Mulungushi-universiteit

Mulungushi-universiteit (Engels: Mulungushi University) op die Zambiese myndorp Kabwe is in Januarie 2008 opgerig as die land se derde openbare universiteit naas die Universiteit van Zambië in Lusaka en die Koperstreek-universiteit in Kitwe. Die land het ook minstens vyf privaat universiteite, met 'n sesde, Katolieke universiteit wat in 2009 in die vooruitsig gestel is.

Mulungushi-universiteit

Tipe:Openbare universiteit
Ligging:Kabwe, Sentrale Provinsie, Zambië
Kampus:verskeie kampusse
Webtuiste:mu.ac.zm

Hoewel net duisend studente in 2008 geregistreer het, word daar verwag dat die getal registrasies teen 2018 die 10 000-kerf sal haal. Die universiteit wil projekte aanpak wat inkomste kan skep en ook vennootskappe sluit tussen die privaat en openbare sektor. Eersgenoemde sluit die bevordering van die Mulungushi Rock as toeriste-trekpleister, belegging op die aandelebeurs in Lusaka (die LuSE) en die oprigting van 'n privaat radiostasie in. Die vennootskappe behels privaat sektor belegging in studenteverblyf, vervoerdienste, 'n kafeteria, kommersiële boekwinkel op die kampus en ander handelsake in.

Twee kampusse was in 2009 in aanbou: die dorpskampus in die hartjie van Kabwe waar die Zambia Railways Training School voorheen gesetel was en die hoofkampus op die oewer van die Mulungushirivier, 26 km noord van die dorp.

Bronwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media