Mitsubishi A6M Zero

Die Mitsubishi A6M Zero (Japannees: 零式艦上戦闘機, rei-shiki-kanjō-sentōki), Geallieerde kodenaam Zeke, was 'n vegvliegtuig van die Japannese Keiserlike Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die Zero's, gestasioneer op Japannese vliegdekskepe en op land, was gedugte teenstanders vir die Amerikaanse vlieëniers, geallieerde skepe en landteikens in die Stille Oseaan.

Mitsubishi A6M Zero
TipeVegter
VervaardigerMitsubishi
Bekendstelling1940
Onttrek1945
Status1× Nakajima Sakae 12 radiaalmotor
HoofgebruikerJapan
Aantal gebou10 939

Die Zero se taktiese voor- en nadelewysig

Die A6M Zero het vir die Geallieerdes as 'n volkome verrassing gekom. Terwyl hulle oortuig was dat Japannese vliegtuie slegs minderwaardige namaaksels van hul Westerse eweknieë was, was hulle eensklaps gekonfronteer met 'n beter vegvliegtuig, wat die Weste op byna alle vlakke oortref het.

Die Japannese het twee vlugeienskappe van groot belang geag: spoed en beweeglikheid. Eers daarna kyk mens na vuurkrag en wapens. Tydens skermutselinge met sy Amerikaanse eweknieë blyk die Zero vinnig en uiters beweeglik te wees, met 'n sterk klimvermoë. Boonop het dit oor 'n groot reikafstand (3 100 km) beskik en kon swaar wapentuig dra: masjiengewere én aanboordkanonne, benewens tot 200 kg se bomme.

Aan die begin van die stryd in die Stille Oseaan en in Suidwes-Asië het die Zero oor die lugruim geheers. In die aanloop tot die Slag van Midway het die Amerikaners daarin geslaag om 'n neergeskiete Zero voor die neus van 'n Japannese duikboot weg te raap. 'n Tegniese ontleding het sy swakpunte aan die lig gebring en geallieerde vlieëniers het spoedig geleer hoe om dit uit te buit. Die twee gebreke was: onvoldoende beskerming vir die vlieënier asook die brandstoftenk, en 'n taamlik ligte konstruksie, wat beteken het dat die Zero weinig gevegskade kon verduur en ook maklik aan die brand geslaan het.

Tydens luggevegte moes die Grumman F4F Wildcats net verseker dat geen Zero's agter hul inkom nie. Die Wildcat was minder beweeglik, maar die vlieënier was beter beskerm teen koeëls. Menige Wildcat kon gehawend en deurspek met koeëlgate land, omdat hulle 'n sterker konstruksie as die Zero's gehad het.

Sien ookwysig


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media