Nedbank

Nedbank Groep Beperk (JSE: NED Geargiveer 10 Desember 2007 op Wayback Machine) of beter bekend as Nedbank is een van die vier groot banke van Suid-Afrika, alhoewel dit egter een van die nuutste banke is om plaaslik geïnkorporeer te word. Sy hoofkantoor is in Johannesburg en sy markkapitalisasie bedra R136 miljard op 31 Desember 2018. Nedbank het 7,9 miljoen kliënte met R826 biljoen se deposito's en R1,044 miljard se bates.[1]

Nedbank
TipeOpenbare Maatskappy
Gestig1888
HoofkantoorJohannesburg, GautengSuid-Afrika
SleutelpersoneMichael William Thomas Brown (hoof- uitvoerende beampte)
Raisibe Morathi (hoof finansiële beampte)
Mfundo Nkhulu (hoofbedryfsbeampte)
Vassi Naidoo (voorsitter van die raad)
Gebied bedienSuid-Afrika, Mauritius, Malawi, Zimbabwe, Namibië, Mosambiek, Lesotho, Eswatini, Man (eiland), Guernsey, Jersey en LondenVerteenwoordigende tak in Dubai
IndustrieBankwese
ProdukteFinansiële dienste
InkomsteR31,8 miljard (2012)
Werknemers+31 227 (2018)
Slagspreuk"Make things happen"
Webwerfwww.nedbank.co.za

Geskiedeniswysig

Historiese foto van die Nedbankgebou in Cullinan in 1908. Dié gebou word steeds gebruik
Nedbankgebou in Kaapstad

Die bank is oorspronklik in 1888 gestig in Amsterdam as die Nederlandsche Bank en Credietvereeniging voor Zuid-Afrika en in dieselfde jaar is 'n kantoor in Pretoria geopen. 18 jaar later, in 1906, het die bank uitgebrei met die opening van 'n tak in Londen. In 1951 word die Suid-Afrikaanse tak selfstandig en onder die naam Nederlandse Bank in Suid-Afrika Beperk geïnkorporeer. Die hoeveelheid Suid-Afrikaanse aandeelhouers het aansienlik toegeneem en in 1969 word die maatskappy 100 persent Suid-Afrikaans nadat die Bank Mees en Hoop 20 persent van die aandele gekoop en nog dieselfde jaar weer verkoop het.

In 1992 is die naam van die bank verander na Nedcor Bank Beperk, waarvan Nedbank die grootste afdeling was. In 1992 smelt Syfrets, UAL en Nedbank Investment Bank saam om Nedcor Investment Bank (NIB) te vorm. Ou Mutual, Nedcor se houermaatskappy, het demutualiseer en is in 1999 op die Londense aandelebeurs gelys. Dit word 'n samestelling van die FTSE 100-indeks. Nedbank bekom die Man-eiland en Jersey se private bankbesigheid van Robert Fleming & Kie in 2001.

Die nuwe Nedcor Groep word op 1 Januarie 2003 gevorm, en kombineer Nedcor, BoE, Nedcor Investment Bank en die Kaap van Goeie Hoop Bank in een wettige entiteit. Die Nedcor Groep is hernoem tot die Nedbank Groep op 6 Mei 2005. Die Nedbank-hoofkantoor is in Sandton, Suid-Afrika.

In Augustus 2009 koop Nedbank die oorblywende 49.9% van Imperial Bank en sedertdien word Imperial Bank ten volle besit deur Nedbank.[2]

Op 26 September 2018 het Ou Mutual aangekondig dat hulle hul meerderheidsaandeel in Nedbank gaan ontbondel aan aandeelhouers, met 'n totale markwaarde van R43,2 miljard wat ontbondel is. Ou Mutual se 52% aandeel is verminder na 19,9% wat deur Ou Mutual Lewensassuransie Maatskappy van Suid-Afrika Beperk (OMLACSA) besit word.[3]

Aandeelhouerskapwysig

Aandeelhouerskap op 28 Junie 2019[4]
Aandeelhouer / Bestuurder van aandeleHoeveelheid aandeleJun 2019 % houerskap
Ou Mutual Lewensassuransie Maatskappy van Suid-Afrika Beperk (OMLACSA) en vennote (Sluit in fondse wat names ander begunstigdes bestuur word)111 328 92324,48
Nedbank Groep tesourie aandele15 858 2223,19
BEE trusts6 527 8531,31
Nedbank Namibië Beperk47 5120,01
Nedbank Groep (2005) beperk en ooreengestemde-aandeleskemas9 282 8571,87
Openbare Beleggingskorporasie (SA)51 790 90310,42
Coronation Fondsbestuurders32 585 4986,56
BlackRock (Internasionaal)19 010 2903,82
Allan Gray Beleggingsraad17 966 4303,61
Die Vanguard Groep15 366 9873,09
GIC Batebestuur (Edms) Beperk12 796 7262,57
Lazard Batebestuur (Internasionaal)12 721 7912,56
Dimensional bate-adviseurs (VSA, VK en Aus)9 734 2601,96
Sanlam Beleggingsbestuur9 708 0451,95

Sien ookwysig

Verwysingswysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media