Nepotisme

Nepotisme of baantjies vir boeties is gegrond op die begunstiging of voortrekkery van familielede in verskeie velde, insluitend besigheid, politiek, vermaak, sport, godsdiens en ander bedrywighede.

Die term het ontstaan uit die aanstelling van neefs – broers- en susterskinders – deur Katolieke pouse en biskoppe.

Oorsprongwysig

Die term kom van die Italiaanse woord nepotismo,[1][2] wat gegrond is op die Latynse grondwoord nepos, wat neef beteken.[3] Sedert die Middeleeue en tot die einde van die 17de eeu het sommige Katolieke priesters en biskoppe, wat 'n eed van kuisheid geneem het en dus nie wetlike kinders van hul eie kon hê nie, aan hul broers- of susterskinders posisies van voorkeur gegee wat pa's soms aan hul seuns sal toestaan.[4]

Etlike pouse het hul neefs en ander familielede na kardinaalskap bevorder. Sulke aanstellings was dikwels 'n manier om 'n pouslike "vorstehuis" te laat voortbestaan.[5] Pous Callixtus III, die hoof van die Borgia-familie, het byvoorbeeld twee van sy neefs kardinale gemaak; een van hulle, Rodrigo, het later sy posisie as 'n kardinaal gebruik as 'n stap na die pousdom, en pous Alexander VI geword.[6] Alexander het daarna Alessandro Farnese, sy minnares se broer, na kardinaal bevorder; Farnese het later pous Paul III geword.[7]

Paul III het hom byvoorbeeld ook skuldig gemaak aan nepotisme en twee neefs, 14 en 16 jaar oud, as kardinale aangestel. Die gebruik is uiteindelik gestaak toe pous Innocent XII die pouslike verordening Romanum decet Pontificem in 1692 uitgevaardig het. Die verordening het pouse te alle tye verbied om nalatenskap, ampte of geld aan enige familielid te skenk, met die uitsondering dat op die meeste een geskikte familielid 'n kardinaal gemaak kan word.[8]

Baantjies vir boeties in Afrikaans is selfverduidelikend. Baantjie is afkomstig uit Nederlands en verwys na 'n amp, betrekking of posisie.[9]

Die skrywer Jochem van Bruggen gebruik in Die springkaanbeampte van Sluis (1933) die bewoording:

Daar kom nou honderde baantjies en hoë betrekkings oop om vir nefies en boeties 'n groot salaris te gee; om vir vriende wat losloop, uit die werk uit geraak het, bankrot gespeel het, 'n luilekker-lewe te gee! Julle regering verkwis....!’

In Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging (1939) word ook deur P.C. Schoonees in sy resensie van C.J. Langenhoven se Sonde met die Bure (1921) gestel: "Die politieke kreet ‘baantjies vir boeties’ verskaf die skrywer 'n humoristiese motief."[10]

Soortewysig

In politiekwysig

Nepotisme is 'n algemene beskuldiging in politiek wanneer 'n familielid van 'n magtige persoon opgang maak na soortgelyke mag sonder oënskynlik die nodige bevoegdheid. Die Britse uitdrukking "Bob's your uncle" het blykbaar sy oorsprong daarin toe Robert Arthur Talbot Gascoyne-Cecil, die derde markies van Salisbury, sy neef Arthur Balfour bevorder het tot die hooggeagte pos van hoofsekretaris van Ierland, wat algemeen beskou is as 'n daad van nepotisme.[11]

In organisasieswysig

Nepotisme kan ook in organisasies voorkom, wanneer 'n persoon aangestel word vanweë sy familiebande. Dit word gewoonlik beskou as oneties, aan die kant van sowel die werkgewer as die werknemer.

