Menes

Menes (Egipties: Mnj, waarskynlik uitgespreek maˈnij;[1] Grieks: Μήνης; Arabies: مينا) was ’n farao van die Vroegdinastiese Tydperk van Antieke Egipte. Hy kry gewoonlik die eer dat hy Bo- en Benede-Egipte verenig het en as die stigter van die 1ste Dinastie.[2]

Menes
Farao
Voorganger
OpvolgerHor-Aha?
Menes in Egiptiese hiërogliewe
Nebty-naam
G16
<1
Y5
N35
M17
2>
Portaal  Portaalicoon  Antieke Egipte

Daar word steeds druk gedebatteer oor die identiteit van Menes, hoewel die meeste Egiptoloë reken hy was die protodinastiese farao Narmer[3][4][5] of die 1ste-dinastiese Hor-Aha.[6] Albei farao's word in verskillende bronne genoem as die koning wat Antieke Egipte verenig het.

Die algemeen gebruikte naam "Menes" kom uit die pen van die Egiptiese historikus Manetho, wat tydens die Ptolemeïese Ryk geleef het. Hy het die vorm Μήνης (Mênês) gebruik. Menes beteken "hy wat volhard" en Edwards (1971) glo dit was dalk ’n bloot beskrywende titel "vir ’n semi-legendariese held wie se naam verlore gegaan het".[7]

Narmer en Meneswysig

Die feitlik algehele afwesigheid van die naam Menes in die argeologiese rekord en die talle meldings van die naam Narmer, ’n protodinastiese figuur wat vereenwelwig word met vooruitgang en ’n groot aanspraak het op die vereniging van Bo- en Benede-Egipte, het aanleiding gegee tot die teorie dat hulle dieselfde persoon was.

Die hoofverwysing na Menes is ’n ivooretiket van Naqada met die Horusnaam Aha (die farao Hor-Aha) langs ’n gebou waarin die Nebtynaam mn (waarskynlik Menes) voorkom. Die volle titel van die farao's was tradisioneel albei name, maar soms is net een gebruik. Hieruit het die teorie ontstaan dat Menes en Hor-Aha dieselfde persoon of opeenvolgende farao's was.

Die Turynse en die Abydos-koningslys, wat gewoonlik as korrek aanvaar word, gebruik net die Nebtyname van farao's en nie hul Horusname nie, en dit is moeilik om die verskillende rekords te laat ooreenstem: die Nebtyname van die koningslyste, die Horusname van die argeologiese rekords en die aantal farao's in die 1ste Dinastie volgens Manetho en ander historiese bronne.

Petrie het dit eerste probeer en Iti verbind met Djer as die derde farao van dié dinastie, Teti (Turyn) – of nog ’n Iti (Abydos) – met Hor-Aha as die tweede farao, en Menes (’n Nebtynaam) met Narmer (’n Horusnaam) as die eerste farao. Lloyd (1994) dink dié volgorde is "hoogs moontlik",[8] en Cervelló-Autuori (2003) stel dit kategories dat "Menes Narmer is en die 1ste Dinastie met hom begin het".[9] Seidlmayer (2004) glo egter dis veilig om te aanvaar Menes was Hor-Aha.[10]

Datumswysig

Egiptoloë, argeoloë en geleerdes van die 19de eeu het verskillende datums voorgestel vir die era van Menes, of die begin van die 1ste Dinastie. Die moderne konsensus is dat die dinastie tussen omstreeks 3100 en 3050 v.C. ontstaan het; sommige meen dit was omstreeks 3000 v.C.[11]

Verwysingswysig

  1. Loprieno, Antonio (1995). Ancient Egyptian: A linguistic introduction. Cambridge University press. ISBN 0-521-44384-9. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  2. Beck, Roger B; Black, Linda; Krieger, Larry S; Naylor, Phillip C; Shabaka, Dahia Ibo (1999), World history: Patterns of interaction, Evanston, IL: McDougal Littell, ISBN 0-395-87274-X
  3. Edwards, IES (1971), "The early dynastic period in Egypt", The Cambridge Ancient History 1, Cambridge: Cambridge University Press
  4. Lloyd, Alan B. ([1975] 1994), Herodotus: Book II, Leiden: EJ Brill, ISBN 90-04-04179-6
  5. Cervelló-Autuori, Josep (2000), "Narmer, Menes and the seals from Abydos", Egyptology at the dawn of the twenty-first century: proceedings of the Eighth International Congress of Egyptologists 2, Cairo: The American University in Cairo Press, ISBN 978-977-424-714-9
  6. Seidlmayer, Stephan (2010) [2004], "The Rise of the State to the Second Dynasty", Egypt: The World of the Pharaohs, ISBN 978-3-8331-6000-4
  7. Edwards, IES (1971), "The early dynastic period in Egypt", The Cambridge Ancient History 1, Cambridge: Cambridge University Press
  8. Lloyd, Alan B. ([1975] 1994), Herodotus: Book II, Leiden: EJ Brill, ISBN 90-04-04179-6
  9. Cervelló-Autuori, Josep (2000), "Narmer, Menes and the seals from Abydos", Egyptology at the dawn of the twenty-first century: proceedings of the Eighth International Congress of Egyptologists 2, Cairo: The American University in Cairo Press, ISBN 978-977-424-714-9
  10. Seidlmayer, Stephan (2010) [2004], "The Rise of the State to the Second Dynasty", Egypt: The World of the Pharaohs, ISBN 978-3-8331-6000-4
  11. Kitchen, KA (1991). "The Chronology of Ancient Egypt". World Archaeology. 23 (2): 201–8. doi:10.1080/00438243.1991.9980172.

Bronnewysig

  • Heagy, Thomas C. (2014), "Who was Menes?", Archeo-Nil 24: 59–92 . [1]
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media