Mos

Mosse is klein plante wat selde hoër as 10 cm groei. Mos groei gewoonlik in digte trosse of matte in klam plekke of in skaduwee. Dit groei op bome, rotse, vrot hout en grond. Veenmosse versamel in neerslae wat verskeie honderd meter dik kan wees.[1] Mosplante, kom in die meeste landhabitatte voor en kan soms die dominante plantvorm wees.[2] Moskolonies is belangrike elemente van talle ekostelsels, van die toendra tot die tropiese reënwoud. Mosse help om gronderosie te bekamp, water en voedingstowwe op te vang, verskaf beskutting vir mikrofauna en dien as kwekerye vir saailinge.[3]

Mos
Tydperk: 370–0 m. jaar gelede
"Muscinae" uit Ernst Haeckel se Artforms of Nature, 1904
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Bryobiotina
Filum

Mosse het nie blomme of wortels nie en hulle eenvoudige blare bedek dun, draadagtige stingels. Met tye produseer mosse spoorkapsules wat as snawelvormige kapsules kan verskyn wat deur dun stingels omhoog gehou word.Mosse is 'n plantegroep wat 'n belangrike deel vorm van die huidige kennis aangaande die ewolusie van lewe, in sy oorskakeling van water na land. Die groen blaaragtige uitloopsels (gametofiete) behou sommige van die eienskappe van die groenalg-voorouers, maar die naaldagtige uitloopsels wat spore produseer vertoon deurslaggewende vernuwings vir lewe buite water, soos huidmondjies, 'n eenvoudige string geleidende selle en spore wat in 'n enkele apikale kapsule (sporangium) geproduseer en deur die lug versprei word.[3]

Naas blomplante en varings is mosse die mees diverse plantegroep met meer as 10 000 spesies in 700 genera.[4]

Vier divisies of filawysig

Mosse en varings op 'n boom in die Noordweste van die VSA.

Botanies gesproke is mosse nievaatplante. Hulle kan onderskei word in vier groepe[5] wat vandag die status van divisie of selfs fila[6] kry.

  • Anthocerotophyta
  • Bryophyta
  • Marchantiophyta
  • Langiophyta

Die blaarmosse Bryophyta verskil van die oënskynlik soortgelyke lewermosse (Marchantiophyta of vroeër Hepaticae) en die horingblad (Anthocerotophyta) deur hulle meersellige risoïede.[7] Ander verskille is nie universeel vir alle mosse en alle lewermosse nie, maar die teenwoordigheid van duidelik onderskeibare "stingels" en "blare", die gebrek aan diep gelobte of gesegmenteerde blare en die gebrek aan blare wat in drie range gerangskik is, dui almal aan dat 'n plant 'n mos is.

Die divisie (of filum) Bryophyta het voorheen nie net mosse ingesluit nie, maar ook lewermosse en horingblad. Die ander twee briofietgroepe word nou baie keer in hulle eie divisies (of fila), Marchantiophyta (vroeër Hepatophyta) en Anthocerophyta, geplaas.[8][9]

Habitatwysig

Mos wat in die beskutting van die groeiringe van 'n stomp groei.
Mos op 'n rots.

Mosse word hoofsaaklik in vogtige plekke met lae ligvlakke in baie gebiede in die wêreld aangetref. Mosse is volop in beboste gebiede en op die rante van strome. 'n Paar spesies is geheel en al akwaties, soos Fontinalis antipyretica, en ander soos Sphagnum spp word in moerasse, veenlande en baie stadig bewegende waterweë aangetref. Sulke akwatiese of semi-akwatiese mosse kan baie langer wees as die normale lengtes van mosse wat op droë grond aangetref word. Individuele plante van 20 - 30 cm lank is byvoorbeeld algemeen in Sphagnum spesies. Mosse word ook in krake tussen plaveiklippe in klam stadstrate aangetref. Sommige tipes is baie goed tot stedelike omstandighede aangepas en word wêreldwyd in stede op mure en ander mensgemaakte voorwerpe aangetref. Van die spesies is self bestand teen moderne stedelike probleme soos suurreën.[10]

Waar ook al hulle voorkom benodig mosse vog om te oorleef as gevolg van die klein grootte en dunheid van die weefsel, gebrek aan opperhuid (wasagtige bedekking wat waterverlies verhoed), en die vereiste vir water om bevrugting te bewerkstellig. Party mosse kan uitdroging oorleef en ná 'n paar ure van rehidrasie weer lewendig word.

