Monotipiese takson

In biologie is 'n monotipiese takson 'n taksonomiese groep met slegs een biologiese tipe. Die term se gebruik verskil effens tussen botanie en dierkunde. Die term monotipies het 'n afsonderlike aanwending in bewaringsbiologie, monotipiese habitat, rakende omskakeling van spesiehabitat waardeur biodiversiteit gekniehalter word, en restourasie-ekologie betreffende 'n dominante indringer biologiese tipe.

Botaniewysig

In botanie, is 'n monotipiese takson 'n takson wat oor slegs een spesie beskik: Ginkgo is 'n monotipiese genus, terwyl Ginkgoaceae 'n monotipiese familie is. Die frase is onakkuraat in gevalle waar 'n spesie meer as 'n enkele tipe bevat; sekere spesies mag verskeie subspesies bevat (of ander infraspesifieke taksa) waarvan elk oor 'n tipe sal beskik. 'n Meer akkurate term in daardie gevalle is unispesifiek.

'n Voorbeeld is die familie Cephalotaceae, met slegs een spesie: Cephalotus follicularis, oftewel die dwergkruik.

Dierkundewysig

In dierkunde, is 'n monotipiese takson 'n takson wat slegs een onmiddellik subordinate takson bevat.[1] Byvoorbeeld bevat 'n monotipiese genus slegs een spesie. Omgekeerd kan mens sê dat die takson wat omvat word, monotipies is binne die groter takson; die genus is dan monotipies binne sy familie.

'n Voorbeeld is die genus Tarsius wat monotipies is binne die familie Tarsiidae, wat opsigself monotipies in die Tarsiiformes is. 'n Voorbeeld van 'n monotipiese spesie is die hiasintara (Anodorhynchus hyacinthinus), waarin geen subspesie onderskeibaar is nie. Die baardmees (Panurus biarmicus) beskik oor velerlei subspesies oor die verspreidingsgebied, maar behoort tot die genus Panurus (monotipies wat die spesie betref), wat in die lig van huidige kennis as monotipies binne die familie Panuridae gereken word.

In die opsig van ewolusiebiologie, is taksonomie 'n middel tot die uitleg van filogenetiese kennis. Gevolglik word die totstandbrenging van monotipiese taksa meestal vermy, tensy dit geoorloof blyk te wees, bv. by filogenetiese getuienis soos fossiele of afleidings uit kladistiese analises.[2]

Bewaringsbiologie en habitattewysig

Monotipiese habitatte word in botaniese en dierkundige kontekste gevind, 'n afdeling van bewaringsbiologie. In restourasie-ekologie van inheemse plantgemeenskappe of habitatte vestig indringerspesies monotipiese stande wat ander spesies vervang en/of veral inheemse soorte, weerhou van vestiging. 'n Dominante kolonisering kan voorkom weens die afskeiding van afwerende chemiese stowwe, nutriënt-monopolisering, of weens die gebrek aan natuurlike kontrole soos herbivore of klimaat wat hulle in hul natuurlike habitat in toom sou hou. Die goue sterdissel-spesie (Centaurea solstitialis) bied 'n voorbeeld van 'n botanies monotipiese habitat deurdat dit tans 'n landgebied van meer as 15 miljoen akker (61 000 km2) in Kalifornië alleen domineer.[3][4] Die sebramossel (Dreissena polymorpha) is 'n uitheemse varswaterspesie wat areas van die Groot Mere en die Mississippirivier-waterskeiding sonder 'n plaaslike predatorkontrole koloniseer, en is 'n voorbeeld van 'n soölogies monotipiese habitat.

Verwysingswysig

  1. Mayr & Ashlock (1991)
  2. E.g. Parham & Feldman (2002)
  3. Mount Diablo Review, herfs 2007PDF (286 KiB), Mount Diablo Interpretive Association. Besoek op 2008-10-15.
  4. 1970 verspreiding van goue sterdissel in die V.S.A. Geargiveer 31 Desember 2006 op Wayback Machine, 'n kaart van UCD se goue sterdissel-inligtingsblad

Bronnewysig

  • Mayr, E. & Ashlock, P.D. (1991): Principles of Systematic Zoology (2de uitgawe). McGraw-Hill. ISBN 0-07-041144-1
  • Parham, J.F. & Feldman, C.R. (2002): Generic revisions of emydine turtles. Turtle and Tortoise Newsletter 6: 28–30. PDF fulltext[dooie skakel]
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media