Austro-Asiatiese tale

(Aangestuur vanaf Mon-Khmer-tale)

Die Austro-Asiatiese tale, soms ook Mon-Khmer-tale genoem, is 'n taalfamilie wat uit rofweg 169 tale bestaan wat deur sowat 100 miljoen mense gepraat word. Hulle is oorwegend oor Suid- en Suidoos-Asië versprei. Daarbenewens kom Austro-Asiatiese tale ook in lande soos Indië, Bangladesj, Nepal en aan die suidelike grens van die Volksrepubliek China voor. Die naam van dié taalfamilie is afgelei van die Latynse woorde australis en asia, wat "Suid-Asiaties" beteken.

Austro-Asiatiese tale
Mon-Khmer-tale
Geografiese
verspreiding:
Suid- en Suidoos-Asië
Genetiese
klassifikasie
:
Austro-Asiaties
 Austro-Asiatiese tale
Onderafdelings:
Moenda
Khasi-Palaungies
Khmuies
Pakanies
Vieties
Katuies
Bahnaries
Pearies
Nicobaries
Aslian
Monies
Sjompen?

Verspreiding van Austro-Asiatiese tale

Volgens Paul Sidwell en Roger Blench het die Austro-Asiatiese tale langs die Mekongbekken versprei
Stamboom van Austro-Asiatiese tale

Die Austro-Asiatiese tale word as die outochtone tale van Suidoos-Asië beskou, aangesien die sprekers van die aangrensende Indo-Ariese, Tai-Kadai, Drawidiese, Austronesiese en Tibeto-Birmaanse tale later ná die streek migreer het.[1] Paul Sidwell en Roger Blench vermoed, dat die sprekers van die Austro-Asiatiese tale langs die Mekongbekken versprei het.

Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Viëtnamees (68 miljoen), Khmer (14 miljoen), Santali (6,2 miljoen), Moendari (1,7 miljoen), Ho (1,4 miljoen), Khasi (1 miljoen) en Mon (851 000). Die eerste drie is die enigste van die Austro-Asiatiese tale wat amptelike status in 'n land geniet (in Viëtnam, Kambodja en Indië, respektiewelik). Die alternatiewe benaming Mon-Khmer-tale is van die twee tale Mon en Khmer afgelei.

Verwysingswysig

  1. (en) Paul Sidwell en Roger Blench. 2011. "The Austroasiatic Urheimat: the Southeastern Riverine Hypothesis." Enfield, N.J. (ed.) Dynamics of Human Diversity, 317–345. Canberra: Pacific Linguistics. http://rogerblench.info/Archaeology/SE%20Asia/SR09/Sidwell%20Blench%20offprint.pdf

Bronnewysig

  • (en) Mathias Jenny en Paul Sidwell (2015). The Handbook of Austroasiatic Languages. Leiden: Brill.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media