In indiensnemingwysig

Nepotisme by die werk kan beter geleenthede by die werk beteken, wanneer 'n persoon die werk kry of meer betaal word as ander gelykstaande mense.[12] Daar is argumente uit te maak vir en teen indiensneming vanweë 'n familieband, wat veral voorkom in klein familiebesighede. Aan die een kant kan nepotisme stabiliteit en deurlopendheid verskaf. Kritici daarvan verwys na studies wat wys dat die moraal en verbintenis van werknemers wat nie familie is nie verswak,[13] en 'n algemene negatiewe houding inneem teenoor hoë posisies wat deur nepotisme gevul word. 'n Artikel in die tydskrif Forbes lui: "Daar is geen leer om te klim as die boonste sport bespreek is vir mense met 'n sekere van nie."[14] Sommige besighede verbied nepotisme as 'n etiese aangeleentheid en beskou dit te lastig en ontwrigtend.

In vermaakwysig

Naas nasionale politiek word beskuldigings van nepotisme gemaak in gevalle waar voortrekkery op die oog af deur familielede gemaak is, byvoorbeeld in hierdie gevalle:

  • Peaches Geldof se rol as tydskrifredakteur in 'n MTV-werklikheidsreeks – wat vervaardig is deur 'n maatskappy wat besit word deur haar pa, Bob Geldof.[15]
  • Tori Spelling se eerste groot rol in die TV-reeks Beverly Hills 90210 vanweë haar pa, Aaron Spelling, se betrokkenheid by die reeks.
  • Hollywood se Coppola-familie sluit baie vooraanstaande rolprentmakers en akteurs in. Die loopbane van Sofia Coppola, Nicolas Cage en Jason Schwartzman word toegeskryf aan die hulp van die regisseur Francis Ford Coppola, wat sy dogter Sofia in die rolverdeling van The Godfather Part III ingesluit het.[16][17] Cage het sy van verander om hom van sulke beskuldigings te distansieer.[18]

Nog voorbeelde volgens landewysig

Australiëwysig

Anna Bligh, wat die Queensland-verkiesing in 2009 gewen het, is beskuldig van nepotisme nadat sy haar man, Greg Withers, aangestel het as die hoof van die Kantoor van Klimaatsverandering.[19]

Kort na sy aanstelling as Anglikaanse aartsbiskop van Sydney in 2001, is Peter Jensen in 'n onderhoud met die Australiese Uitsaaikorporasie beskuldig van nepotisme nadat hy sy broer Phillip Jensen as dekaan van Sydney aangewys het en sy vrou, Christine Jensen, in 'n hoë pos in die Sydney-bisdom aangestel het.[20]

Belgiëwysig

Oor die afgelope dekade het kritiek toegeneem oor die skep van politieke voorstehuis in België, waarin al die tradisionele politieke partye in België betrokke is. Hierdie verskynsel word verklaar deur die feit dat vooraanstaande partylede die rangorde van die kandidate op die partylyste vir verkiesings bepaal. 'n Kandidaat se plek op die lys bepaal of hy of sy verkies word. Nog 'n regverdiging vir die verskynsel is dat die herken van name belangrik is om stemme te verwerf.[21]

Beskuldigings van nepotisme is gemaak toe Bruno Tobback, die seun van die senator en voormalige minister Louis Tobback, in 2005 die Belgiese federale regering se minister van pensioene en die omgewing geword het op 35-jarige ouderdom.[22] Daar is ook die voorbeeld van Maya Detiège, die dogter van 'n voormalige burgemeester van Antwerpen Leona Detiège, wat self die dogter is van 'n oudburgemeester van Antwerpen, Frans Detiège. Nog 'n voorbeeld is oudminister Freya Vandenbossche en senator Jean Jacques De Gucht, wat onderskeidelik die dogter en seun is van die oudminister Luc Vandenbossche en die oudminister Karel De Gucht.

Kambodjawysig

Die eerste minister, Hun Sen, en senior lede van die parlement is ook daarvoor bekend dat hulle familielede help om regeringsaanstellings te kry. In die parlementêre verkiesing van 2013 was ten minste agt kandidate seuns van hoë amptenare in die Kambodjiaanse Mense-party.[23] Al die seuns het verloor, maar is daarna in hoë poste in die regering aangestel.

