NG gemeente Wellington-Noord

Die NG gemeente Wellington-Noord is ‘n gemeente in die Wes-Kaap Sinode.

NG kerk Wellington-Noord.

Op 11 April 1957 word die nuwe NG Gemeente Wellington-Noord by ‘n plegtige geleentheid in die Moederkerk van Wellington deur die Ringskommissie as gestig verklaar en lewer ds. W.A. Landman ‘n treffende rede.

Op 9 April 1957 deel die Voorsitter, ds. Moolman die vergadering mee dat die Ringskommissie die kerkraadslede van Wellington-Noord benoem het en ook bepaal het wie vir een jaar en wie vir twee jaar moet dien.

Aangesien daar nou ernstig met fondsinsameling ‘n begin gemaak moet word, word die eerste gemeentebaaar op 19 Junie 1957 gehou, en lewer ‘n bedrag van R 2136 op.

Op Vrydag, 12 September 1958, by ‘n plegtige geleentheid, word die eerste sooi gespit en op 8 November 1958 vind die hoeksteenlegging plaas. Mnr H. Sikkel is die argitek. Mnr J.D.J. Brand van Worcester was die Boumeester. ‘n Lidmaat van die gemeente het aangebied om die kansel gratis te bou. Diaken C.J. Carstens skenk die hoeksteen. Die Joodse gemeenskap skenk die kerkklok. Die plaaslike volkspelelaer bied aan om die doopvont te skenk.

Baie aandag word geskenk aan besluite rakende bou en ameublement van die kerk met besparing as deurslaggewende faktor.

Teen die einde van Augustus 1959 is almal hard aan die organiseer vir die groot geleentheid, nl die inwyding wat dan ook op ‘n luisterryke wyse op Saterdagoggend 2 September geskied en voortgesit word met die belydenisaflegging van nuwe lidmate dieselfde aand. Nadat ds. Moolman ‘n kort aanddiens gehou het, word die verrigtinge afgesluit met ‘n orreluitvoering, solo- en koorsang.

Die kerkraad van Wellington-Noord wou ‘n kerk in ‘n taamlik konserwatiewe styl hê, sodat dit kan pas in die historiese omgewing van die Wagenmakersvallei met sy Hugenote tradisie. Hieraan het die argitek tot groot hoogte uitvoering gegee.

Die agthoekige toring met sy brons spits, kan uit alle rigtings van ver gesien word, aangesien die kerk op ‘n hoë bult gebou is. Die geheelindruk van die gebou is sterk Goties. Hiertoe dra veral die vorm van die deure en vensters by. Die vensters is eenvoudig, maar baie treffend deur ‘n Italiaanse firma met fyn steenwerk versier. Om die kerk is ‘n lae muurtjie van siersteen en staalpype gebou.

Die stadsraad het gesorg dat alle strate rondom die kerk geteer word, en daar is ruim parkeerplek.

Reg agter die preekstoel is ‘n sierlike paneel in die Gotiese boogvorm. Die boogrand is met housneewerk in ‘n wingerdmotief versier deur die beeldhouer Mitford-Barberton. Op die boog self verskyn die woorde: “Ek is die wynstok, en julle die lote.”

Die pragtige gekleurde loodglasvensters, ook in die Gotiese boogvorm, dra ook veel by tot die kerk se atmosfeer.

Die preekstoel, ander kerkmeubels en paneelwerk is deurgaans gemaak van ligte eikehout, afgewerk met donkerder mahonie.

Die uurwerk van die toringhorlosie is in ‘n stofdigte glasomhulsel binne die kerktoring gehuisves en word met gewigte aangedryf. Die enkele brons kerkklok van byna ‘n halwe ton, is net onder die toring spits.

Dit was nie ‘n maklike saak vir die destydse kerkraad van Wellington om, na baie jare, hoegenaamd te besluit op die verdeling van die gemeente van wyle dr. Andrew Murray nie.

Maar toe die skeiding in 1957 onherroeplik plaasvind het die gemoedere verander.

Die vroue het ‘n fondsinsamelingsveldtog van stapel gestuur om die orrel te betaal.

Uitstaande herinneringe staan in verband met die matelose offervaardigheid, die ruim bydraes van ryk en arm, die hartlike samewerking en ‘n aansteeklike geesdrif het in die gemeente geheers.

Vir die pastoriegesin, ds. D.T. du P. Moolman, en vir die gemeente was die afskeid ‘n hartseergeleentheid op 24 Julie 1960.

Predikantewysig

  • Daniel Theodorus du Plessis Moolman, 1957 – 1960
  • Albertus Meyer Robertson, 1961-1967
  • Willem Carel van der Merwe, 1968 – 1971
  • Daniel Albertus du Toit, 1971 – 1973
  • Charl Francois Marais, 1971 – 1975
  • Pieter Bekker 1975 – 2002
  • Francois Jacobus Human 2002 – hede

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media