Moeraskat

Die moeraskat (Felis chaus) is ’n kat wat in Asië voorkom, van Suid-China in die ooste tot die Nyl-vallei in die weste. Dit word op die IUBN-rooilys as veilig aangedui aangesien dit wydverspreid voorkom, veral in Indië. Die getalle neem egter af in veral Egipte, die Kaukasus en Suidwes-, Sentraal- en Suidoos-Asië.[2]

Moeraskat[1]
Moeraskat in Uttarakhand, Indië.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
F. chaus
Binomiale naam
Felis chaus
(Von Schreber, Johann Christian Daniel, 1777)
Verspreidingsgebied van die moeraskat.

Beskrywingwysig

Die kat is ietwat groter as die huiskat en wissel van 55 tot 94 cm in lengte, plus ’n relatief kort stert van 20 tot 31 cm, en dit is sowat 36 cm hoog. Mannetjies is effens groter as wyfies en die gewig wissel van 3 tot 12 kg. Afhangende van die subspesie, wissel die kleur van die pels van geel-grys tot rooi-bruin of bruingeel-grys. Dit het swart merke.[3]

Die kop is redelik breed en die ore lank. In die winter kom klein klossies hare aan die punte van die ore voor. Anders as by huiskatte, waarvan die kloue agter langer is, is al vier die woestynkat se kloue ewe groot. Dit bring mee dat hulle net so maklik by bome kan af- as opklim.

Verspreidingwysig

Woestynkatte kom hoofsaaklik in die Ooste voor en word aangetref in Egipte en Wes- en Sentraal-Asië, maar ook in Suid-Asië, Sri Lanka en Suidoos-Asië. In Indië is hulle die mees algemene lede van die familie Felidae.[4]

Hulle word aangetref in savannes, tropiese droë woude en rietlande langs riviere en mere. Hoewel hulle aanpasbare diere is wat op die droë steppe voorkom, verkies hulle nat omgewings met lang gras of riete waarin hulle kan wegkruip. Hulle aard nie in koue gebiede nie en kom nie voor in streke waar dit in die winter baie sneeu nie.[3]

Subspesieswysig

Felis chaus affinis, 1830.

Toe Johann Anton Güldenstädt in 1768–1775 aan die suidelike grense van die Russiese Keiserryk gereis het op versoek van Katharina die Grote, het hy die Kirmisjtsjak in die Kaukasus opgemerk.[5] In sy Latynse beskrywing van 15 bladsye, wat in 1776 gepubliseer is, het hy die kat "chaus" genoem – ’n naam wat dit tot vandag behou het.[6] [7]

Die subspesies wat tans erken word, is:

Hibrideswysig

Dié spesie kan onder sekere omstandighede mak gemaak word. Kattelers het al van die moeraskatte gekruis met huiskatte en katrasse ontwikkel soos die Chausie en Pixie-bob.

Verwysingswysig

  1. Wozencraft, W. Christopher (16 November 2005). "Order Carnivora (pp. 532-628)". In Wilson, Don E.; Reeder, DeeAnn M. (reds.). Mammal Species of the World: A Taxonomic and Geographic Reference] (3de uitg.). Baltimore: Johns Hopkins University Press, 2 vols. (2142 pp.). ISBN 978-0-8018-8221-0. OCLC 62265494.
  2. 2,0 2,1 Duckworth, J.W., Steinmetz, R., Sanderson, J., Mukherjee, S. (2008). "Felis chaus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2011.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. 3,0 3,1 Sunquist, M.; Sunquist, F. (2002). Wild cats of the World. Chicago: University of Chicago Press. pp. 60–66. ISBN 0-226-77999-8.
  4. Mukherjee, S., Groves, C. (2007) Geographic variation in jungle cat (Felis chaus Schreber, 1777) (Mammalia, Carnivora, Felidae), Biological Journal of the Linnean Society 92: 163–172.
  5. Güldenstädt, J.A. (1787) Reisen durch Russland und im Caucasischen Gebürge. Russisch-Kayserliche Akademie der Wissenschaften, St. Petersburg. book preview
  6. Güldenstädt, J.A. (1776) Chaus – Animal feli adfine descriptum. Commentarii Academiae Scientiarum Imperialis Petropolitanae, Vol 20, St. Petersburg. pp. 483
  7. Sanderson, J. (2009) Feline Conservation Federation Volume 53, Uitgawe 1 (Januarie/Februarie 2009): 12-18

Eksterne skakelswysig

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Felis chaus

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media