948 2270,2944,6910,00031989Voyager-span
2IVTalassa
82
(108 × 100 × 52)
3550 0740,3110,1350,00021989Voyager-span
3VDespina
150
(180 × 148 × 128)
21052 5260,3350,0680,00021989Voyager-span
4VIGalatea
176
(204 × 184 × 144)
21261 9530,4290,0340,00011989Voyager-span
5VIILarissa
194
(216 × 204 × 168)
46073 5480,5550,2050,00141981H. Reitsema, W. Hubbard, L. Lebofsky en D.J. Tholen
6XIVHippokampus
34,8≈ 5105 2830,9360,0640,00052013Showalter et al.[5]
7VIIIProteus
420
(436 × 416 × 402)
4 400117 6461,1220,0750,00051989Voyager-span
8ITriton
2 705,2 ± 4,8
(2 709 × 2 706 × 2 705)
2 140 800
± 5200
354 7595,877156,8650,00001846W. Lassell
9IINereïde
340 ± 502 7005 513 818360,1367,0900,75071949G.P. Kuiper
10IXHalimede
~621616 611 0001 879,08112,7120,26462002M. Holman, J. Kavelaars, T. Grav, W. Fraser en D. Milisavljevic
11XISao~44622 228 0002 912,7253,4830,13652002M. Holman, J. Kavelaars, T. Grav, W. Fraser en D. Milisavljevic
12XIILaomedeia~42523 567 0003 171,3337,8740,39692002M. Holman, J. Kavelaars, T. Grav, W. Fraser en D. Milisavljevic
13XPsamathe
~40448 096 0009 074,30126,3120,38092003S.S. Sheppard, D.C. Jewitt en J. Kleyna
14XIIINeso~601549 285 0009 740,73136,4390,57142002M. Holman, J. Kavelaars, T. Grav, W. Fraser en D. Milisavljevic

Verwysingswysig

  1. Flammarion, Camille (1880). Astronomie populaire (in Frans). p. 591. ISBN 2-08-011041-1.
  2. "Camile Flammarion" (in Engels). Hellenica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2016. Besoek op 18 Januarie 2008.
  3. 3,0 3,1 "Planet and Satellite Names and Discoverers". Gazetteer of Planetary Nomenclature (in Engels). USGS Astrogeology. 21 Julie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2009. Besoek op 6 Augustus 2006.
  4. Showalter, M. R.; de Pater, I.; Lissauer, J. J.; French, R. S. (2019). "The seventh inner moon of Neptune" (PDF). Nature. 566 (7744): 350–353. doi:10.1038/s41586-019-0909-9.
  5. "Hubble Finds New Neptune Moon" (in Engels). Space Telescope Science Institute. 15 Julie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2016. Besoek op 15 Julie 2013.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media