In suidelike breedtegrade sal die suidelike kante van bome meer mos ophê as elders. Daar word algemeen aanvaar dat dít gebeur as gevolg van die gebrek aan voldoende watervoorsiening vir voortplanting aan die kant van bome waar die son meer skyn. Noord van die ewenaar is die omgekeerde die geval. In digte bosse, waar sonlig nie deurdring nie, groei mosse ewe goed rég rondom 'n boomstam.

Verbouingwysig

Japannese mostuin naby Kyoto.
Jong sporofiet van die common hair cap moss (Polytrichum commune).

Mos word soms as 'n onkruid in grasperke beskou, maar dit word doelbewus in Japannese tuinbou aangemoedig om te groei onder estetiese beginsels. In baie ou tempeltuine vorm mos 'n tapyt in 'n woudtoneel. Een van die beste voorbeelde is die mostuin by Saiho-ji in Kyoto met 120 verskillende soorte mos wat onder die welige bome floreer.[11] Daar word geglo dat mos 'n gevoel van kalmte, ouderdom en stilte aan 'n tuin bring.

Reëls vir die verbouing van mos is nie algemeen gevestig nie. Mosversamelings is baie keer begin deur wilde monsters oor te plant. Dit kan egter baie moeilik wees om sommige spesies weg van hulle natuurlike habitat te onderhou (met die unieke kombinasie van lig, vogtigheid, beskutting van die wind, ensovoorts).

Die groei van mos van spore is selfs meer uitdagend. Mosspore reën voortdurend op blootgestelde oppervlaktes neer – die oppervlaktes wat geskik is vir sekere mosspesies sal tipies binne 'n paar jaar van blootstelling aan wind en reën deur daardie mos gekoloniseer word. Materiale wat poreus is en vog behou, soos baksteen, hout, en sekere growwe betonmengsels is mosgunstig. Oppervlaktes kan ook met suur stowwe, insluitend karringmelk, jogurt, urine, en versigtig fyn gemaakte mos, water en egte heide-kompos voorberei word.

'n Verbygaande gier in die laat 19de eeu het gelei tot die vestiging van mosserye in baie Engelse en Amerikaanse tuine. Die mossery is gewoonlik uit belatte hout gebou met 'n plat dak, oop aan die noorde kant (om skadu te bewaar). Mosvoorbeelde is in die krake tussen die houtlatte geïnstalleer. Die hele mossery is dan gereeld natgemaak om groei te handaaf.

Gebruike van mossewysig

Daar is 'n aansienlike mark vir die versameling van wilde mos. Die gebruik van ongeskende mos is hoofsaaklik in die bloemistehandel, kerskranse en ander tuisversiering. Vergane mos in die genus Sphagnum is ook die hoofkomponent van veen, wat ontgin word beide as 'n grond bymiddel en vir gebruik in die rook van mout in die vervaardiging van Skotse whisky. Daar is toenemende kommer in dele van die wêreld waar die handel aan die groei is dat beduidende omgewingskade deur die aktiwiteite van kommersiële mosoesers aangerig kan word. In Ierland en die Verenigde Koninkryk loop veenlande die gevaar om te verdwyn. Dit neem tot 25 jaar vir 'n veenland wat geoes is om te herstel.[12] In Skotland is veenmos selfs al deur dwelmhandel en ander georganiseerde misdaadbendes versamel vir verkoop aan tuinsentrums met ernstige gevolge vir natuurgebiede in Skotland.[13]

In die Tweede Wêreldoorlog is mos as 'n soort pleister gebruik vir soldate se wonde. Sommige vroeë mense het dit ook as babadoeke gebruik as gevolg van die hoë absorbsievermoë.

