NG gemeente Chubut

Die NG gemeente Chubut was ’n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Argentinië en die enigste gemeente van dié kerkverband in die Amerikas.

Die NG kerk Chubut in Sarmiento, Argentinië.
In dié huis in Chubut het ds. Jacobs dienste gehou in toe hy leraar van die gemeente was van 1907 tot 1911.
In dié winkel in Chubut het ds. Jacobs ook eredienste waargeneem.

Agtergrondwysig

Ná die Tweede Vryheidsoorlog het talle Afrikaners in Transvaal en die Vrystaat nie kans gesien om hul lewe uit die puin van die stryd te herbou en dit boonop as onderdane van die veroweraar nie. So het ’n groot groet na Oos-Afrika getrek, maar ’n kleiner groep ook na Argentinië waar hulle gaan woon het in die dorre Patagonië. In Mei 1906 besluit die Kaapse Kerk om leraar te vra om die uitgeweke Afrikaners in Rhodesië, Duits-Suidwes-Afrika, Portugees-Oos-Afrika en Argentinië te besoek.

Ds. Jacobs se bedieningwysig

Die moderatuur het ds. A.J. Jacobs gekry om vir ’n jaar na Sarmiento, Chubut te gaan. Eers het hy komm. D.M. Bresler in die Kordilleras besoek en daarna oor land gegaan deur die woeste dorsland genaamd Patagonië gegaan onderweg na die Afrikaners in Chubut. Sy reis van Kaapstad na Chubut het altesaam ongeveer ses maande geduur.

Op 14 Februarie 1907 het lede van sowel die NG as die Gereformeerde Kerk in Chubut saamgekom om die leraar te ontvang en enige ouderlinge en diakens te benoem. Die ouderlinge was C.P.H. Myburgh (vroeë van Lady Grey in die Kaapkolonie). P.H. Henning (vroeër van die Gereformeerde kerk Burgersdorp, Kaapkolonie) en Tjaart van der Walt (Gereformeerde kerk Johannesburg, Fordsburg, Transvaal). Van die 195 belydende lidmate by die stigting van die gemeente het 34 uit die Gereformeerde Kerk gekom.[1]

Hoewel buitengewone moeilikhede aan die werk verbonde was, het dit goed gegaan tot baie Afrikaners hul plaas verkoop en óf dieper die land ingetrek óf na Suid-Afrika teruggekeer het. ’n Aansienlike getal het wel in Chubut gebly. Met hulle gaan dit, volgens Ons Kerk Album van 1917, “naar het tijdelike uitstekend” (met ander woorde hulle het vooruitgeboer).

In Februarie 1911 keer ds. Jacobs terug na sy vaderland met ’n vrou (die dogter van ouderling P.H. Henning met wie hy in die verre land getroud is) en twee seuntjies. Ds. Jacobs was daarvan oortuig dat “die arbeid van die Kerk in die vreemde geweste nie sonder seën vir ons geloofsgenote was nie, en ook ’n gunstige indruk op die … die Argentyne … gemaak het”. Hy word in 1912 leraar van die NG gemeente Amsterdam in Oos-Transvaal, maar tree in 1915 uit diens van die NG Kerk. Hy is voor 1947 oorlede, maar die datum van sy oorlye is onbekend.

Herstigtingwysig

Die immigrante het hulle ná ds. Jacobs se vertrek op die Nederlandse Gereformeerde Kerk in Buenos Aires beroep. Die predikant van dié klein gemeente in die hoofstad was ds. A.C. Sonneveldt wat, op versoek van die twee Afrikaanse gemeentes, die Afrikaners besoek en omgesien het na hul afsonderlike behoeftes. Hy het hulle die eerste maal in 1913 besoek en die jaar daarop ’n beroep van albei gemeentes se kerkraad ontvang. Daarna het hy dié rol met groot toewyding twee maal per vanuit die hoofstad vervul. Die noue samewerking tussen die twee gemeentes het voortgeduur tot 1925 toe die NG gemeente die Kaapse Kerk versoek het om beter bearbeiding. Dit het daartoe gelei dat ds. A.D. Lückhoff die land nog in daardie jaar besoek het. In 1927 het ds. J.A. Hurter besoek aan Argentinië afgelê en van 1928 tot 1931 het ds. J.J. Wasserfall die gemeente bedien. Hy is opgevolg deur di. H.J. Piek en later ds. J.S. Klopper. In al die jare is die Gereformeerde gemeente steeds getrou deur ds. Sonneveldt bedien. In 1936 het die Gereformeerde Kerk in die Kaapprovinsie ds. Dirk Postma na Argentinië gestuur, waar hy gebly het tot vroeg in 1937.

Die Kaapse Kerk het blykbaar besluit dat die gemeente Chubut met die vertrek van ds. Jacobs outomaties ontbind het, want met die koms van ds. J.J. Wasserfall in 1928 is die gemeente herstig en die eerste keer ingelyf by die Kaapse Kerk. Hy het in 1931 reeds terugkeer na die Unie en leraar van die gemeente Excelsior in die Vrystaat geword.

Die Gereformeerde Kerk het ook ’n gemeente in Argentinië gehad waarvan ds. Johannes Marthinus Opperman leraar was van 1951 tot 1953. Ds. Dirk Postma, seun van Martinus, het per geleentheid ’n reis na Chubut onderneem en hom beywer vir die repatriasie van die Afrikaners wat hulle ná die Tweede Vryheidsoorlog daar gaan vestig het. Hy het jare lank ’n omvangryke briefwisseling met geloofsgenote gevoer, ook buite Suid-Afrika.

Leraarswysig

  • Andreas Johannes Jacobs, 1906–1911
  • Jacob Johannes Wasserfall, 1928–1931
  • Hendrik Johannes Piek, 1933–1935
  • Jan Stephanus Klopper, 1935–1937

Bronnewysig

  • (en) Krüger, D.W. (1972). Potgieter, D.J. (red.). Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Kaapstad: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
  • (nl) Maeder, G.A.; Zinn, Christian (1917). Ons Kerk Album. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt.
  • Olivier, P.L. (1952). Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.

Verwysingswysig

  1. (af) Strauss, Piet (2014). "Hoofstuk 4: Vier Afrikaanse Gereformeerde kerke in die twintigste eeu". Gereformeerdes onder die Suiderkruis 1652-2011 – die verhaal van vier Afrikaanse kerke. Bloemfontein: SUN MeDIA. p. 49. Besoek op 29 Augustus 2015.

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media