Mississippirivier

Grootste rivierstelsel in Noord-Amerika

Die Mississippirivier (Engels: Mississippi River), wat in 'n suidelike rigting deur die sentrale gedeelte van die Verenigde State vloei, is die tweede langste rivier in dié land (ná die Missouririvier, een van sy takriviere) met 'n lengte van 3 734 kilometer van sy oorsprong in die Itascameer in Minnesota tot by sy monding in die Golf van Meksiko naby New Orleans. Die rivier maak deel uit van die Jefferson-Missouri-Mississippi-rivierstelsel, die grootste in Noord-Amerika en een van die grootstes ter wêreld – met 'n totale lengte van 6 300 kilometer (3 900 myl) is dit die vierde langste ter wêreld, en volgens sy afloop van 16 792 m³/s (593 000 vt³/s) die tiende grootste ter wêreld. Die rivier loop deur die sentrale Amerikaanse deelstate Minnesota, Illinois, Missouri, Kentucky, Arkansas, Tennessee, Mississippi, Louisiana en vorm die grens tussen Wisconsin en Iowa.

Mississippirivier
Die Mississippirivier naby New Orleans.
Die Mississippirivier naby New Orleans.
Die Mississippirivier naby New Orleans.

Die stroomgebied van die Mississippirivier.

OorsprongItascameer
MondingGolf van Meksiko naby New Orleans.
StroomgebiedVerenigde State
Lengte3 734 km (2 320 myl)
Oorspronghoogte450 m (1 475 voet)
Mondinghoogte0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop16 792 m³/s (593 000 vt³/s)[1]
Stroomgebiedopp.2 981 076 km² (1 151 000 myl²)
Kaart van die Mississippirivier-bekken in Noord-Amerika.
Kaart van die Mississippirivier-bekken in Noord-Amerika.

Die naam Mississippi is afgelei van die Ojibwa-woord misi-ziibi of gichi-ziibi ("Groot Rivier"). In die Voor-Kolumbiaanse tydperk was die rivier reeds 'n beduidende waterweg vir die plaaslike Eerste Nasies wat na die Mississippi as die Meschacebé of "vader van die waters" verwys het. Die Mississippirivier speel steeds 'n beduidende rol in die Amerikaanse geskiedenis, ekonomie en kultuur.

Oseaanskepe kan op hierdie belangrike waterweg tot by Baton Rouge in Louisiana en rivierskepe tot by Minneapolis-St. Paul vaar. Die belangrikste takriviere aan die regterkant is die Minnesota-, Iowa-, Des Moines-, Missouri-, Arkansasrivier en die Redrivier, aan die linkerkant die Ohio-, Saint Croix-, Chippewa-, Wisconsin- en Rockriviere.

Alhoewel die gemiddelde afloop van die Mississippirivier 16 792 m³/s beloop,[1] kan dit varieer van 4 500 tot 86 000 m³/s. Nedersettings langs sy oewers moet met damme langs sy takriviere en oorloopbekkens langs sy benedeloop teen oorstromings beskerm word. Nogtans kom groot vloedrampe soos dié van 1993 (die swaarste ooit in die geskiedenis van die VSA) langs die Mississippi- en Missouririviere voor.

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 Kammerer, J.C. (Mei 1990). "Largest Rivers in the United States" (in Engels). U.S. Geological Survey. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 22 Februarie 2011.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media