Michael II van Bisantium

Michael II (Grieks: Μιχαήλ Β'; 770 – 2 Oktober 829) was die Bisantynse keiser van Desember 820 tot met sy dood op 2 Oktober 829. Hy was ook bekend as Michael die Amoriaan of die Hakkelaar, en was die eerste keiser van die Amoriaanse of Frigiese Dinastie.

Michael II
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Muntstuk wat Michael II en sy seun, Theophilus, uitbeeld.
’n Muntstuk wat Michael II en sy seun, Theophilus, uitbeeld.
Bewind25 Desember 8202 Oktober 829
DinastieFrigiese
Gebore770
Oorlede2 Oktober 829
VoorgangerLeo V
OpvolgerTheophilus
EggenoteThekla
Euphrosine
KindersTheophilus

Michael het vinnig opgang gemaak in die leër danksy die keiser, sy eertydse kollega Leo die Armeen. Hy het egter in 820 die sluipmoord op Leo beplan en sy bewind oorgeneem. Hy moes dadelik aandag skenk aan die opstand deur ’n ander generaal, Thomas die Slawiër, wat hom amper sy kroon gekos en tot die lente van 824 geduur het.

In die later jare van Michael se bewind het hy twee militêre nederlae gely met langtermyngevolge. Hy het ook die begin van die Moslemse verowering van Sisilië en die val van Kreta onder die Sarasene beleef.

Hy het by sy eerste vrou, Thekla, ’n seun, Theophilus, gehad. Sy is omstreeks 823 dood en hierna het Michael met Euphrosine, ’n dogter van Konstantyn VI, getrou. Dit was moontlik bedoel om sy posisie as keiser te versterk, maar het teenstand van die kerk uitgelok omdat Euphrosine ’n non was. Michael II is op 2 Oktober 829 dood. Hy is deur Theophilus opgevolg.

Verwysingwysig

  • The Oxford Dictionary of Byzantium, Oxford University Press, 1991.

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media