Chinawysig

Vir die afgelope 3,000 jaar was nepotisme algemeen in die China se kultuur wat gegrond is op stamme en uitgebreide families. Confucius het geskryf van die belangrikheid om "kinderlike piëteit" te balanseer met meriete. Die stamgegronde feodale stelsel het in Confucius se leeftyd in duie gestort, maar nepotisme bestaan tot vandag toe.[24][25] Zhang Hui se loopbaan is glo aangehelp deur die tussentrede van sy oom, Li Jianguo, ondervoorsitter en sekretaris-generaal van die National People’s Congress. Hui is op 32-jarige ouderdom aangewys as die jongste lid en sekretaris van Jining se munisipale vaste komitee.[26]

Frankrykwysig

In Oktober 2009 sou Jean Sarkozy, die tweede oudste seun van die president, Nicolas Sarkozy, die direkteur geword het van die EPAD-owerheid al het hy nie naskoolse kwalifikasie of professionele ervaring gehad nie.[27] In 2008 is hy ingestem as streekraadslid van Neuilly-sur-Seine, die dorp waarvan sy pa voorheen burgemeester was.[28]

Indiëwysig

Korrupsie gaan hand aan hand met nepotisme in Indië. Dit gebeur in sowel regerings- as private werksgeleenthede. Nepotisme kom algemeen voor in politiek, sake en die rolprentbedryf. Dit gebeur selfs in godsdienstige groepe, die kunste, nywerhede en ander soorte organisasies. Baie lede van die parlement en wetgewende vergadering het 'n generasies-lange erflating van nepotistiese toewysing van kiesafdelings aan familielede.

Roemeniëwysig

Die Romeense kommunistiese diktator Nicolae Ceaușescu se familielede het die land dekades lank "oorheers".[29][30] Elena Băsescu, die dogter van president Traian Băsescu, is in 2009 tot die Europese parlement verkies, al het sy geen noemenswaardige professionele of politieke ervaring gehad nie.[31]

Singapoerwysig

Singapoer se regering is al dikwels van nepotisme beskuldig, met etlike lede van die eerste minister se familie wat hoë poste het. Die familielede ontken dit elke keer sulke beskuldigings.[32]

Spanjewysig

Juan Antonio Samaranch Salisachs, die seun van Juan Antonio Samaranch, president van die Internasionale Olimpiese Komitee van 1980 tot 2001, was lid van die komitee sedert 2001, en sy dogter, Maria Teresa Samaranch Salisachs, is president van die Spaanse Federasie van Sport of Ys sedert 2005.[33]

Nepotisme het ook voorgekom in Spaanse Koloniale Amerika toe hoë poste aan familielede gegee is.[34]

Sri Lankawysig

Die voormalige president van Sri Lanka, Mahinda Rajapaksa, is beskuldig van nepotisme nadat hy drie broers aangestel het as ministers, en ander politieke werke aan familielede gegee het, ongeag hul meriete. Gedurende sy presidentskap was die Rajapaksa-familie die ministers van finansies, verdediging, hawens en lugvaart en snelweë en padontwikkeling. Die president se broer, Gotabhaya Rajapaksa, het die pos van verdedigingsekretaris gekry. Hy het ook die weermag, die polisie en die kuswag beheer. Rajapaksa het sy broer Basil Rajapaksa as minister van ekonomiese ontwikkeling aangestel. Saam het die Rajapaksa-broers 70% van Sri Lanka se begroting beheer.[35][36]

Brittanjewysig

In Februarie 2010 het sir Christopher Kelly, voorsitter van die Komitee vir Standaarde in die Openbare Lewe, gesê meer as 200 parlementslede het hul parlementêre toelae gebruik om hul familielede in 'n verskeidenheid poste aan te stel. Hy het voorgestel dat die gebruik verbied word.[37]

