Ndola

Ndola is die derde grootste stad in Zambië naas Lusaka en Kitwe, wat dit eers in die laaste verbygesteek het. Dit is 'n handels- en verspreidingsentrum vir die provinsie Koperstreek, waarvan dit ook die hoofstad is. Die geskatte bevolking was 482 310 in 2009. In 1959 was die totaal 79 400, waarvan 9 200 blankes was en in 1965 85 700, waarvan 10 400 blankes was.

Ndola
Straat in Ndola se stadskern.
Straat in Ndola se stadskern.
Ndola is in Zambië
Ndola
Ndola
Koördinate: 12°58′0″S 28°38′0″O / 12.96667°S 28.63333°O / -12.96667; 28.63333Koördinate: 12°58′0″S 28°38′0″O / 12.96667°S 28.63333°O / -12.96667; 28.63333
LandVlag van Zambië Zambië
ProvinsieKoperstreek
Bevolking
 • Totaal774 757
TydsoneUTC+2 (SAST)
Lughawe in Ndola

Die stad is sowat 40 km oos van die Kafuerivier geleë, op die hoofspoorlyn uit die suide en die aansluiting vir die spoorlyn tussen die Koperstreek en die Demokratiese Republiek van die Kongo.

'n Bestuursraad is in 1927 ingestel waarna Ndola munisipale status in 1932 verwerf, wat dit die tweede oudste munisipaliteit in die land maak.

Die staatsbeheerde dagblad die Times of Zambia word in die stad uitgegee.

Toerismewysig

Drie lugrederye gebruik Ndola se internasionale lughawe, waaronder Zambian Airways en die Suid-Afrikaanse Lugdiens.[1] Daar is regstreekse vlugte na Lusaka, Johannesburg, Dar-es-Salaam en Lubumbashi. Die stad het vyf hotelle, waaronder die New Ambassador, New Savoy, Michelangelo, Mukuba en Skyways.[2] Besienswaardighede is onder meer die Slaweboom waar Swahili-handelaars byeen gekom het om slawe te koop en verkoop en die Dag Hammarskjöld-gedenkteken. Die Copperbelt Museum huisves enkele voorwerpe uit die steentydperk, mineraalmonsters, uitstallings oor die antieke en moderne kopermynbou en plaaslike kunsvlyt.[3]

Bronnewysig

  • Dooley, Brendan & Plewman, Nicholas, African Advernturer's Guide To Zambia, Struik Publishers (Pty) Ltd, Cape Town, 2000.
  • Gordon-Brown, A., The Year Book and Guide to Southern Africa, Howard Timmins, Cape Town, 1965.

Verwysingswysig

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 November 2009. Besoek op 6 Desember 2009.
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2010. Besoek op 15 Desember 2009.
  3. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2010. Besoek op 15 Desember 2009.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media