In die plattelandse dele van die Verenigde Koninkryk is Fontinalis antipyretica tradisioneel gebruik om brande te blus aangesien dit in groot hoeveelhede in stadigbewegende riviere aangetref kan word en die mos groot volumes water kon bevat wat met die uitdoof van vlamme gehelp het.

Mosse en lewermosse is goeie aanduiders van ekologiese toestande. Sekere watermosse is by voorbeeld goeie merkers vir kalsium en ander voedingstowwe in water. Sommige biofriete groei slegs in spesifieke pH bande en kan dus as 'n meting van grond se pH-waarde gebruik word. Sommige mosse dui weer op die teenwoordigheid van spesifieke minerale. Merceya Mielichhoferia elongata en M. mielichhoferia staan byvoorbeeld as kopermosse bekend omdat hulle in koperryke grond groei. Verder is mosse goeie aanduiders van suurreën en lugbesoedling aangesien hulle meer sensitief daarvoor is as vaatplante.[14]

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. The Canadian Encyclopedia Geargiveer 27 Augustus 2008 op Wayback Machine:, Moss Geargiveer 30 September 2007 op Wayback Machine, besoek op 4 Augustus 2007
  2. The Ohio State University Geargiveer 17 Mei 2006 op Wayback Machine:, BRYOPHYTA Geargiveer 6 Februarie 2013 op Wayback Machine, besoek op 4 Augustus 2007
  3. 3,0 3,1 Efrain De Luna, Angela E. Newton en Brent D. Mishler: The Tree of Life Web Project (ToL), Bryophyta – Mosses Geargiveer 15 Augustus 2007 op Wayback Machine, besoek op 4 Augustus 2007
  4. University of California Museum of Paleontology, Introduction to the Bryophyta – The Mosses, besoek op 4 Augustus 2007
  5. Volgens Alexander Doweld (2001) Schmid, Rudolf (2004). "Review". Taxon. 53 (1): 231–32. Besoek op 11 Julie 2023.
  6. "Bryobiotina". WFP Plantlist.
  7. The University of the West Indies Geargiveer 6 Augustus 2007 op Wayback Machine Department of Biological and Chemical Sciences Cave Hill Campus – Barbados Geargiveer 12 Julie 2007 op Wayback Machine, THE BRYOPHYTES Geargiveer 24 Augustus 2007 op Wayback Machine, besoek op 4 Augustus 2007
  8. Tomas Hallingbäck and N. G. Hodgetts, Mosses, Liverworts, and Hornworts: Status Survey and Conservation Action Plan for Bryophytes, Published 2000, The World Conservation Union (IUCN), ISBN 2-8317-0466-9
  9. University of Hawai‘i – BOTANY, Botany 201 Lab-Hepatophyta, Anthocerophyta & Bryophyta, besoek op 4 Augustus 2007
  10. Shercoda G. Smaw and Raymond L. Petersen, The Bryologist, http://www.bioone.org/perlserv/?request=get-document&doi=10.1639%2F0007-2745(2005)108%5B0236%3AEOSRAC%5D2.0.CO%3B2 Effects of Simulated Rain and Cement Amendments on Protonematal Growth of the Urban Moss, Bryum capillare, in Culture], besoek op 5 Augustus 2007
  11. The Yamasa Institute [1] Geargiveer 14 Mei 2006 op Wayback Machine Japan Travel Guide – Saiho-ji, besoek op 6 Mei 2006
  12. Sierra Club: Gather no moss? - peat moss and the environment Geargiveer 27 September 2004 op Wayback Machine. Besoek op 6 Mei 2006.
  13. The Scotsman Gangs steal moss to fund crime. Besoek op 6 Mei 2006
  14. D K Saxena and Harinder Uses of Bryophytes, RESONANCE, 2004, Afgelaai op 5 Augustus 2007

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media