NG gemeente Maltahöhe

NG gemeente Maltahöhe is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Namibië. In 2010 het die gemeente 143 belydende lidmate gehad en het ds. Gert Peens dit volgens ooreenkoms saam met die NG gemeente Bethanie bedien. Teen 2012 het dié getal skerp afgeneem tot net 96 en was ds. Sarel Visser Maltahöhe se pastorale hulp.

Ds. Hendrik Rudolph Cilliers, eerste leraar van Maltahöhe van 1948 tot 1952.
Ds. Pieter Jacobus van Jaarsveld, leraar van 1969 tot 1977. Dié foto is in 1952 geneem toe hy leraar was van die NG gemeente Grootrivier (Karos).

Die gemeente is op 26 Oktober 1946 afgestig van die moedergemeente van al die gemeentes in Suidwes-Afrika, die Gibeon. As lede van die Ringskommissie van Gibeon, waaronder die nuwe gemeente sou ressorteer, was by die stigting teenwoordig di. S.H. van der Spuy, J.R. Holzapfel en J.T, Potgieter. Met sy stigting het Maltahöhe, buiten die hele distrik met dieselfde naam wat meer as 30 000 km² beslaan het, ook 'n deel van Rehoboth ingesluit. Ondanks die groot oppervlak was die lidmaattal maar 260.

So dankbaar was die lidmate dat hul eie gemeente gestig kon word, dat hulle op die stigtingsdag £840 as besondere dankoffer gestort het. Nadat sewe beroepe onsuksesvol uitgebring is, het ds. H.R. Cilliers van Tierberg, late Parow-Oos, nadat hy vir die tweede maal beroep is, hom die beroep laat welgeval. Hy is op 31 Januarie 1948 as eerste leraar bevestig en het die volgende dag na aanleiding van Hand. 10:7 sy intreepreek gelewer: "Kyk, ek kom - om u wil, o God, te doen."

Die gemeente het, voor die kerkgebou opgerig is, 'n kerksaal op die dorp besit, waarvan die hoeksteen op 24 Augustus deur eerw. Leonard gelê is, terwyl nog twee kerksale in die distrik gebou is. 'n Doeltreffende pastorie is op 6 Julie 1950 ingewy. Teen 1950 het die lidmate tot 330 toegeneem.

Enkele leraarswysig

  • Hendrik Rudolf Cilliers, 1948 - 1952, eerste leraar
  • Gert Stephanus Burgers, 1953 - 1958
  • Gert Andries Johannes Jacobs, 13 Maart 1965 - 1969
  • Pieter Jacobus van Jaarsveld, 1969 - 1977
  • Erich Dürr Botha, 1977 - 1981
  • Franz Johannes Wilhelm Gottschalk, 1981 - 1982
  • George Frederick de Bruyn, 19 Augustus 1983 - 1986 (waarna NG gemeente Deben)

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media