In 2005 het raadslid Ann Reid van York gereël dat al nege stelle verkeersligte op die roete in York na haar dogter Hannah se troue na groen oorgeskakel word vir die konvooi van vyf motors. Gevolglik het dit hulle net 10 minute geneem om deur die stad te ry.[38]

Verenigde Statewysig

Sowat 30 familielede van president Ulysses S. Grant het finansieel voordeel geput uit regeringsaanstellings en indiensneming.[39]

John F. Kennedy het sy swaer Sargent Shriver aangestel as die eerste direkteur van die Vredesmag en sy broer Robert F. Kennedy as prokureur-generaal.[40]

Nepotisme word ook in die NBA toegepas met die Philadelphia 76ers se voorsitter van basketbalbedrywighede, Jerry Colangelo, wat sy seun Bryan Colangelo aangestel het as hoofbestuurder sonder om verder te soek vir 'n geskikte kandidaat.[41]

Op 9 Januarie 2017 het die destydse aangewese president, Donald Trump, sy skoonseun Jared Kushner aangestel as 'n senior raadgewer aan die president, wat tot sowel etiese as regsvrae gelei het oor die aanstelling.[42] Hy het daarna, op 29 Maart 2017, aangekondig dat sy oudste dogter, Ivanka Trump, ook 'n werknemer van die Withuis word.

Venezuelawysig

Dit is bekend dat Venezuela se president van die parlement, Cilia Flores, hom aan nepotisme skuldig maak. Nege poste in die parlement is deur Flores se familielede gevul, insluitend 'n skoonma, tante, drie broers/susters, 'n niggie en haar ma, en twee neefs.[43][44][45]

Zimbabwewysig

President Robert Mugabe berei sy vrou, Grace Mugabe, na bewering voor om die volgende president te word wanneer hy uiteindelik sy amp neerlê.[46] Die visiepresident, Joice Mujuru, is voorheen beskou as die gunsteling-opvolger vir Mugabe.[47]

