Misuzulu Zulu

Zoeloe konig

Misuzulu Zulu kaZwelithini (gebore op 23 September 1974 in Hlabisa, KwaZulu (nou KwaZulu-Natal, Suid-Afrika) is die huidige koning van die Zoeloenasie (Zoeloe: Ingonyama yamaZulu, letterlik: "Zoeloeleeu"). Hy het sy oorlede vader, koning Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu, op 7 Mei 2021 opgevolg.[1] Op 20 Augustus 2022 is Misuzulu Zulu kaZwelithini ingehuldig.[2] Op 29 Oktober 2022 is hy by 'n groot plegtigheid in Durban amptelik as koning gekroon en deur die Suid-Afrikaanse regering erken.[3][4][5]

Misuzulu Zulu
Koning van die Zoeloenasie
Misuzulu Zulu in 2021
DinastieHuis van die Zoeloe
Bewind7 Mei 2021 – hede
Kroning20 Augustus 2022
Volle naamMisuzulu Zulu kaZwelithini
Ander titelsIngonyama yamaZulu, Isilo samaBandla
Gebore23 September 1974 (1974-09-23) (49 jaar oud)
Hlabisa, KwaZulu (nou KwaZulu-Natal)
VoorgangerGoodwill Zwelithini kaBhekuzulu
EggenoteNtokozo Mayisela
Nozizwe Mulela
Kinders3
VaderGoodwill Zwelithini kaBhekuzulu
MoederMantfombi Dlamini

Die grondwet van Suid-Afrika erken tradisionele leiers in Suid-Afrika en die koning se rol is veral seremonieel van aard; hy beskik oor geen politieke mag nie. Die hof in Nongoma word uit die begroting van die KwaZulu-Natalse Provinsiale Wetgewer betaal.

Biografiewysig

Misuzulu Zulu kaZwelithini is op 23 September 1974 in Hlabisa gebore, in die destydse bantoestan KwaZulu wat nou deel vorm van die Suid-Afrikaanse KwaZulu-Natal-provinsie. Hy is die oudste oorlewende seun van Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu en sy hoofvrou Shiyiwe Mantfombi Dlamini Zulu (1953–2021). Laasgenoemde was 'n dogter van Sobhuza II en die suster van Mswati III, die huidige koning van die onafhanklike koninkryk Eswatini.[6] Mswati III is dus Misuzulu Zulu kaZwelithini se oom.[7] Nadat Misuzulu Zulus se vader oorlede is, is Misuzulu Zulu se moeder een maand voor haar dood in Maart 2021 as regent ingehuldig. In haar testament het sy haar seun as opvolger benoem.[2]

Hy is een dag voor sy kroning getroud en het 'n seun.[8] Tydens sy inhuldiging het Misuzulu "'n nuwe hoofstuk" vir sy onderdane aangekondig en beloof, dat hy "daaraan sal werk om die Zoeloenasie te verenig“. Teen die inhuldiging is 'n dringende aansoek by 'n hof in Pietermaritzburg ingelê, wat egter afgewys is. Misuzulu se vader se eerste vrou en ook sekere van sy jonger broers (sy vader het ten minste 28 kinders met ses vroue gehad) het Misuzulu se legitimiteit as koning verwerp. Die Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa het Misuzulu se inhuldiging as wettig erken.[2]

As Zoeloekoning het Misuzulu Zulu amper 30 000 km² grond, sekere paleise en ander boedels geërf. Buitendien erf hy 'n groot hoeveelheid bates.[2]

Verwysingswysig

  1. (en) Zimasa Matiwane (7 Mei 2021). "Chaos at royal palace as Prince Misuzulu Zulu named new Zulu king". TimesLIVE. Besoek op 30 Oktober 2022.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (de) "Südafrika: Tausende Zulus feiern die Krönung ihres neuen Monarchen". Spiegel Online. 20 Augustus 2022. Besoek op 30 Oktober 2022.
  3. (en) Nokwanda Ncwane (7 Mei 2021). "Prince Misuzulu Zulu announced the new preferred Zulu King". The South African. Besoek op 30 Oktober 2022.
  4. (en) Nomsa Maseko (20 Augustus 2022). "Zulu King Misuzulu ka Zwelithini crowned in South Africa". BBC. Besoek op 30 Oktober 2022.
  5. (en) "Entering of the kraal ceremony for amaZulu King Misuzulu kaZwelithini". TimesLIVE. Besoek op 30 Oktober 2022.
  6. (en) "South Africa's Zulu regent Queen Dlamini Zulu dies at 65". Reuters. 30 April 2021. Besoek op 30 Oktober 2022.
  7. (en) "South Africa's Zulu royals: Who's who in the fight for the throne". BBC. Besoek op 30 Oktober 2022.
  8. (en) Nokwanda Ncwane (19 Maart 2021). "King Goodwill Zwelithini: Who is next in line for the throne?". The South African. Besoek op 30 Oktober 2022.
Voorafgegaan deur
Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu
Koning van die Zoeloenasie
2021–hede
Opgevolg deur
Ampsbekleër
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media