Melinda Bam

Suid-Afrikaanse internasionale model en skoonheidstitelhouer wat as Mej Suid-Afrika 2011 gekroon is

Melinda Bam (gebore 13 Mei 1989) is 'n Suid-Afrikaanse internasionale model en skoonheidstitelhouer wat as Mej Suid-Afrika 2011 gekroon is, en word die amptelike verteenwoordiger van haar land by Mej. Heelal 2012.[4] Sy was 'n TV-persoonlikheid wat die gewilde TV-program Pasella & Wies Jou Poppie aangebied het. Sy het 'n swemdrag-reeks genaamd Bambshell, waarvoor sy saam met die Suid-Afrikaanse swemdrag-handelsmerk gewerk het.

Melinda Bam
Gebore
Melinda de Kock

13 Mei 1989 (1989-05-13) (34 jaar oud) [1]
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Alma materUniversiteit van Pretoria
BeroepTV-aanbieder, model, motiveringspreker, mode-ontwerper[2][3]
Bekend virBlonde hare; bruin oë
Lengte1,70 m
TitelMej. Suid-Afrika 2011
EggenootAdriaan Berg (trou 2014)
Webwerfwww.melindabam.com Edit this at Wikidata

Vroeë lewewysig

Melinda Bam [5] (gebore Melinda de Kock) het haar kinderjare op Glenharvie aan Gauteng se Wes-Rand deurgebring waar haar pa, ds. Deon de Kock, predikant vanaf 1989 predikant van die NG gemeente Glenharvie was. Dit was sy eerste gemeente, maar nadat dit in 1996 by Westonaria ingelyf is, het hy sy werk verloor. Hy en sy vrou, Wanda de Kock, 'n gosplesangeres, is vroeg in 1999 geskei. Hy het sy lewe op 15 Julie daardie jaar geneem.[6] Melinda se ma is later weer getroud.

Sy is in 1989 gebore en het twee susters, Melissa Swart en Sybil Bam. Nadat hul ma met Neil Bam getrou het, het Melinda haar van na Bam verander.[7] Sy is 'n model en was 'n student in B.Com Bemarking aan die Universiteit van Pretoria. Sy het vir Mej Suid-Afrika 2011 ingeskryf en die kompetisie gewen met haar eerste poging.

Mej. Suid-Afrika 2011wysig

Melinda is as Mej Suid-Afrika 2011 gekroon by 'n geleentheid wat op 11 Desember 2011 by die Sun City Super Bowl gehou is.[4]

Melinda Bam het Suid-Afrika in Desember by Mej. Heelal 2012 verteenwoordig, wat in Las Vegas gehou is, en is onder die top 10 geplaas.

Sy het nie aan die Mej Wêreld 2012 kompetisie deelgeneem nie, want as 'n deelnemer die top drie van die kompetisie bereik, word sy nie toegelaat om ook vir Mej Heelal in te skryf nie. Haar eerste prinses Remona Moodley het Suid-Afrika eerder by Mej Wêreld 2012 verteenwoordig.[8]

Persoonlike lewewysig

Haar van is van Duitse oorsprong. Bam het in November 2013 aangekondig dat sy verloof is aan mnr Suid-Afrika 2011, Adriaan Bergh. Die twee voormalige skoonheidstitelhouers het tydens 'n vakansie in Doebai verloof geraak. Hulle is in November 2014 op Oakfield Farm, Gauteng, Suid-Afrika getroud.

Verwysingswysig

  1. "TVSA Melinda Bam se profiel". Besoek op 9 Januarie 2013.
  2. "Miss Universe Melinda Bam Profile". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Januarie 2017. Besoek op 9 Januarie 2013.
  3. Shangase, Zwelakhe (21 Desember 2012). "Top 10 for Melinda Bam". The New Age. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2012. Besoek op 9 Januarie 2013.
  4. 4,0 4,1 "Tukkies girl crowned Miss SA". Times Live. 11 Desember 2011. Besoek op 18 Desember 2013.
  5. Kandie, Lynn (8 Junie 2020). "Interesting facts about Melinda Bam". Briefly (in Engels). Besoek op 5 Junie 2021.
  6. Mej. Suid-Afrika praat oor haar tweede pa, Huisgenoot, 15 Junie 2012
  7. Miss SA: my new dad saved us, YOU, 15 Junie 2021
  8. "Miss SA out, runner-up in for Miss World". 29 Junie 2012. Besoek op 30 November 2014.
Voorafgegaan deur
Bokang Montjane
Mej. Suid-Afrika
2011
Opgevolg deur
Marilyn Ramos
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media