Morné Steyn

Morné Steyn (gebore in Bellville, 11 Julie 1984) is 'n Springbokrugbyspeler wat vir die Blou Bulle as losskakel (no. 10) gespeel het in die Curriebeker en die Bulls in Superrugby. Hy is in 2008 in die posisie gekies nadat Derick Hougaard besluit het om sy loopbaan in Leicester voort te sit. In 2009 tydens die Britse en Ierse Leeus toer na Suid-Afrika het Morné Steyn die reeks vir Suid-Afrika beklink in die derde toets. In 2021 (12 jaar later) het hy dit weer gedoen toe hy 'n strafskop in die laaste minute van die laaste toets oorgeskop het. Hy is die enigste speler in wêreldrugby wie twee toetsreekse teen die Britse en Ierse Leeus kon wen.[1] Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.

Morné SteynRugbyportaal
Volle naamMorné Steyn
Geboortedatum11 Julie 1984 (1984-07-11) (39 jaar oud)
GeboorteplekBellville, Suid-Afrika
Lengte1,84 m
Massa91 kg
SkoolHoërskool Sand du Plessis
BeroepProfessionele Rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s)Losskakel
Springbokno.803
Amateurspanne
JareKlub / spanWeds(pte)
UP-Tuks
Professionele / senior klubs
JareKlub / spanWeds(pte)
2013–2020Stade Français Paris135(725)
korrek soos op 3 Maart 2021.
Provinsiale- / Staatspanne
JareKlub / spanWeds(pte)
2003–2013, 2020–Blou Bulle71(739)
korrek soos op 12 Junie 2022.
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
JareKlub / spanWeds(pte)
2005–2013, 2020–Bulls144(1639)
korrek soos op 12 Junie 2022.
Nasionale span(ne)
JareLandWeds(pte)
2009–2021Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika68(742)
korrek soos op 14 Augustus 2021.

Na afloop van die 2013 Superrugbyseisoen is Steyn deur die Franse klub Stade français Paris gekontrakteer.

Rekordswysig

Steyn voer 'n doelskop uit.
  • Wêreldrekord vir die meeste punte deur 'n speler wat al sy internasionale span se punte in een wedstryd aangeteken het (31).
  • Meeste punte teen Nieu-Seeland aangeteken in 'n enkele toets (31).
  • Meeste punte in 'n Drienasieswedstryd (31).
  • Suid-Afrikaanse rekord vir meeste punte in 'n toets teen die All Blacks (31).
  • Suid-Afrikaanse rekord vir meeste strafdoele in 'n toets aangeteken (8) – verbeter die rekord van Percy Montgomery vir 7 strafdoele.
    • Al die bogenoemde rekords is behaal met sy 31 punte in die Drienasiestoets teen die All Blacks op 1 Augustus 2009 in Durban [2]
  • Suid-Afrikaanse rekord vir meeste punte in 'n toets teen Australië.
  • Vinnigste 100 punte deur enige Springbok (8 toetswedstryde, waarvan 3 as plaasvervanger)[3]
  • Vinnigste 200 punte deur enige Springbok (16 toetswedstryde)
  • Vinnigste 300 punte deur enige Springbok (24 toetswedstryde)
  • Vinnigste 400 punte deur enige Springbok (33 toetswedstryde)
  • Vinnigste 500 punte deur enige Springbok (43 toetswedstryde)
  • Vinnigste 600 punte deur enige Springbok (50 toetswedstryde)
  • Vinnigste 700 punte deur enige Springbok (62 toetswedstryde)
  • Meeste skepdoele in een Superrugbywedstryd (4) (tydens die 2009 Super 14-halfeindstryd teen die Crusaders).
  • Meeste skepdoele in die Superrugbykompetisie (25)
  • Meeste skepdoele in 'n Superrugbyseisoen (11 in 2009)
  • Meeste strafdoele in 'n Superrugbyseisoen (51 in 2010)
  • Meeste punte in 'n Superrugbyseisoen (263) – oortref Dan Carter se rekord van 221 in 2006 behaal.
  • Meeste punte deur 'n Bullsspeler in superrugbygeskiedenis (1 467 tot op 27 Julie 2013)
  • Meeste punte deur 'n Suid-Afrikaner (1 467 tot op 27 Julie 2013) en eerste Suid-Afrikaner wat 1 000 punte in Superrugby kon aanteken.
  • Steyn hou ook die rekord vir die meeste opeenvolgende suksesvolle stelskoppe in toetsrugby (sedert statistiek hiervoor gehou word in die laat-1980's). Hy het 'n reeks van 41 skoppe oorgesit, wat geëeindig het op 6 November 2010 teen Ierland. Hiermee verbeter hy die vorige rekord van 36 skoppe deur Chris Paterson van Skotland.[4][5]

Verwysingswysig

  1. Morné lyk al meer na Bok[dooie skakel], Beeld, 6 Augustus 2008
  2. Knowler, Richard (3 Augustus 2009). "Steyn blots All Blacks' copybook". The Dominion Post (Wellington) (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2016. Besoek op 26 Oktober 2011.
  3. "Steyn expected to make his mark again". The Irish Times (in Engels). 11 November 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2012.
  4. Griffiths, John (13 September 2010). "Morné Steyn's goal-kicking record, Tri-Nations clean-sweeps, Scottish captains and Shane Sullivan". Ask John (in Engels). ESPN scrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2014. Besoek op 18 Oktober 2010.
  5. http://www.sport24.co.za/Rugby/BoksOnTour/Boks-withstand-Irish-onslaught-20101106

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media