Menopouse

Menopouse, ook bekend as die klimakterium, is die tyd in die meeste vroue se lewe wanneer hul maandstonde permanent ophou en hulle nie meer vrugbaar is nie.[1][2] Dit kom gewoonlik op 49- tot 52-jarige ouderdom voor.[3]

Medici meen gewoonlik die menopouse het begin as ’n vrou ’n jaar lank geen vaginale bloeding gehad het nie.[4] Dit kan ook aangedui word deur ’n afname in hormoonvervaardiging deur die eierstokke.[5] Vroue wat chirurgie ondergaan het om hul baarmoeder te verwyder maar steeds eierstokke het, se menopouse begin op die tydstip van die chirurgie of wanneer hul hormoonvlakke daal.[5]

Simptome en oorsakewysig

Voor die menopouse word die vrou se maandstondes gewoonlik ongereeld,[6] wat beteken dit kan langer of korter aanhou, of daar kan minder of meer bloed wees.[6] In dié tyd ondervind vroue gewoonlik warm gloede; dit duur meestal tussen 30 sekondes en 10 minute en kan gepaardgaan met rillings, sweet en ’n rooierige vel.[6] Dit hou normaalweg ná ’n jaar of twee op.[2] Ander simptome kan insluit vaginale droogheid, gemoedsveranderings en ’n gesukkel om te slaap.[6] Die intensiteit van die simptome verskil van vrou tot vrou.

Menopouse is gewoonlik ’n natuurlike verandering.[7] Rokers kan dit vroeër ondervind.[4][8] Ander oorsake sluit in chirurgie om albei eierstokke te verwyder of sekere soorte chemoterapie.[4]

Op ’n fisiologiese vlak kom menopouse voor vanweë ’n afname in die eierstokke se vervaardiging van die hormone estrogeen en progesteroon.[1] Hoewel dit meestal nie nodig is nie, kan menopouse gediagnoseer word deur die hormoonvlakke in die bloed of urine te meet.[9]

Behandelingwysig

Spesifieke behandeling is dikwels nie nodig nie.[10] Sommige simptome kan egter met behandeling afneem.[10] Wat warm gloede betref, help dit om rook, kafeïen en alkohol te vermy.[10] ’n Koel slaapkamer en om met ’n waaier aan te slaap, kan ook help.[10] Daar is ook medisyne wat die simptome kan verlig.[10][11]

Oefening kan help teen slaapprobleme.[10]

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 "Menopause: Overview" (in Engels). Eunice Kennedy Shriver National Institute of Child Health and Human Development. 28 Junie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2017. Besoek op 8 Maart 2015.
  2. 2,0 2,1 "Menopause: Overview" (in Engels). PubMedHealth. 29 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2017. Besoek op 8 Maart 2015.
  3. Takahashi, TA; Johnson, KM (Mei 2015). "Menopause". The Medical clinics of North America. 99 (3): 521–34. doi:10.1016/j.mcna.2015.01.006. PMID 25841598.
  4. 4,0 4,1 4,2 "What is menopause?" (in Engels). Eunice Kennedy Shriver National Institute of Child Health and Human Development. 28 Junie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2017. Besoek op 8 Maart 2015.
  5. 5,0 5,1 Sievert, Lynnette Leidy (2006). Menopause : a biocultural perspective ([Online-Ausg.] uitg.). New Brunswick, N.J.: Rutgers University Press. p. 81. ISBN 9780813538563. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2017.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 "What are the symptoms of menopause?" (in Engels). Eunice Kennedy Shriver National Institute of Child Health and Human Development. 6 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2017. Besoek op 8 Maart 2015.
  7. "What causes menopause?" (in Engels). Eunice Kennedy Shriver National Institute of Child Health and Human Development. 6 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2017. Besoek op 8 Maart 2015.
  8. Warren, volume editors, Claudio N. Soares, Michelle (2009). The menopausal transition : interface between gynecology and psychiatry ([Online-Ausg.] uitg.). Basel: Karger. p. 73. ISBN 978-3805591010. {{cite book}}: |first1= has generic name (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  9. "How do health care providers diagnose menopause?" (in Engels). Eunice Kennedy Shriver National Institute of Child Health and Human Development. 6 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2017. Besoek op 8 Maart 2015.
  10. 10,0 10,1 10,2 10,3 10,4 10,5 "What are the treatments for other symptoms of menopause?" (in Engels). Eunice Kennedy Shriver National Institute of Child Health and Human Development. 28 Junie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2017. Besoek op 8 Maart 2015.
  11. Krause, MS; Nakajima, ST (Maart 2015). "Hormonal and Nonhormonal Treatment of Vasomotor Symptoms". Obstetrics and Gynecology Clinics of North America. 42 (1): 163–179. doi:10.1016/j.ogc.2014.09.008. PMID 25681847.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media