Miep Gies

Biografie

Miep Gies (15 Februarie 190911 Januarie 2010) is bekend as een van die hulpverleners van die onderduikers (o.a. Anne Frank) in die "Achterhuis" in Amsterdam tydens die Tweede Wêreldoorlog, asook die bewaarder van Anne Frank se dagboek.

Miep Gies
Miep Gies in 1989
Gebore
Hermine Santruschitz

15 Februarie 1909
Sterf11 Januarie 2010
Bekend virwegsteek van Jode soos Anne Frank en haar familie van die Nazi's
EggenootJan Gies (1941–1993)
KindersPaul Gies (* 1950)
Webwerfhttp://www.miepgies.com

Sy is as Hermine (Miep) Santrouschitz op 15 Februarie 1909 in Wene (toe in Oostenryk-Hongarye) gebore. Op 11-jarige ouderdom is sy deur die Nieuwenburg-familie in Leiden, Nederland aangeneem, as een van die duisende, uitgehongerde Oostenrykse kinders wat na Nederland gebring is om aan te sterk na die Eerste Wêreldoorlog. Die gesin het later na Amsterdam verhuis, waar sy die res van haar jeug deurgebring het. Later het sy op 24-jarige leeftyd by "Opekta", 'n besigheid van Otto Frank (Anne se vader) gaan werk. Sy het op 16 Julie 1941 met Jan Gies getrou; die paartjie het een seun gehad: Paul Gies, gebore op 13 Julie 1950.

Na Otto Frank aan Gies bekendgemaak het dat hy met sy gesin sou moes onderduik, het Gies dadelik aangebied om hulle tydens hul onderduiking van kos en nuus te voorsien. Saam met Johannes Kleiman, Victor Kugler, Bep Voskuijl, Johan Voskuijl en Jan Gies, het Miep van 6 Julie 1942 tot 4 Augustus 1944 agt Joodse onderduikers in die agterhuis aan die Prinsegracht 263 in Amsterdam gehuisves. Otto Franks se kantoor was aan die voorkant van dieselfde gebou gevestig, waar Miep as sekretaresse gewerk het.

Na die verraad en ontruiming van die onderduikers, het Gies en haar kollega Bep gesorg dat die dagboek van die jongste van die onderduikers, Anne Frank, uit die Duitse se hande gebly het. Gies het Anne se skrywes in 'n laai in haar lessenaar bewaar. Sy het dit nooit gelees nie, maar na die oorlog aan Anne se vader oorhandig; hy was die enigste van die agt wat die konsentrasiekampe oorleef het. Haar vader het gesorg dat Anne se erfenis in 1947 gepubliseer word met die titel "Het Achterhuis". Die boek het ook in Afrikaans verskyn as "Die Agterhuis".

Gies het Anne en haar sussie Margot reeds van 'n jong ouderdom af leer ken. Sy het Anne altyd onthou as 'n spraaksame, leergierige kleuter met ondeunde ogies, wat altyd aan mens se lippe gehang het als sy aangespreek word.

As dankbetuiging vir haar bystand aan die onderduikers en bewaring van Anne Frank se dagboek, het Miep Gies verskeie onderskeidings gekry in Nederland, Duitsland en Israel, waaronder ook die Yad Vashem-onderskeiding as "Regvaardige onder die Volkere".[3] Ook 'n asteroïde, 99949 Miepgies, is na haar vernoem.

Miep se man is in 1993 oorlede. Haar laaste jare het sy haar al hoe meer onttrek van die media en openbare lewe, alhoewel sy kort voor haar dood 'n webwerf begin het waarop sy haar siening van die gebeurtenisse uit die tyd weergegee het. Na 'n kort siekte, het Miep op 11 Januarie 2010 gesterf. Sy was 100 jaar oud.[4]

Verwysingswysig

  1. "Miep Gies: Moving to Holland" (in Engels). Scholastic. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 2 Januarie 2014.
  2. (en) Menachem Z. Rosensaft (12 Januarie 2010). "Sainthood for Miep Gies". The Washington Post. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2010. Besoek op 2 Januarie 2014.
  3. Miep Gies at Yad Vashem - official site (en)
  4. "Anne Frank diary guardian Miep Gies dies aged 100" (in Engels). BBC News. 12 Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 September 2017. Besoek op 2 Januarie 2014.

Eksterne skakelswysig

  • www.miepgies.nl, Miep Gies se webwerf, beskikbaar in Engels, Nederlands en Duits.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media