Moerbei

Morus, 'n genus van blomplante in die Moraceae familie, bestaan uit 10–16 bladwisselende bome wat algemeen bekend is as moerbeie, groei wild en onder verbouing in baie gematigde wêreldstreke.[1]

Moerbei
Morus nigra
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Plantae
Klade:Tracheofiete
Klade:Angiospermae
Klade:Eudicots
Klade:Rosids
Orde:Rosales
Familie:Moraceae
Tribus:Moreae
Genus:Morus
L.
Spesies

Sein teks

Bakkie met 'n klompie lang moerbeie
Ryp moerbeie (swart) en groen (onryp), geoes in Valencia (Spanje), 30 Mei 2019.

Moerbeibome groei vinnig as hulle jonk is, maar word gou stadig-groeiend, en groei selde meer as 10–15 m hoog.

Die moerbei is nie inheems aan Suid-Afrika nie en die bome wat hier aangetref word, is almal aangeplant. Die boom kom oorspronklik uit die Ooste en aard besonder goed in China en Japan. Die twee moerbeispesies wat in Suid-Afrika voorkom (Morus nigra en Morus alba), kom uit Europa, waarheen dit oorspronklik uit China gebring is. In die Ooste kom nog 'n belangrike spesie voor, tewete Morus multicaulis, Perr. Hierdie boom se blare dien as hoofvoedselbron vir die Oosterse sywurmbedryf.

Morus nigra staan bekend as die swartmoerbei en word sedert die vroegste tye vir sy vrugte en blare in Suid-Europa aangeplant. Hoewel Morus alba as die witmoerbei bekend staan, dra sekere variëteite ook donkerrooi en swart vrugte. Dit het sedert die 16de eeu die swartmoerbei as sywurmvoedselplant vervang. Die moerbei het groot, getande blare.

Die blomme word gewoonlik tweehuisig gedra (die vroulike blomme word op een boom en die manlike blomme op 'n ander gedra), maar eenhuisige bome is algemeen bekend en selfs bome met tweeslagtige blomme het al voorgekom. Die moerbei plant maklik deur middel van steggies voort, maar kan net so maklik van saad gekweek word.

Die moerbeivrug is 'n saamgestelde vrug, met ander woorde dit bestaan uit 'n sentrale as waarop 'n hele aantal vlesige vruggies, elk van 'n afsonderlike blommetjie afkomstig, styf teenmekaar sit. Dit ontwikkel dus uit 'n volledige bloeiwyse. Moerbeie as 'n vars vrug is heerlik, veral witmoerbeie (Morus alba) in vrugteslaai, maar dit kan ook tot konfyt verwerk word. In Suid-Afrika is moerbei-aanplantings beperk tot enkele bome in huistuine.

In Europa en die Ooste word dit egter op groot skaal vir die sybedryf verbou. Die sywurm is inheems aan China en om hierdie rede het die sybedryf sy oorsprong hier gehad. Dit het saam met die moerbei na Europa versprei. Daar bestaan geen georganiseerde sybedryf in Suid-Afrika of Amerika nie.

Bronnewysig

Verwysingswysig

  1. Suttie JM. "Morus alba L." (in Engels). Food and Agriculture Organization. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2012. Besoek op 20 Oktober 2012.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media