NG gemeente Kemptonpark

Die NG gemeente Kemptonpark is die moedergemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Oos-Randse stad Kempton Park.Kempton Park het sedert die stigting van die eerste NG gemeente in 1943 geweldig gegroei sodat die stad tans (2015), ten spyte van die inlywing van Kemptonpark-Wes by Edleen en Esselenpark by Birchleigh-Noord, steeds 14 NG gemeentes het, naas die moedergemeente: Kempton-Hoogland, Kempton-Krag, Kempton-Kruin, Kemptonpark, Kemptonpark-Noord, Kemptonpark-Oos, Kemptonpark-Suid, Birchleigh, Birchleigh-Noord, Norkempark, Mooifontein, Bonaeropark, Edleen en Riebeeckpark. Die stad se naam word as twee woorde geskryf, maar die NG gemeentes wat dié naam bevat, as een.

Die kerkgebou by Kemptonweg 8, Kempton Park.
Ds. J.M. Louw, tweede leraar van Boksburg, van 1898 tot 1939, het Kempton Park bearbei toe dit nog deel was van die moedergemeente.
Ds. H.J. van Niekerk, leraar van 1970 tot 1975.

Stigtingwysig

Die gemeente Kemptonpark is in Junie 1943 met 'n ledetal van 620 afgestig van Boksburg, die ou moedergemeente van die Oos-Rand wat ongelukkig nie meer bestaan nie. Jare lank het ds. J.M. Louw, baanbreker van sy Kerk aan die Oos-Rand, ook hierdie omgewing as buitewyk van sy gemeente getrou bearbei, maar ná sy heengaan het dit ál meer selfstandig begin word.

Reeds in 1940 is die hoeksteen van 'n doelmatige kerksaal deur mev. ds. Louw gelê, en hierdie gebou het die gemeente tot 1949 gedien, toe 'n sierlike kerk in Monumentweg verrys het. Presies 'n jaar ná die stigting van die nuwe gemeente is sy eerste leraar in die persoon van ds. R.M. de Villiers verwelkom. Dit het toe reeds duidelik geword dat hier 'n snelle ontwikkeling voor die deur was: nywerhede was aan die kom, sowel as die Jan Smuts Internasionale Lughawe (nou die O.R. Tambo Internasionale Lughawe) wat in die toekoms deur 'n personeel van 3 000 bedien sou word. Dan was dit die aangewese omgewing vir menige jong beginners wat binne maklike bereik van die stadskantoor 'n eie huis wou bou of kleinplasie wou aanskaf.

Vroeg in 1949 is Kemptonpark-Oos, in samewerking met Benoni-Noord, al afgestig, dog ten spyte hiervan is dr. F.D. Moorrees kort daarna as medeleraar beroep om die steeds groeiende gemeente te help bearbei. 'n Heuglike dag was dit vir die gemeente toe sy kerkgebou op 1 Oktober 1949 ingewy is.

In 1951 berig Ons gemeentelike feesalbum: “Binne enkele jare is die ledetal verdubbel en nog groei die getalle, sodat Kempton Park oor 'n vyf of ses jaar, as gemeente van die NH of G Kerk, omring sal wees van selfstandige gemeentes Kempton Park-Oos, Kempton Park-Noord, Kempton Park-Suid en Kempton Park-Wes. So sien ons hierdie vroeër so stille, landelike dorpie op die grens van die Rand ál meer tot 'n belangrike stadsgemeente ontwikkel.” Dié voorspelling het meer as waar geword.

Enkele leraarswysig

  • R.M. de Villiers
  • Franciscus Dionysius Moorrees, 1949 – 1959 (aanvaar sy emeritaat)
  • Hendrik Jonathan van Niekerk, 1970 – 1975

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media