Mbiyamitirivier

Rivier in die Krugerwildtuin, Suid-Afrika

Die Mbiyamitirivier is 'n rivier in die verre suide van die Krugerwildtuin, in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die opvangsgebied ontvang 'n neerslag van 500 tot 600 mm per jaar, en die monding is aan die noordoewer van die Krokodilrivier oorkant sirkelbesproeiingslanderye en die nabye Marlothpark. Die rivier is oorwegend 'n klein stroompie op 'n breë sandbedding wat uit Ecca-skalie verweer is.[1] Mbiyamiti is 'n Tsonganaam wat omheinde statte in herinnering roep.[2] Die eMlambenirivier se samevloeiing met die Krokodil is 13 km stroomop, en die Bumespruit se samevloeiing 2,6 km stroomaf.

Mbiyamitirivier
Uitsig oor die rivier in die Krugerwildtuin.
Uitsig oor die rivier in die Krugerwildtuin.
Uitsig oor die rivier in die Krugerwildtuin.
StroomgebiedMpumalanga, Suid-Afrika
MondingKrokodilrivier
Monding-hoogte198 m
Stroomgebiedopp.Krugerwildtuin
Ligging van Mbiyamitirivier op 'n kaart (Mpumalanga)
Mbiyamitirivier
Mbiyamitirivier
Koördinate: 25°10′59″S 31°18′39″O / 25.18306°S 31.31083°O / -25.18306; 31.31083Koördinate: 25°10′59″S 31°18′39″O / 25.18306°S 31.31083°O / -25.18306; 31.31083

Flora en geologiewysig

Langs die rivieroewers groei ondermeer jakkalsbessies en trosvye, waarvan groot eksemplare by Biyamiti-bosveldkamp aangetref word.[3] Deur die vlaktes weerskante van die S139-rivierpad loop 'n band van relatief sagte Ecca-skalie noord- en suidwaarts deur die laeveld, wat ook plaaslike riviere se vloeirigting beïnvloed. Die eiesoortige veldtipe op hierdie substraat beslaan slegs 3% van die wildtuin en word die Delagoa-ruigtes genoem.[1] Die ruigtes word oorheers deur Delagoadorings en meerstamvalsdorings, met swartapiesdorings plek-plek.

Verblyfplekkewysig

Op die regteroewer, net stroomop van die H3-toeristeroete, word die Jock Safari Lodge en Fitzpatricks Lodge deur private konsessiehouers bedryf. Stroomaf, 5 km van die Krokodilsamevloeiing, is die relatief klein Biyamiti-bosveldkamp ook op die regteroewer geleë. Dit word deur Sanparke bestuur en bestaan uit slegs vyftien selfsorg-akkommodasie-eenhede, sonder 'n restaurant of winkel. Die 22 km lange S139-rivierpad wat dit met die buitewêreld verbind is vir die uitsluitlike gebruik van Biyamiti-gaste.[3] Begeleide staptogte en dag- en nagritte kan ook bespreek word, en die uitkykpunt sowat 2 km van die kamp bied vergesigte oor die omgewing. Digby die S139 se aansluiting met die S114-roete is die Biyamiti-keerwal, waarvan die standhoudende rotspoele veral in droër tye 'n bestendige toeloop van dier- en voëllewe verseker.[3]

Sytakkewysig

Mondingwysig

Fotogalerywysig

Eksterne skakelwysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 Grant, Rina; Van Gogh, Joan (2006). Sappi Tree Spotting: Lowveld, Including Kruger National Park. Jacana Media. p. 41. ISBN 1770092374. Besoek op 2 Augustus 2022.
  2. Van der Wateren, Floors: Pocket Guide to the Placenames of the Kruger National Park, bladsy 6, April 2018
  3. 3,0 3,1 3,2 Biyamiti Bushveld Camp, De Wets Wild, 29 Junie 2013

Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Cebuano Wikipedia. Sien bron.

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media