Tafel (sterrebeeld)

Sterrebeeld

(Aangestuur vanaf Mensa (sterrebeeld))

Tafel of Mensa behoort tot die klein sterrebeelde van die Suidelike Halfrond wat redelik laat afgebaken is en daarom aan geen antieke mitologie gekoppel word nie. Die sterrebeeld het sy naam gekry van die Franse sterrekundige Nicolas-Louis de Lacaille, wat in 1752 in Kaapstad, Suid-Afrika, gewoon het en dit vanaf sy uitkykpunt op Tafelberg ontdek het. Hy het dit aanvanklik Mons Mensae (Tafelberg) genoem, maar dit is later verkort tot Mensa.

Tafel
Latynse naamMensa
GenitiefMensae
AfkortingMen
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming4 ~ 7,5h
Deklinasie−71 ~ −85,5º
Grootte153 vk. grade (75ste)
KwadrantSQ1
Besonderhede
Hoofsterre4
Helderste sterα Men
Naaste sterα Men
Sterre helderder as 3 m0
Sterre met planete2
Messier-voorwerpe0
Bayer-/Flamsteed-sterre16
SimboliekTafelberg
Aangrensende sterrebeelde
Kameleon, Swaardvis, Suidelike Waterslang, Oktant, Vlieënde Vis
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

’n Mens kan Mensa net vaagweg uitken aan die sterrehemel, maar kan die suidelikste derde deel van die sterrestelsel Groot Magellaanse Wolk (LMC vir Large Magellanic Cloud op die sterrekaart regs) as baken neem om die sterrebeeld te vind. Moontlik was hierdie sterrestelsel, wat teenoor die sterre van die Tafel geleë is, byna soos die wolke van Kaapstad se Tafelberg, wat ook kon bygedra het tot De Lacaille se benaming.

Buiten die suidpoolsterrebeeld, Oktant, is die Tafel die mees suidelike sterrebeeld en daarom is dit feitlik onsigbaar van die Noordelike Halfrond af. Ander aangrensende sterrebeelde is die Kameleon, Swaardvis, Suidelike Waterslang en Vlieënde Vis.

Ruimtevoorwerpewysig

Sterrewysig

Die Groot Magellaanse Wolk.

Die Tafel is die dofste van al die sterrebeelde en bevat geen helder sterre nie – Alpha Mensae is die helderste en beswaarlik sigbaar met ’n magnitude van 5,09. Dit is ’n Son-tipe ster (spektraalklas G5 V) sowat 33 ligjare van die Aarde af. Dit is een van die sterre wat moontlik ’n aardagtige planeet kan hê.

Pi Mensae is 59 ligjare van hier en is ook ’n Klas G-ster, maar dit het ’n reusegasplaneet in ’n eksentrieke wentelbaan wat deur die ster se bewoonbare sone strek en dus die moontlikheid van ’n bewoonbare planeet uitsluit.

Diepruimtevoorwerpewysig

Die Tafel sluit ’n deel van die Groot Magellaanse Wolk in; die res lê in die sterrebeeld Swaardvis. Dit bevat ook die kwasar PKS 0637-752, wat ’n groot gasstraal het wat in beide optiese en X-straal-golflengtes sigbaar is.

Bronnewysig

  • Ridpath, Ian; Tirion, Wil (2007), Stars and Planets Guide, Princeton University Press, ISBN 978-0-691-13556-4 
  • Staal, Julius D.W. (1988), The New Patterns in the Sky: Myths and Legends of the Stars, The McDonald and Woodward Publishing Company, ISBN 0-939923-04-1 

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media