Monrovia

Monrovia is die hoofstad en grootste stad van Liberië, 'n land in Wes-Afrika aan die Atlantiese Oseaan. Die stad het in 2008 'n bevolking van 1 010 970 gehad. Die stad is op 25 April 1822 gestig en na die Amerikaanse president James Monroe genoem.

Monrovia

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Liberië Liberië
 CountyMontserrado
 Koördinate06°18′N 10°48′W / 6.300°N 10.800°W / 6.300; -10.800
 Gestig op25 April 1822
 Oppervlakte: 
 - Totaalvk km
 Hoogte bo seevlak0 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2008)1 010 970
 - Bevolkingsdigtheid/vk km
 TydsoneUTC +0
 BurgemeesterJefferson T. Koijee
 Amptelike webwerf

Geskiedeniswysig

In 1816, met die doel om 'n selfonderhoudende kolonie vir vrygemaakte Amerikaanse slawe te vestig, iets wat reeds in Freetown, Sierra Leone bewerkstellig is, het die eerste setlaars vanuit die Verenigde State in Afrika aangekom, onder die beskerming van die American Colonization Society.[1] Hulle het geland op Sherbro-eiland in die huidige Sierra Leone.

Op 7 Januarie 1822 het 'n tweede skip die setlaars gered en hulle na Kaap Mesurado geneem om die nedersetting Christopolis te stig.[2][3] In 1824 word die stad herdoop tot Monrovia na James Monroe, destydse president van die Verenigde State, wat 'n prominente ondersteuner van die kolonie was en die verskeping van bevryde swart slawe en eks-Karibiese slawe van die Verenigde State van Amerika en die Karibiese eilande na Liberië verkies het bo emansipasie in Amerika.

In 1845 was Monrovia die terrein van die grondwetlike konvensie wat gehou is deur die American Colonization Society wat die grondwet opgestel het wat twee jaar later die grondwet van 'n onafhanklike en soewereine Republiek van Liberië sou wees.[4]

Aan die begin van die 20ste eeu is Monrovia in twee dele verdeel: Monrovia-kern, waar die Amerikanse-Liberiese bevolking van die stad gewoon het en herinner aan die Suidelike-Amerikaanse argitektuur; en Krutown, wat hoofsaaklik deur etniese Krus bewoon is, maar ook deur Bassas, Grebos en ander etnisiteite.[5] Van die 4 000 inwoners was 2 500 Amerikanse-Liberiese. Teen 1926 het etniese groepe uit die binneland van Liberië na Monrovia begin migreer op soek na werk.[5] Die bevolking van Monrovia het teen 1937 10 000 bereik; destyds het die polisie-departement van Monrovia slegs 30 lede gehad.[6]

In 1979 het die Organisasie vir Afrika-eenheid hul konferensie in die Monrovia-omgewing gehou, met die destydse president William Tolbert as voorsitter. Gedurende sy termyn het Tolbert die openbare behuising in Monrovia verbeter en die klasgelde aan die Universiteit van Liberië met 50% verlaag. 'n Militêre staatsgreep gelei deur Samuel Doe het die Tolbert-regering in 1980 tot 'n val gebring, met baie lede wat tereggestel is.

Die stad is erg beskadig in die Eerste en Tweede Liberiese burgeroorloeë, veral tydens die beleg van Monrovia, met baie geboue wat beskadig is en byna al die infrastruktuur vernietig. Ernstige gevegte het plaasgevind tussen Samuel Doe se regering en die magte van Prince Johnson in 1990 en met die aanval van die National Patriotic Front of Liberia (NPFL) op die stad in 1992. 'n Nalatenskap van die oorlog is dat 'n groot bevolking van hawelose kinders en jeugdiges wat betrokke was by die gevegte of 'n opvoeding daardeur ontneem is.

In 2002 het Leymah Gbowee die Women of Liberia Mass Action for Peace georganiseer met plaaslike vroue wat in die vismark in Monrovia gebid en gesing het.[7] Hierdie beweging het gehelp om die Tweede Liberiese Burgeroorlog in 2003 te beëindig en die verkiesing van Ellen Johnson Sirleaf in Liberië, die eerste Afrika staat met 'n vroulike president.[8]

In 2014 is die stad geraak deur die Ebola-uitbraak in Wes-Afrika in 2014.[9] Die Ebola-virusepidemie in Liberië is op 3 September 2015 as oor verklaar.

Verwysingswysig

  1. "Map of Liberia, West Africa". World Digital Library (in Engels). 1830. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 2 Junie 2013.
  2. Roman Adrian Cybriwsky, Capital Cities around the World: An Encyclopedia of Geography, History, and Culture, ABC-CLIO, USA, 2013, bl. 193
  3. Britannica,Monrovia, britannica.com, USA, besoek op 7 Julie 2019
  4. Robin Dunn-Marcos, Konia T. Kollehlon, Bernard Ngovo, and Emily Russ (2005) in Donald A. Ranard (ed.) Liberians: An introduction to their history and culture (Washington: Center for Applied Linguistics) available online here "Archived copy" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 Julie 2006. Besoek op 10 Junie 2006.{{cite web}}: CS1 maint: archived copy as title (link)
  5. 5,0 5,1 Zeleza, Tiyambe; Eyoh, Dickson (2003). Tiyambe Zeleza, Dickson Eyoh et al., Encyclopedia of Twentieth-Century African History. ISBN 9780415234795. Besoek op 4 Julie 2010.
  6. "Liberia Celebrates 90 Years of Independence with Champagne". Life. Vol. 3, no. 11. 13 September 1937. pp. 87–88. ISSN 0024-3019.
  7. 2009 Peace warrior for Liberia Geargiveer 27 Desember 2009 op Wayback Machine
  8. "African women look within for change". CNN.com (in Engels). 23 September 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 25 Augustus 2019.
  9. "The terrifying mathematics of Ebola". Channel 4. 11 September 2014. Besoek op 11 September 2014.

Eksterne skakelswysig


🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media