Nanotegnologie

Nanotegnologie is die manipulasie van materie op ’n atomiese en molekulêre skaal. Die vroegste, algemeen gebruikte beskrywing van nanotegnologie[1][2] het verwys na die manipulasie van atome en molekules vir die vervaardiging van produkte op ’n makroskaal (waarna nou ook as molekulêre nanotegnologie verwys word). ’n Breër beskrywing is later opgestel deur die National Nanotechnology Initiative wat dit nou definieer as die manipulasie van enige deeltjes in die grootteorde van nanometers (afkorting nm, ’n miljardste van ’n meter).

Dit dek dus nou ’n baie wye veld wat in verskeie soorte wetenskap gebruik word, soos oppervlakwetenskap, organiese chemie, molekulêre biologie, mikrovervaardiging, ens.[3] Die toepassing daarvan is ewe uiteenlopend.

Wetenskaplikes debatteer tans oor die toekomstige implikasies van nanotegnologie. Baie nuwe materiale kan daarmee geskep word soos medisyne, elektronika en biomateriale. Aan die ander kant word baie vrae daaroor gevra nes oor enige ander nuwe tegnologie, soos oor die vlakke van giftigheid en die uitwerking daarvan op die omgewing.[4] Baie mense voel bogenoemde faktore regverdig spesiale maatreëls om nanotegnologie te reguleer.

Verwysingswysig

  1. Drexler, K. Eric (1986). Engines of Creation: The Coming Era of Nanotechnology. Doubleday. ISBN 0-385-19973-2.
  2. Drexler, K. Eric (1992). Nanosystems: Molecular Machinery, Manufacturing, and Computatin. New York: John Wiley & Sons. ISBN 0-471-57547-X.
  3. Saini, Rajiv; Saini, Santosh; Sharma, Sugandha (2010). "Nanotechnology: The Future Medicine". Journal of Cutaneous and Aesthetic Surgery. 3 (1): 32–33. doi:10.4103/0974-2077.63301. PMC 2890134. PMID 20606992.
  4. Cristina Buzea, Ivan Pacheco, and Kevin Robbie (2007). "Nanomaterials and Nanoparticles: Sources and Toxicity". Biointerphases. 2 (4): MR17–71. doi:10.1116/1.2815690. PMID 20419892.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media