Verwysingswysig

  1. "Nepotism."
  2. "In Praise of Nepotism: A Natural History". Adam Bellow Booknotes interview transcript (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2010. Besoek op 10 September 2013.
  3. "Article nepos". CTCWeb Glossary (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2000. Besoek op 10 September 2013.
  4. "Article Nepotism". New Catholic Dictionary (in Filippyns). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2013. Besoek op 12 Julie 2007.
  5. Gianvittorio Signorotto (21 Maart 2002). Court and Politics in Papal Rome, 1492–1700. Cambridge University Press. pp. 114–116. ISBN 978-1-139-43141-5. Besoek op 20 Junie 2013.
  6. http://www.newadvent.org/cathen/01289a.htm.
  7. http://www.newadvent.org/cathen/11579a.htm.
  8. Anura, Gurugé (16 Februarie 2010). The Next Pope. Anura Guruge. p. 115. ISBN 978-0-615-35372-2. Besoek op 20 Junie 2013.
  9. etymologiebank.nl s.v. baantje
  10. P.C. Schoonees. § 3. Satiries-humoristiese Verhale. In: Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
  11. From Aristotelian to Reaganomics: A Dictionary of Eponyms With Biographies in the Social Science, by R. C. S. Trahair, Greenwood Publishing Group, 1994, page 72.
  12. http://www.safeworkers.co.uk/nepotismatwork.html.
  13. http://www.insideindianabusiness.com/contributors.asp?id=1625.
  14. Kneale, Klaus. "Is Nepotism So Bad?" (in Engels). Forbes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 20 Junie 2013.
  15. http://www.sundaymirror.co.uk/showbiz/showbiznews/2008/03/16/peaches-geldof-bags-tv-reality-show-as-magazine-editor-98487-20353319/.
  16. http://www.hollywood.com/news/EXTRA_Nepotism_in_the_Directors_Chair/312221.
  17. http://spiritof1976.livejournal.com/338603.html.
  18. Nicolas Cage – imdb biography
  19. Houghton, Des (2008-06-28).
  20. http://www.abc.net.au/am/stories/s728866.htm.
  21. http://www.telegraaf.nl/buitenland/3376470/__Politiek_Belgie_is_familiezaak__.html?p=7,1.
  22. http://www.ipe.com/magazine/tobback-making-his-mark_17630.php#.UcPF2ZzgUoI.
  23. http://www.phnompenhpost.com/2013050665421/National/sons-of-the-party-anointed.html.
  24. http://www.scmp.com/news/china/article/1548234/high-level-officials-monopolise-party-promotion-mechanism-study-finds.
  25. Bellow, Adam (13 Julie 2004). In Praise of Nepotism. Knopf Doubleday Publishing Group. pp. 89–92. ISBN 978-1-4000-7902-5. Besoek op 21 Junie 2013.
  26. http://www.theepochtimes.com/n2/china-news/politburo-member-accused-of-nepotism-325972.html.
  27. "Poll shows majority against job for Sarkozy's son" (in Engels). Reuters.com. 16 Oktober 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2009. Besoek op 6 Maart 2011.
  28. http://dalje.com/en-world/sarkozys-son-climbs-new-rung-on-political-ladder/156683.
  29. Bellow, Adam (13 Julie 2004). In Praise of Nepotism. Knopf Doubleday Publishing Group. ISBN 978-1-4000-7902-5. Besoek op 20 Junie 2013.
  30. Behr, Edward (21 Mei 1991). Kiss the hand you cannot bite: the rise and fall of the Ceauşescus. Villard Books. p. 175. ISBN 978-0-679-40128-5.
  31. "Search on Elena Băsescu nepotism". Zaire.com. Besoek op 21 Junie 2013.
  32. "Singapore's Lee Family and Nepotism". Asia Sentinel (in Engels). 24 Februarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2019.
  33. "La larga carrera de un hombre polifacético". El País (in Spaans). 21 April 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2011.
  34. Alan R. Freitang, Ashli Quesinberry Stokes (22 Desember 2008). Global Public Relations: Spanning Borders, Spanning Cultures. Routledge. p. 208. ISBN 978-1-134-06129-7. Besoek op 20 Junie 2013.
  35. "A war strange as fiction". The Economist (in Engels). 7 Junie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2017.
  36. http://www.atimes.com/atimes/South_Asia/LK11Df02.html.
  37. "Ban on MP spouse jobs 'essential'". BBC News. 17 Februarie 2010. Besoek op 27 Augustus 2011.
  38. Stokes, Paul (18 Oktober 2005). "Councillor turns lights green for daughter's wedding". The Telegraph (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 9 Desember 2011.
  39. Salinger, Lawrence M. (2005). Encyclopedia of white-collar & corporate crime, Volume 2. pp. 374–375. ISBN 978-0-7619-3004-4.
  40. Jeffrey M. Elliot (1 September 2007). The PresidentialCongressional Political Dictionary. Wildside Press LLC. p. 88. ISBN 978-1-4344-9140-4. Besoek op 20 Junie 2013.
  41. http://www.crossingbroad.com/2016/04/reports-nepotism-to-replace-sam-hinkie-as-sixers-gm.html.
  42. Yuhas, Alan (10 Januarie 2017). "Trump names son-in-law Jared Kushner as senior adviser, testing anti-nepotism law". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
  43. Emmanuel, Adetula (6 April 2011). The Naked Truth. Xlibris Corporation. p. 71. ISBN 978-1-4568-8753-7. Besoek op 20 Junie 2013.
  44. Simon, Romero (18 Februarie 2007). "Chávez family dogged by nepotism claims". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2017. Besoek op 20 Junie 2013.
  45. http://buscador.eluniversal.com/2008/07/08/pol_ava_cilia-flores-niega-i_08A1777279.shtml.
  46. http://www.telegraph.co.uk/news/worldnews/africaandindianocean/zimbabwe/11201716/Mugabe-accused-of-bedroom-coup-as-he-prepares-his-wife-for-presidency.html.
  47. JR ASAP BEATZ,ASAP PRESS
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media