Mate (tee)

Die mate (of yerba) is 'n gewilde soort tee in Argentinië en ander Suid-Amerikaanse lande. Dit word van die gedroogde blare van die huls (Ilex) gemaak en dit kan met of sonder suiker of heuning gedrink word. Die Argentynse stad Apostoles is die sentrum van die mate-nywerheid.

Mate
Mate met stele

Etimologie en geskiedeniswysig

Die oerbewoners van Latyns-Amerika het lankal mate gedrink. Die woord mate is afgelei van mati, wat in die Ketsjoea-taal die kalbas beskryf waarin 'n pap van gestampte mateblare met water vermeng word. Vandag staan mate in Brasilië as erva bekend, in die Spaanstalige gebiede as yerba of herba (= kruid).

Teen die einde van die 16de eeu beskryf die Spaanse veroweraar en stigter van Buenos Aires, Pedro de Mendoza, 'n verfrissende drank wat by die inheemse bevolking gewild is. Die Jesuïete, wat in die volgende eeu nedersettings in die gebied van die huidige Paraguay stig, verbou die mateplant stelselmatig en het tot by hulle verdrywing in die 18de eeu 'n monopolie op die matehandel in Latyns-Amerika.

Die Franse botanikus Auguste de Sainte-Hilaire klassifiseer die mateplant tydens sy reise in Brasilië, wat hy tussen 1816 en 1822 onderneem.

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media