Memelland

Memelland of Memelgebied, Litaus Klaipėdos kraštas, was 'n geografiese term wat tussen die Eerste en die Tweede Wêreldoorlog na dié gedeelte van Oos-Pruise verwys het wat noord van die Memel- (Duits) of Nemunas-rivier (Litaus) geleë is, in 1920 deur die geallieerde en geassosieerde magte onder Franse administrasie geplaas en in 1923 deur Litaue geannekseer is.

Die vlag van Memelland
Die ligging van Memelland in Litaue
Posseëls wat tussen 1920 en 1925 in Memelland uitgereik is

Die term Memelland word in die Duitse taalgebied nog steeds gebruik om na die rivier- en kultuurlandskap tussen Kaunas en Klaipėda te verwys waar die Nemunasrivier vyf eeue lank 'n natuurlike grens tussen Sentraal- en Oos-Europa gevorm het. Sowel in geografiese asook in historiese opsig is dié streek tussen Litaue, Duitsland en Rusland geleë en weerspieël sy kultuur en boukuns invloede uit al drie taal- en kultuurgebiede.[1]

Die landstrook met 'n lengte van 140 en 'n wydte van maksimaal 20 kilometer is in 1939 deur 145 000 mense bewoon. Die grootste stad was Memel (tans Klaipėda) met 'n bevolking van 40 000, Heydekrug (Litaus Šilutė) met 'n bevolking van 5 0000 en Pogegen (Pagėgiai) met 2 800 inwoners.

Verwysingswysig

  1. Markus Polag en Franz Rappel: Litauen & Kurische Nehrung. Dormagen: Iwanowski 2007, bl. 219
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media