Morawiese kerk

Die Morawiese kerk is in 1457 in Morawië (nou Tsjeggië) gestig. Die kerk het sedertdien na ander lande versprei en daar is nou kerke gevestig in die VSA, Kanada, Nederland, Suriname en Suid-Afrika. Vandag is die kerk in Suriname die grootste Morawiese kerk. Die meeste gelowiges van die Morawiese kerk in Europa is Surinamiërs.

Sendingstasie te Genadendal (c.1849), deur George French Angas
Die Morawiese Sendingmuseum op Genadendal
Die Morawiese kerk op Genadendal

Geskiedenis in Suid-Afrikawysig

Die Morawiese kerk is in 1735 in Amsterdam, Nederland, gevestig onder leiding van Friedrich de Watteville in IJsselstein, 'n vriend van Zinzendorf. Die kerk het van hier af sendingwerk onderneem na die Nederlandse kolonies, Kaap die Goeie Hoop en Suriname. In 1738 is die eerste sendingstasie in suider Afrika gevestig in Genadendal deur die Duitse sendeling Georg Schmidt. In 1808 is die tweede sendingstasie in suider Afrika gevestig in Groenekloof, later genoem Mamre.

Eerw. Latrobe het op sy visenteerreis (1815–1816) 'n plek vir 'n derde sendingstasie gesoek en gevind. Dit was in die ooste, by die Witterivier wat 'n tak van die Zondagsrivier is. In 1818 het eerw. Hans Peter Halbeck met sy werk begin en die sendingstasie Enon genoem.

In 1824 koop die kerk die plaas Vogelstruyskraal by Hans Peter Halbeck en stig die dorp Elim. Die Morawiese kerk in Elim besit ongeveer 7 500 akker grond binne Elim en is die grootse Morawiese Kerk in die Wes-Kaap.

Die Morawiese kerk op Elim beskik oor die oudste werkende kerkklok in Suid-Afrika. Dit dateer uit 1757 en kom vanuit Duitsland. Die klok was reeds byna 140 jaar in gebruik toe dit in 1911 aan die Elimkerk geskenk is. Die sendeling Lemmertz het die klok aanmekaar gesit.

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media