Naruhito

Keiser van Japan

Naruhito (in Afrikaans ook gespel as Naroehito; Japannees: 皇太子徳仁親王, Kōtaishi Naruhito Shinnō; gebore op 23 Februarie 1960 in Tokio, Japan) is die huidige keiser (天皇 tennō?) van Japan, en die 126ste keiser volgens Japan se tradisionele opvolgingsorde.[1] Soos in Japan gebruiklik is, word hy tydens sy bewind nie op sy geboortenaam Naruhito genoem nie, maar "keiserlike majesteit" (天皇陛下, tennō heika) of "Sy huidige majesteit" (今上陛下, kinjō heika).[2] Sy posthume naam sal Keiser Reiwa (令和天皇, Reiwa Tennō) wees, sy regeringstyd sal ná sy afsterwe as die Reiwa-tydperk (令和時代, Reiwa jidai) bekend staan.[3] Hy het die Krisanttroon in 2019 bestyg en is die enigste heersende monarg wat die titel keiser dra.[4]

Naruhito
Keiser van Japan
Kroonprins Naruhito in 2023
DinastieKeiserlike Huis van Japan
Bewind1 Mei 2019hede
Kroning22 Oktober 2019
Inhuldiging1 Mei 2019
Volle naamNaruhito (徳仁)
Gebore23 Februarie 1960 (1960-02-23) (64 jaar oud)
Keiserlike Huishoudelike Agentskap-hospitaal, Keiserlike Paleis, Tokio, Japan
VoorgangerKeiser Heisei
GadeKeiserin Masako
KindersAiko
VaderKeiser Heisei
MoederKeiserin Michiko
Standaard van die Japannese Keiser, tans Naruhito

Naruhito is die oudste seun van Keiser Akihito en Keiserin Michiko, wat hom die erfgenaam van die Krisanttroon gemaak het. Naruhito is op 23 Februarie 1991, sy 31ste verjaarsdag, amptelik as Kroonprins van Japan aangewys. Sy titel in sy kinderjare was Prins Hiro (浩宮, Hiro-no-miya).

Akihito het op 8 Augustus 2016 sy abdikasie vir 30 April 2019 aangekondig. Vervolgens is Naruhito, Akihito se oudste seun, op 1 Mei 2019 ingehuldig. Naruhito se bewind staan bekend as Reiwa (令和, "mooi harmonie"). Naruhito is Japan se eerste keiser wat na die Tweede Wêreldoorlog gebore is.[5][6] Die kroningseremonie volgens Sjintoïsme (即位の礼, Sokui no Rei) het op 22 Oktober 2019 plaasgevind.[7]

Verwysingswysig

  1. (en) Nussbaum, Louis-Frédéric (2002). Traditional order of Tennō. pp. 962–963. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  2. "Members of the Order of the Garter" (in Engels). The British Monarchy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2019.
  3. "National Day of Japan to be celebrated" (in Engels). Embassy of Japan in Pakistan. 7 Desember 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Januarie 2009. Besoek op 28 Desember 2007.
  4. "Naruhito: Japan's new emperor pledges to be symbol of unity" (in Engels). BBC. 1 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2020. Besoek op 22 Oktober 2019.
  5. Enjoji, Kaori (1 Desember 2017). "Japan Emperor Akihito to abdicate on April 30, 2019". CNN (in Engels). Tokio. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020. Besoek op 22 Oktober 2019.
  6. Kyodo, Jiji (3 Desember 2017). "Japan's publishers wait in suspense for next era name". The Japan Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2019. Besoek op 22 Oktober 2019.
  7. "What to watch at the Emperor's enthronement ceremonies" (in Engels). NHK. 18 Oktober 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2019. Besoek op 22 Oktober 2019.

Eksterne skakelswysig

Voorafgegaan deur
Keiser Heisei
126ste Tennō
2019–hede
Opgevolg deur
Ampsbekleër
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media